August van Oordt

Gregorius August van Oordt, die seun van Herman Frederik van Oordt en Elizabeth Maria van Oordt nee Klopper is in 1898 in Lebombo op die grens tussen Suid-Afrika en Swaziland gebore en wat die oudste van twee kinders saam met sy broer Lukas Cornelis van Oordt. As jong seun durleef hy die Anglo-Boereoorlog en word hy saam met sy ma en ouma Van Oordt in die konsentrasiekamp by Volksrust aangehou – terwyl sy pa as boeresoldaat in die oorlog veg.

Uiteindelik skryf hy die tweede Afrikaanse wetenskapfiksieboek, Seuns van die wolke in 1931, wat uiteindelik sewe keer gedruk was om in die vraag te voldoen.

In 1981 word dié boek in Engels vertaal as Sons of the clouds. Dit is ‘n merkwaardige prestasie wat self vandag nog ‘n uiters seldsame verskynsel is wat min ander Afrikaanse wetenskapfiksieboeke te beurt val.

Hy werk vir die Kaapse Provinsiale Raad en tree uiteindelik af as Adjunk-Sekretaris, waarna hy na Kanada verhuis en daar gaan woon. Die plek en datum van sy dood is onbekend. Sover bekend het hy het geen huweliksmaat of kinders gehad nie.

Hy het een ander boek in Nedelands geskryf oor die lewe van sy pa, veral in die konteks van sy rol en betrokkenheid in die oorlog. Hierdie boek is ook later in Engels vertaal en uitgegee as Striving and hoping to the bitter end. August was ook ‘n medewerker aan die Afrikaanse Kinderensiklopedie.