As jy eers stop en net my titel hierbo weer lees, sal jy sien dat ek lig getrap het deur nie te praat van die Afrikaanse letterkunde nie, maar eerder die Afrikaanse taal. Daar was al in verskeie tale gedebatteer oor die waarde (waardigheid) van wetenskapfiksie en fantasie as genres van die grote Letterkunde (let wel die hoofletter L â dis belangrik! Ons het hard gewerk vir daardie L. Wel, nie ek nie… maar ander slimmer mense…) Engels, daardie ou kolossale olifant wat maar altyd sy skadu oor alles werp, het ten minste vir Tolkien en Asimov om “Sci-Fi” waardigheid te gee, maar Afrikaans sit nog sonder enige groot wetenskapfiksie werk (moenie eens praat van fantasie nie!).
Ja, ons het maar ân klein taaltjie. Dit het ons geleer op skool. As jy ân voorgeskrewe boek ontvang het, kon jy jouself maar staal vir die âissuesâ wat verseker soos kartetse in jou gesig gaan ontplof. (Hierdie storie gaan oor ân meisie wat seks met haar kĂȘrel het omdat sy sukkel om haar ouers se verbrokkelende huwelik te verwerk, en daarna raak sy swanger en drink miergif. Jippie.) Terwyl jy daar sit in die klas en wonder hoekom al die Afrikaanse karakters in hierdie boeke altyd so rojaal opgemors is, sit jou Engelse tjommies in die klas langsaan en lees The Hobbit.
Ja, daardie bliksemse Rooinekke het dit altyd makliker.
âMaarâ, maan die juffroue ons altyd, âons moet trots wees dat Afrikaans so ân sterk letterkunde het.â (Jy wonder hoe Juffrou âsterkâ met âtreurigeâ kon misgis het.) Sy sĂȘ dat Afrikaans in ân baie kort tydjie ân âverbasendâ ryk, diep en robuuste letterkunde op die been gebring het. Die name soos Louw, breyten en Krog val soos sterretjies uit die hemel om hierdie punt van haar te benadruk.
Nou, hier moet ek vir Juffrou gelyk gee. Ek Ăs trots op daardie skrywers. Ek lees, ten minste nou dat ek `n volwasse man is, gereeld gedigte en kortverhale. Ek is mal oor die manier hoe van ons beste woord meesters die taal kan laat sing en dans. Daar is ongelukkig iets wat kwel: Afrikaanse mense lees nie eintlik baie nie. En Afrikaanse mans en seuns lees omtrent niks behalwe die koerant en Playboy nie. As die Afrikaanse letterkunde `n huis is, is daar maar min Afrikaanses wat gereeld daar kom kuier. Die vraag is dan… hoekom? En wat het Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie daarmee uit te waai?
Kom ons neem so ân toertjie rondom ons letterkundige-huis sodat ons die woning van buite kan beskou…
Die huis is nie baie groot nie, maar mooi gebou. Agter die huis staan ân enorme kasteel. Ons huis, en talle ander tale se huisies staan soos ân groot woonbuurt in die skadu van die Engelse kasteel. (Spaans en Mandaryn het ook groot kastele, so terloops, maar hul skaduwees val nie oor so baie van die kleiner wonings nie.) Behalwe vir die verskil in grote, is dit die verskil in die aantal deure van die twee woning wat mens ook opval. Die Engelse kasteel het ân menigte deure, altyd wawyd oop. Van die deure is gemerk in grystale (tale tussen Engels en ân ander taal). Kyk! Daar is “Brabbelmieks” ook… mensig daar loop baie mense rondom ons huis na daardie deur in die Engelse kasteel!
Die kasteel het deure wat elke genre van die Engelse taal verteenwoordig. Daar is groot deure soos “Thrillers”, “Romance novels” en “Horror”. Daar is ook ân futuristiese deur vir “Science Fiction” en ân gotiese deur vir “Fantasy”. Ek het nou-net ân vriend van my – Harry Potter boek in sy hand – sien inloop by “Fantasy”.
Ons Afrikaanse huis het net ân paar deure. Daar is âNuusâ, âPoniekoeranteâ, âVoorgeskrewe boekeâ, âTydskrifteâ, âSpeurverhaleâ en âMisdaadromansâ, âKookboekeâ, âBoeke oor perdeâ, en nog so ân paar ander. O, amper vergeet ek, daar sien ek ân piepklein deurtjie wat vir âprosa en digkunsâ ingesit is, en mens kan ân span onderwysers sien wat kinders probeer inboender daar.
 Kom ons kies ân deur. A… speurverhale! Met my Chris Karstens boek in my hand loop ek deur die redelike stewige deur van âSpeurverhaleâ(verf op die kosyne is nog nat). Binne die huis is dit soos ân doolhof. Die huis is lewendig, net soos ân doolhof in ân tuin. Kamers krimp en kamers groei. As mens eers binne is, kan jy na enige kamer gaan wat jy verkies. Die taal is jou huis en jy het die vryheid om dit te verken. As ân leser eers binne is, gaan die Afrikaanse wĂȘreld vir hom of haar oop.
Die probleem is egter dat vir ân jong seun daar te min deure is wat uitlokkend is. Meeste seuns word deur die âVoorgeskreweâ en âProsa en digkunsâ deure ingeboender voordat hulle gereed is daarvoor. As hulle ooit ân leser sou word na so ân ervaring, is die kanse goed dat hulle volgende keer ân wye pad om die Afrikaanse huis gaan stap en direk na die kasteel se kant toe sal mik. Hulle word lesers, maar nie vir Afrikaans nie.
Baie meisies ervaar dieselfde. Wys vir my ân fantasie boekereeks soos die Harry Potter, Twilight, of die Mists of Avalon -reekse. Hierdie meisies (en vroue) lees al lankal in die gemaklike leunstoele van die Engelse kasteel.
Hoekom is daar so bitter min verteenwoordiging van die wetenskapfiksie en fantasie genres in die Afrikaanse taal? Antwoord: Die Mark (doem doem doem!). Vra enige uitgewer en die antwoord kom op die volgende neer: âOns verkoop nie genoeg sulke boeke nie, dit is ân nis mark.â Blykbaar was Tolkien, Lewis, Asimov, Clark, Meyer en JK Rowling ook nismarkte, of is die reĂ«ls anders vir die Engelse kasteel?
Indien ons Afrikaans meer toeganklik vir almal wil maak (seuns en meisies met verbeelding veral!), moet ons die genres nie net ondersteun met die uitgee van nuwe boeke nie, maar ons moet die genres bemark. En bemarking kos geld. Geld wat die uitgewers nie wil belĂȘ nie. Ek is amper seker dat meeste mense nie eens Afrikaans as ân fantasie en wetenskapfiksie taal beskou nie. Hierdie persepsie is die ding wat tussen uitgewers en hierdie genres se winsgewendheid te staan kom. Daarom sit ons, myns insiens, met ân letterkunde vol gate. Ons het nie ân volledige tuiste vir ons Afrikaanstaliges gebou nie.
Hoe nou gemaak? Uitgewers gaan ons nie help nie. Hulle is besighede. Risiko gee hulle die horries en op die oomblik is al hulle aandag op kookboeke, rugby en speurverhale (o ja, en boeke oor perde vir meisies). Ek dink dat enige âondergrondseâ beweging wat wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans wil bemark, sterk moet fokus op veral hierdie twee punte:
1.)Â Â Â Die persepsie dat Afrikaans nie goed werk in hierdie twee genres nie.
2.)Â Â Â Die persepsie dat Afrikaans nie eens hierdie genres het nie.
Daarvoor het ons veral twee dinge nodig: Goeie boeke wat lesers sal oortuig van nommer 1 hierbo se ongegrondheid, en ân slim bemarkingsveldtog wat veral hoĂ«rskool leerlinge sal teiken en inlig oor die bestaan Afrikaans se WF en F genres.
Momentum sal opgebou moet word. Momentum beteken goeie kwaliteit boeke, ân lojale lesers mark, goeie verkope, en âsubkultuurâ-status. As jy Afrikaans lief het, sal jy ook soos ek die deure wyd wil oopgooi sodat ons meer lesers wen en ân groter letterkunde kan opbou (al is dit op voetsoolvlak, nee, veral op voetsoolvlak!).
Wanneer hierdie soort momentum opgebou word sal ons sien dat uitgewers weer belang sal stel om die boeke te druk (die harde werk is mos al vir hulle gedoen!).
Ek wonder soms of ons kollektiewe gesukkel om futuristies te dink in Afrikaans nie-gekoppel is aan ân tipe depressie oor die toekoms van Afrikaans nie. Ek wonder of mense net ân Engelse toekoms kan verbeel. Miskien is dit ân ander gesprek?
In my volgende stuk getiteld âAfrikaanse wetenskapfiksie en fantasie; ân onmoontlike droom?â sal ek bietjie voorstelle maak oor die pad vorentoe vir die WF en F genres.
Los kommentaar op die blad as jy wil deelneem aan die debat, of skiet ân vonk my kant toe by ebenvanr@yahoo.ca.
Groete
Eben van Renen
Flippen briljant Eben Ek dink jy’t die kol getref met jou opsomming.
Ek kon my oĂ« nie glo toe ek op hierdie web blad afkom nie.Â
Ek stem saam, flippen briljant….
Dankie tog daar is nog wat ook in “afrikaans kan droom van ruimte reise ens”
Moes ook maar op skool tevrede wees met al die verbeeldinglose boeke wat ons moes lees