Bou jou wetenskapfiksie of fantasie wêreld – Charles F. Stofberg

Jy is per slot van sake die skepper van jou fiktiewe wêreld. Dit maak nie saak waar en wanneer jou storie plaasvind nie, ongeag ook hoe die gebeure ontvou, en ten spyte van die karakters wat jy aan jou lesers voorstel, hulle is almal produkte van jou eie, unieke verbeelding.

“Maar ek skryf ‘n versinsel oor gebeure in die nabye toekoms net hier op aarde!”’ hoor ek jou uitroep.

Dit maak nie saak of jy ‘n storie skryf wat in die 16de eeu in midde Europa afspeel of nie, of in die 28ste eeu op die Altarian sterrestelsel, jou verhaal bly steeds ‘n wêreld wat geheel en al deur jou geskep is. So, selfs al is dit groot pret om eienaardig klinkende planete in veraf sterrestelsels (galaksieë) te skep, met dodelike atmosfere en ontluikende vreemde wesens (aliens) en lewensvorme, daar is steeds skrywers oral oor wat verkies om oor die aarde wat ons reeds ken te skryf.

Die goeie nuus is dat jy steeds ‘n geleentheid het om jou grootheidswaan-hoedjie op te sit en God te speel.

Ongeag waar (of wanneer) jou storie plaasvind, JY het besluit wat jou karakters se eindbestemming gaan wees. As hul skepper besluit jy wat hulle eet, waar en hoe hulle leef, wat die weersomstandighede is en wie hulle families is.

Maar daar is heelwat meer omtrent die bou van ‘n wêreld deur slegs maar net ‘n lekker agtergrond vir jou karakters, waarin hulle moet op leef, te skep. Jou wêreld moet baie dinge tot standbring en bevat, maar die mees belangrikste is dat jou lesers hulle self só in die situasie moet verdiep en in die karakters wat jy geskep het glo, dat hulle bereid sal wees om terug te kom vir nog meer.

Kortliks, die fiktiewe wêreld waarin jou karakters leef moet vir jou lesers aanvaarbaar wees.
Vra jouself hierdie dinge oor jou karakters en jou verhaal af:

  • Is die seisoene vas en bestendig?
  • Is die weer ‘n faktor?
  • Verander die toneel in ooreenstemmig met die seisoen?
  • Is die lug wat hulle inasem besoedeld?
  • Op wattter manier reis jou karaters?
  • Watter wyse van vervoer is daar gewoonlik? Wat is ongewoon?
  • Reis almal op dieselfde wyse?
  • Is daar ‘n politieke, hiërargiese stelsel wat hulle beheer?
  • Is daar ‘n godsdienstige of bygelowige waardestelsels onder jou karakters?
  • Watter geldeenheid is oorwegend in gebruik?
  • Hoe koop hulle of bekom hulle die nodige items?
  • Is mode ‘n aangeleentheid?
  • Watter ander kreature bewoon jou wêreld? (Troeteldiere, lewendehawe, insekte, voëls, ens).

Hierdie detail speel nie noodwendig ‘n groot rol soos die gebeure in jou verhaal ontvou nie, maar sal die wêreld wat jy geskep het ‘n bietjie meer vleis gee. Jou lesers sal meer insig kry in die tyd en plekke waarmee jou karakters te doen het, en dit op sy beurt gee jou stories meer geloofwaardigheid en ‘n platform om van af te werk.

Groete,

2012 © Dr. Charles F. Stofberg

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui