ROLENE SE ONTDEKKING – Chantal Pretorius

ROLENE SE ONTDEKKING – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (969 WOORDE)

 

Rolene dink aan haar ouma, Marie, wat oorlede is. Sy verlang na Marie se glimlag en sprankelende koningsblou oë. Maar Rolene weet die tyd staan nie stil nie.

Ingedagte blaai sy deur die album en kyk na die outydse foto’s. Sy sug hartseer, en leun agtertoe op die ligbruin rusbank.

Sy voel die koue windjie inwaai by die oop vensterbank. Die kantgordyn beweeg liggies heen en weer. Rolene skrik toe sy iemand by die kantgordyn raaksien. Gou spring sy op van die bank en gaan kyk wie dit is. Nou klop haar hart in haar keel.

Iemand stap verby die venster. Dan hoor Rolene die voordeurklokkie lui. Rolene probeer te glimlag, maar is te senuweeagtig. Sy loop na die voorhoutdeur toe; loer deur die loergaatjie. Sy sug en maak die deur verlig oop.

“Ma,” sê Rolene kortaf, maar bly. “Waar het ma so lank weggebly?” vra sy.

Karen glimlag vriendelik; haar oulike dimpels wys. “Ek was by baie plekke in Pretoria-Noord gewees,” antwoord Karen. “En toe kom ek eindelik huistoe.”

“O… ek sien die plastieksakke. Kom ek help ma om dit in te bring.”

“Dankie Rolene,” sê Karen, en sug moeg.

Rolene glimlag liefies vir Karen.

Karen stap binne-in die huis. En Rolene maak die voordeur toe. Dan volg sy vir Karen na die kombuis toe. Karen sit die sakke neer op die kombuishoutkas. Dan is dit Rolene se beurt met die ander sakke.

“Pak gou alles weg in die kaste asseblief,” gee Karen die bevel. “Ek moet gou belangrike dokumente nagaan.”

“Hoekom dit op ’n Saterdag wil doen?” vra Rolene nuuskierig.

Karen sug sag, ernstig. “Dit kan nie wag nie Rolene.”

“Nou goed dan ma,” antwoord Rolene terug. “Ek sal self in die kombuis regkom.”

“En moenie my pla nie Rolene. Net wanneer jy iets bring,” sê Karen ernstig.

Gou verlaat Karen die kombuis. Sy stap op die rooiwyn trappe na haar slaapkamer toe. Rolene hoor Karen se kamerdeur toegemaak word. Na Rolene al die kruideniersware weggebêre het, stap sy na die sonkamer toe.

Sy loop in die sonkamer; gaan sit op die bed. Haar oë dwaal oor die vertrek van kunswerke.

Nie lank nie. Sien Rolene iemand weer by die vensterruit staan. Maar Rolene besluit om kalm te wees. ’n Minuut gaan verby; die rystoel wieg vanself heen en weer. Sy staan weer van die bed af op. Sy wou net die kamer verlaat, toe die rystoel stil raak.

Sy ruik skielik die geure van kruie in die sonkamer. Rolene volg die geure tot by die kelder. Sy staan doodstil op die boonste trap, die geure verdwyn. Sy kyk na die houtdeur en loop soontoe.

Maar die deurhandvatsel is met ’n slot en ketting vasgemaak. Al hoe Rolene in die kelder kan inkom is om die sleutel te vind. Hoe op aarde gaan sy dit regkry?

Sy kan nie vir Karen vra waar die sleutel is nie, want sy is te besig. So, sy sal die houtdeur self moet oopkry. Vlugtig draai Rolene om. Maar sy staan weer doodstil, toe sy die houtdeur hoor kraak-kreun. Toe draai sy weer vinnig om.

In verbasing helder Rolene se ysblou oë op. Stadig en versigtig loop Rolene na die deur toe. Sy loer binne die kelder in. Die kamer is stikdonker en ruik bedompig. Sy draai net om, toe skakel die kamerlig vanself aan.

So Rolene los haar vrese; stap in die kelder in. Die geure van die kruie kan Rolene weer ruik, maar dit is skerper. Sy volg weer die geure en dit neem haar na ’n houttafel toe. Op die tafel is allerhande outydse ornamente en portrette.

Sy skep asem, blaas weer uit en haar wasem is wit. Skielik hoor Rolene iets wat kreun-kraak in die kelder. Vlugtig loop Rolene rond – sien nog ’n rystoel raak. Die rystoel wieg heen en weer. Senuweeagtig sug Rolene.

Wat gaan aan? dink Rolene bang.

Skielik begin witlakens in die kamer liggies te beweeg. Rolene skrik. Sy loop angstig na die tuinbeeldtjies toe. Sy swaai om, sien ’n spieël raak. En langs die spieël is ’n foto… van Marie.

Nou rek Rolene se oë groot. Sy voel koue asem in haar nek blaas. Dinge in die kelder raak nou onplesierig.

“Wie is daar?” vra Rolene bang-vies, en kyk om haar rond.

Rolene voeg gou by: “Hou op wegkruip. Jy kan nie vir ewig in die kelder wees nie!”

Skielik is daar ’n geskarrel in die kelder. Rolene kan die persoon hoor, maar nie sien nie. Rolene skrik toe ’n ou staalboksie van die kas afval. Sy skep asem; gaan tel die boksie op. Skielik skakel die ligte vanself af.

Sy skarrel bang by die kelder uit. En verskrik val Rolene agtertoe. Gelukkig mis haar kop net-net die ligbruin trappe. Vlugtig skop Rolene die houtdeur toe. En sy staan vinnig van die trappe af op.

“Rolene!” roep Karen hard uit. “Wat gaan hier onder aan!”

Vinnig loop Rolene op die trappe. “Ek is okei ma, regtig,” sê Rolene gou.

Maar Karen trippel af die trappe; sit een hand op haar heup. Sy hou Rolene nou goed stipdelik dop. “Wat is daar in jou hande?” wil Karen fronsend weet.

Rolene sien haar ma se oë is rooi gehuil. En in Karen se linkerhand hou sy skuldbriewe vas.

“Dis net ’n boksie ma,” antwoord Rolene eerlik terug.

“Wat jy waar gekry het, nogals?” vra Karen bot.

Rolene sug. “In die kelder,” erken Rolene eindelik.

Nou raak Karen regtig bekommerd oor Rolene. “Waarvan praat jy, Rolene,” vra Karen ferm. “Ons het nie ’n kelder nie.”

Rolene sluk bitter spoeg af. Sy loer vinnig oor haar skouer. En kyk in die rooi-bruin soliede baksteenmuur vas. Marie se groot, kleur portret hang. In haar hande is dieselfde staalboksie. Was dit maar nie net ’n toeval nie. Sy was bedoel om die boksie te vind… in die spook-kelder.