RUIMTE DUIWEL – Chantal Pretorius

Ruimte duiwel – 2016 © Chantal Pretorius

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (2 557 WOORDE)

 

Terwyl Maddox na buite tuur en die sonsverduistering dophou, skiet ʼn ster verby die maan en aarde, die ruimte binne. Êrens gaan die ster tog heen, net te jammer hy weet nie waarnatoe nie. En in die sterrehemel beweeg die generasieskip 27 700 km/h en dis die gemiddelde spoed vir ʼn tuig.

Maar Maddox sug mismoedig, want daar’s geen lewe op ander planete nie. Die aarde was eens ʼn lewendige planeet gewees, wat kon gespog het met wonderlike fauna en flora, ook watervalle, hoë berge, mensgemaakte infrasktrukture en mense., maar ongelukkig nie wesens nie…

Vir ʼn kort oomblik stilstaan Maddox, want hy kan met Jessica telepaties kommunikeer, en dis die grootste voorreg om in ʼn tuig te woon.

Toe Maddox omdraai, in Jessica se sagte pastelblou oë vaskyk en gou druk sy ʼn bottelblonde haar agter haar oor in en sug, dan sak haar ken hartseer. Die tyd het aangebreek om ruimtebegrafnis te hou, want een van sy kosbaarste ruimtekapteine is siek.

Dit voel al klaar of een ligjaar verdwyn het, toe Maddox langs sy pa, Triton X, se sterfbed sit en treur. En hy’t ou herinneringe weer laat ophelder nou… Ma, Chloe X, was beeldskoon, maar ook al oorlede en sy was die ruimte Godin, want die labortorium was haar verantwoordelikheid gewees om vrugte en groente te kweek vir die reisigers in die ruimtetuin. Dis asgevolg van haar kennis in wetenskap dat ons nog alle struikelblokke in die ruimte kan oorleef, en dis wat pa hom laat herinner, dan fluister hy woordjies oor die ruimte duiwel in sy oor.

Maar Maddox verstaan nie alles wat Triton hom vertel nie. Dit klink meer soos ʼn waarskuwing vir hom, as ʼn herinnering of ruimtestorie oor die ruimte duiwel.

Naderhand kom die grafstilte in die tuig, en almal raak stil in die ruimtekliniek. En die tuig raak bietjie kouer, toe Triton sy laaste asem vinnig uitblaas en sterf. Die tragedie word afgekondig deur die outomatiese monitorrobot oor Triton X se dood. Daarna het al die reisigers, ruimtevlieëniers, bemanningslede, ruimtewetenskaplikes en ruimtefloot die ruimtemaal bygewoon in die eetsaal.

Maar Jessica praat telepaties gou met Maddox… Sys’s glo ongelukkig oor een reisiger wat aanboord is vir Triton X se ruimtebegrafnis.

Nee! Besef Maddox wie die persoon is wat op Duncan X is, dan bloos hy van woede, maar probeer om weer te ontspan.

En nou beweeg die tuig bietjie stadiger: 24 700 km/h, want Maddox se ouers se plan was om die naaste ster aan die son te besoek. Hy weet watter ster dit is, maar wil nie hê die ander sersant moet dit uitvind nie.

Hier kom moeilkheid, vertel Jessica vir hom, en lig ʼn wenkbrou omhoog in sy rigting, in die lang gang.

Nie lank nie, ontmoet Maddox vir Wessel Thron, die sersant, ook leier van die ruimtevragskip, ruimtewerf, ruimtefabriek en navorsing. Hy’t hopeloos te veel dinge om te doen, en toe groet hulle mekaar met die hand, vriendelik.

Wessel maak homself tuis in die ruimtearea, en die robot bring drankies en verlaat weer die area dan.

Hulle gesels in Afrikaans oor eierbanke, spermbanke, ruimtetuine en navorsing. Alles wat belangrik is word opgenoem. Maar die belangrikste is oor leiereienskappe. Wessel glo dat Maddox te jonk is om ʼn ruimtekaptein te word.

Nou vererg Maddox homself vir Wessel. Hy is geregtig om kaptein te word. Nie waar nie? Sy pa se bloed, vloei mos in sy gene, ook sy ma sin. Vinnig skud hy kop, want hy stem nie saam nie. “Jammer Wessel, maar ek gaan ruimtekaptein word. En daar’s niks wat jy daaromtrent kan doen nie,” besluit hy om te sê.

Wessel se wange kry kleur, want hy hou nie van wat hy hoor nie. Die jong man is hardkoppig, nes sy pa en gaan gestraf word asgevolg daarvan. “Die wat nie wil hoor nie, sal maar moet voel,” is al wat hy terug antwoord.

Kort na Triton se dood, word hy gebalsem in die ruimtekliniek. Net blou bloed kry die eer. Reisigers word veras en vir hul geliefdes gegee om te berg. Dan ruilhandel hy en Wessel mense met mekaar. Soms bemanningslede vir reisigers. Soms is dit voedsel, navorsing of idees om die tuig te verbeter. Net die spoed bly dieselfde.

Maddox verlaat die ruimtekliniek. Hy stap af die lang gang, eetsaal toe. Daar inasem hy die geure en reuke van vars gekookte groente en kruie. Sy oë dwaal oor die saal. Hy glimlag tevrede. Omdat hy sy enigste liefde raaksien nou. Jessica Ton. Die beeldskoonste vrou, namens sy ma, op die tuig. Sy’s jong, intelligent en pragtig gebou.

Maddox sug en stap na die staaltafel toe. Hy gaan sit oorkant haar en tuur na haar pastelblou oë. Sy is alles wat sy hart begeer. Maar voel sy dieselfde oor hom? Naderhand bring robotte spyskaarte, dan hul bestellings: ruimsushi en groente is hul gunstelling en die gesondste om te eet.

Hulle gesels oor Wessel en sy sarkasme in die ruimarea. Dan na die ete, stap hulle vriendelik na die Tranquility-nodus toe. Daar waar afvalwater herwin word vir die bemanning se gebruike. So ook vir suurstof en suiwer die besoedelde lug. Gelukkig is die nodus nog in ʼn goeie toestand.

Net toe Maddox vir Jessica wil soen, stap Wessel in. Die man wat hy net in die ruim wil laat verdwyn!

“Ek’t nie geweet julle tweetjies is ʼn paartjie nie?” klink Wessel verbaas. Maar sy donkerbruin oë gloei kil. Dan vryf hy oor sy kort grysbard. “Is daar nog iets wat ek moet weet, voordat ek dit so skelmpies moet uitvind, huh?” gaan hy voort.

Maddox se skouers val, en Jessica verlaat die nodus bot.

“Kom stap saam met my na die Cupola, Wessel. Daar’s iets wat ek met jou oor wil gesels,” gee Maddox die bevel.

Gou volg Wessel vir Maddox soontoe. Hulle groet reisigers wat op pad is ruimtegym toe. Toe hulle in die Cupola instap, is daar sewe vensters waardeur twee ruimtevaarders die ou aarde, maan en son kan aanskou. Dis ook deel van die Canadarm2 se beheersentrum, waar wetenskaplike navorsing opgespoor kan word deur die Dragon-kapsules.

Wessel se klein ogies rek groot. “Interessant, hoe jy sulke tegnologie van my kan weerhou, Maddox…” Dan verduidelik hy alles rustig aan Wessel. Hoe die tuig werk. Sy ouers se tuig, wat altyd Duncan X genoem sal bly, want dis hul voorouers se geboorte naam. Hy verseker Wessel dat dit nooit sal verander nie. Alles bly soos dit is. Of hy daarvan hou of nie.

Daar word afgekondig deur die monitor dat dit tyd geword het om ʼn nuwe ruimtekaptein te kies. Net die reisigers kry die geleentheid om die persoon te kies. Maar hulle weet ook dat net Maddox en Wessel teen mekaar kompenteer vir die geleentheid.

Al die reisigers kry mekaar in die leefarea. Daar word hulle bedien deur robotte. Die ete word geborg deur Maddox en sy persoonlike kokke. Op die staaltafels is skinborde vol lekkernye: veselhappies, eierhappies en vrugtedrankies.

Na die verkiesing oor wie die nuwe ruimtekaptein gaan word. Word elke stemreg getel deur die robotte in die labortorium. Daar word geen gekroekery toegelaat nie, en ook geen mens nie. Net meganiese toestelle word toegelaat om deel te neem aan die telling van die stemme.

Nie lank nie, is die telling klaar, en Maddox en Wessel word genooi na die leefarea. Daar word Maddox aangekondig as die wenner. Maar Wessel se ligbruin oë vernou van woede. Hy is glad nie gelukkig oor die finale keuse nie. Woedend storm hy uit die leefare en roep al sy bemanning bymekaar om te gesels.

“Ons kan nie toelaat dat hy Duncan X regeer nie. Hy’s nog te onervare, jonk en onkundig,” blaker Wessel jaloers uit en vou ongeduldig arms. “Hy’t nie meer sy ouers wat hom in beheer stel van die tuig nie. Ek moet in beheer word… en so gou as moontlik ook!”

Die bemanning knik kop, maar Jessica telepaties kommunikeer met Maddox. Wat hulle teen hom beplan.

Geskok as wat Maddox is, maak hy ingedagte planne met Jessica oor Wessel. Die probleempie moet opgelos word; so gou as moontlik ook. Want hoe langer hulle wag, hoe moeiliker gaan die situasie word.

Naderhand het Wessel seker gemaak dat die moeilikheid begin. Hy’t die reis na die ster uitgestel. Die robbotte word verbied om enige toegang te hê waar mense teenwoordig is. En die kos in die eetsaal was bitter en sleg om te eet.

Na die ete saam met Jessica, het Maddox in die gang geval en die stuipe gekry. Hulle het hom geneem op ʼn staalbankie ruimtekliniek toe vir behandeling. Die dokter het bevestig hy is vergiftig na die boeldtoets. Maar niekand kon vinger wys na Wessel toe nie.

“Alles gaan okei wees, Maddox. Dit belowe ek jou,” fluister Jessica in sy oor. Toe sy omdraai en uit die kliniek geskok stap. Alhoewel sy hom later weer besoek het, het Wessel verder ander bose planne uitgedink om van Maddox ontslae te raak.

Jessica kon sy gedagtes lees wat hy nie met sy persoonlike bemanning gedeel het nie. Dit het haar seerblou oë laat vernou. Want wat Wessel beplan is net nie reg nie. Dis oneerlik, onregverdig en onaanvaarbaar. En sy sal ʼn stop teen sy wildplanne moet sit. Maar hoe gaan sy sit regkry? Wie kan sy vertrou in die tuig?

In Jessica se slaapkamer het sy gekniel en gebid. Sy’t gebid vir die Hemelse Vader om haar te help om Wessel se planne uit die weg te ruim… Vir altyd en ewig, want anders gaan Maddox nie nog ʼn aanval oorleef nie. Sy’s lief vir die man, al wil sy dit nie aan hom erken nie.

Nie lank nie, is Maddox weer op sy voete. Hy’t uitgevind dat Wessel nou sy vyand geword het. Want die vuilgoed wil mos nou leier wees, maar hy’s te oud, en Maddox te jonk. Maar ʼn mens is mos nooit te oud om te leer nie. So wat is Wessel se probleem dan nou eintlik?

“Omdat jy die bloedlyn is van Triton X en Chloe X. Hy’t van jou ouers albei ontslae geraak, sodat hy beheer kan oorneem van die hele sonnestelsel, die tuig en van my ook, Maddox,” erken Jessica en sak haar ken verleë, dan skiet onaangename trane in haar oë en brand.

Maddox maak keel skoon en troos vir Jessica. “Moenie bekommerd wees nie, Jessica, ons sal Wessel ʼn les leer wat hy nooit sal vergeet nie,” besluit hy om terug te antwoord.

Dan voeg Maddox vlugtig by: “Elke komeet kry sy dag om te val, maar elke planeet kry sy naweek om te lewe.”

Jessica skud ingedagte kop en vee vinnig hartseer trane weg. Naderhand het alles in die tuig hand uitgeruk. Vroue het aansoek gedoen by die spermbanke en het swanger geraak. Mans het begin om die kat in die donker te knyp en die waterstelsel se drinkwater het reisigers begin siek maak. Tot dat Maddox ook gekniel en gebid het vir die Allerhoogste Vader om sy sondes te vergewe, sy tuig met liefde te vul en Wessel wysheid toe te wens.

Hulle is sowat twee ligjare weg van hul ouers se bestemming af. Maddox gee ʼn halwe opgewonde glimlag, toe hy ʼn bekende stem hoor met hom praat. Vlugtig omswaai Maddox en kyk in Wessel se moeë gesig vas. Hy’t swart sakke onder sy oë en ekstra oornag plooie bygekry. Blykbaar is al die haat, jaloesie en skinderpraatjies besig om hom te verwoes.

“Ek en my hele tuig het genoeg gehad van jou skelmstreke, Wessel. Ek het klaar die IRS ingelig oor jou astrante houding in die tuig. Ons gaan dit nie meer langer duld nie. Selfs nie meer jou agterbakse bemanning wat jy so teen my opgewerk het nie. Hulle het besluit om weer ʼn stemreg te hou en hierdie keer gaan jy nie eens inkom nie,” klink Maddox ernstig en sluk spoeg weg wat in sy kiewe kriewel.

Wessel stem natuurlik in met Maddox se planne. Hulle het dieselfde dag een gereël en die verkiesing gehou. Die robotte is weer in beheer van die labortorium en eetsaal. Dinge kon nie beter gewees het nie. Na al die drama en komplikasies met Wessel het hyself die tuig verlaat en baas gespeel oor die ruimtefloot. Gelukkig het Maddox hom die geleentheid gegee om daarby betrokke te raak. Alhoewel hy ʼn paar stemregte gekry het, moet hy iets in die ruimte van leierskap hê. So die floot was al opsie vir Wessel. Gelukkig het hulle die ruimte duiwel eindelik oorwin. Die een wat sy pa hom oor gewaarsku het.

Maar daar is een belangrike ding wat hy moet uitsorteer. Hy stap af in die lang koue gang af na Jessica se slaapkamer toe. Hy glimlag liefies vir haar. Sy’t hom baie gehelp met die Wessel-saga. Gelukkig is hulle nou vry van die ou man en sy onheilige dade. Sy sit op die staalbankie en kam haar lang, dik blonde hare met die glasborsel.

“Ek’s lief vir jou, Jessica,” erken Maddox eindelik en bly vroom glimlag. “Ek wil die res van my lewe saam met jou wees. Maar dit hang natuurlik af oor hoe jy voel.”

Jessica se kristalhelderblou oë gloei van blydskap. “Natuurlik sal ek jou liefde aanvaar, Maddox. Ons is bedoel vir mekaar… Ek kies jou as my toekomstige leier en man,” bevestig sy en voel opgewonde vlinders in haar maag rond kriewel. Hulle is sowaar lief vir mekaar. Dankie tog vir eerlikheid, die ruimte en liefde, anders was alles net chaos gewees.

Skielik stop Jessica die geborsel. Dadelik staan sy op van die staalstoel en omhels Maddox. Dis een man wat sy nooit wil verloor nie.

Die tuig gee skielik ʼn paar rukke, maar dis net omdat hulle eintlik by hul bestemming uitgekom het. Maddox nooi Jessica saam bestuur toe. Daar verduidelik die ruimtevlieëniers alles aan Maddox.

Proxima Centauri is die naaste ster aan die son. Die ster is sowat 4,24 ligjare van die son af; en dis ʼn rooi dwerg, bietjie dof, want helderheid is maar net 11, 05. Maddox kondig af dat hy die ruimtewetenskaplike, Benson Edson soek. Vinnig het Benson opgedaag en alles oor die ster verduidelik. Blykbaar soek sy ouers al lank na die ster. Ongelukkig het hulle gesondheid hulle in die steek gelaat. Of sal ons eintlik sê: die ouderdom het ʼn groot rol gespeel. Selfs al woon jy in die ruimte, kan jy nog steeds sterf.

Die ander naaste ster aan die son, is die Alpha Centauri. Hy verduidelik alles oor die ster van sy uitspraak tot sy ouderdom, wat 4,85 Gyr. is. Maar Maddox wou alles weet. En dis definitief goedgekeur deur die wetenskaplike dat die ster vir interstellêre reise bestem is. En dis wat Maddox baie gelukkig maak, want dis waarheen hy eerste wil reis.

Selfs Jessica is in haar noppies oor die uitvindsel van sy ouers. Nou is sy meer lief vir hom, en gee die nuwe ruimtekaptein ʼn piksoentjie.

Maddox glimlag net liefies vir haar. Want sy maak hom baie gelukkig. Sy ouers sou beslis sy verhouding met Jessica goedgekeur het. Dit weet hy beslis.

“So… Proxima Centuari was een my my ouers se navorsingsplanne gewees. Weet jy dalk wat die volgende planne is Beston?”

Maar Beston skud net kop. Praat dan telepaties met almal in die bestuurskamer. Sy ouers hou glo alles ʼn geheim. Soos wat hulle reis, so sal hulle die sonnestelsel en al sy misterie-wonders in die stikdonker ontdek.