Uitgewers

1.  www.lapa.co.za
LAPA wat huis beteken: die huis van boeke veral Afrikaanse boeke, maar laat ook nie ander tale agterweë nie. LAPA is ‘n algemene uitgewery wat boeke in drie fokusareas publiseer: a) kinder- en jeugboeke; b) fiksie en c) nie fiksie.

2.  www.humanrousseau.com
Human & Rousseau Uitgewers is in 1959 gestig met die doel om veral Afrikaanse boeke te publiseer en te bevorder. Vandag publiseer Human & Rousseau in sowel Afrikaans as Engels en is ons een van die voorste Suid-Afrikaanse uitgewerye. Human & Rousseau publiseer veral kinder-en jeugboeke, fiksie, nie-fiksie (wat kookboeke en leefstylboeke insluit).

3.  www.tafelberg.com
Tafelberg Uitgewers is in 1951 gestig en is bekend vir sy Afrikaanse literêre fiksie, hoewel dit toenemend ook Engelse fiksie publiseer. Tafelberg se nie-fiksie boeke sluit in aktuele sake, geskiedenis, en besigheid en die kinder- en jeugdivisie publiseer jeugboeke in die meeste Suid-Afrikaanse amptelike tale. Tafelberg publiseer Afrikaanse romantiese verhale onder die drukkersname van Jasmyn, Melodie, Satyn en Hartklop.

4.  www.thompsonboeke.com
Thompson Boekdrukkery is in 2009 gestig met die uitsluitlike doel om Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie vir volwassenes te publiseer en te bevorder.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui