Met die koms van lengte kom daar altyd mooi dinge. Ongelukkig is dit nie dieselfde vir die kritiek op Star Trek: Discovery nie…
Na die twede seisoen het almal reeds nie veel van die reeks gedink nie en was onder geen illusies dat die volgende seisoen beter sou wees nie, maar niemand kon die snert voorspel het nie.
Die storie het heeltemal afgewyk van die Star Trek patroon. Al die sogenaamde ‘nuwe’ elemente word gesteel uit ander stories uit, byvoorbeeld die monster wat die Kelpiën jaag (wat sy grootste vrees ontlok) lyk so eenders aan die Dementors in Harry Potter. Die monster beweeg nes die Dementors en jaag jou onophoudelik. Dan is daar die robotjies – of te wel DOT-7 – wat die bemanning op Discovery help. Die idee is gesteel van Star Wars af, nes R2-D2 vir Luke moet help so doen die DOT-7 in Discovery.
Dan breek Star Trek hulle eie storie trant in die laaste geveg. Discovery vat houe van die hele vloot wat agter gebly het, en steeds bied die skip weerstand, sonder om eers te noem dat die skild amper verpletter is, of dat die wring funksie nie meer werk nie. In al die gevegte van Star Trek vat ‘n skip slegs ‘n paar skote en dan is die skip basies sonder ‘n skans. Dis glad nie die geval in die nuwe reeks van Star Trek nie.
Die storie van die hoofkarakter maak ook glad nie sin nie. Nog nooit was ‘n karakter die totale fokuspunt van ‘n Star Trek reeks nie. En boonop is dit ‘n ongeloofwaardige storie. Dink net aan die reëls van enige militêre organisasie. Sodra ‘n soldaat ‘n muitery pleeg en dan gevang word sal die soldaat onmiddelik tronkstraf kry of summier voor ‘n vuurbateljon staan. Burnham het wel in die tronk beland, maar dan wat – word sy weer aangestel en ontvang asof niks gebreur het nie. Dit sal nooit so werk in enige organisasie nie.
Kom ons vergewe die fout en kyk wat gebeur verder, sy verontagsaam net nog bevele en word weer ‘n ligtere straf toegedien. Selfs na dit, in die laaste geveg van seisoen 3 roep sy namens die Federasie om hulp by die Ni’Var (Vulcuns) – wat sy sonder toestemming gedoen het – en dan sodra hulle die kosbare Dilithium gebruik om die Federasie te ondersteun sê Burnham (die ekwivalent van): “Nee dankie.”
So, die soldaat wat al so baie kanse gekry het, wil heeltyd alles op haar manier doen en slaan amper geen ag aan die idiale van die Federasie nie. Sy staan nie saam en probeer om ‘n plan saam met haar mede soldate uit te voer nie, todat dit reeds te laat is. Haar metodes van take afhandel skroom nie met die Federasie sin nie en tog is sy die fokuspunt van die Federasie en die hele reeks. Enige ander karakter sou ‘n veel beter fokuspunt gewees het.
Vir hierdie redes alleenlik sal Afrifiksie almal afraai om dié reeks te kyk – dit doen afbreek aan ‘n ongelooflike wetenskapfiksie heelal (nl. Star Trek), en is ‘n klad op die genre van wetenskapfiksie as ‘n geheel…