2011 Inskrywings [5]

1.    DIE HERBERG – Malinda Thompson (Volwasse F)

2.    ROEHYN EN DIE SIENER – Eben van Renen (Volwasse F) Wenner

3.    DIE OPROEP – Beatrix van Dyk (Jeug WF) Wenner

4.    VRYBURGER – Dr. John C. Strydom (Volwasse WF) Wenner

5.    DIE ROOI OOG – Martin van der Watt (Jeug F) Wenner

2011 Verslag – Dr. Charles F. Stofberg

CfStofbergWenner van die afdeling Jeug Wetenskapfiksie: “Die oproep” deur Beatrix van Dyk

M.i. is dit die beste van die 4 verhale. Hoewel ’n droom nie ’n rol moet speel by die ontknoping van ’n gebeurtenis nie (So terloops – jy kom te maklik weg op dié manier met jou storie om dinge te verduidelik of om ’n verskoning vir iets te soek, ens.) – is dit nie in dié geval heeltemal van toepassing nie. B. van Dyk se ietwat verrassende einde is goed uitgedink en verdien derhalwe punte. Dis ’n sirkel wat sy daardeur voltooi het toe die foon weer lui. Die storie is redelik goed beredeneer en vorm ’n sinvolle geheel.  Laat mens ook agterna wonder en die verhaal bly jou by.

Wenner van die afdeling Volwasse Fantasie: “Roehyn en die Siener” deur Eben van Renen

Die verhaaltjie is nie sonder meriete nie en ek beskou dit as die tweede beste van die vier. Die oordadige gebruik van name maak dit verwarrend, dog die passing van die amulet op sy geboortevlek is goed gedoen. Mens kry egter die idee die storie is ’n uittreksels van ’n langer verhaal, want om vir hom te sê hy is die ‘Draak’ sluit nie by enige vertelling in die verhaal aan nie. (Seuntjie met diep stem – hy het so ’n bietjie by “Dune” gaan steel.)

 Wenner van die afdeling Volwasse Wetenskapfiksie: “Vryburger” deur Dr. John C. Strydom

Ek plaas die verhaal 3de. Voel op ’n stadium soos ’n lesing in wetenskap waarmee hy die leser vermoei. Dis jammer. Sy name wat hy uitdink soos “seneel” is baie oorspronklik. Waarom Stipu eers op vakansie gestuur moet word om te gaan ‘dink’ dra nie tot die verhaal by nie en staan ietwat los daarvan. Die verskillende eksperimente kon in ’n KV eerder met mekaar in verband gestaan het. Baie langdradig en effens te lank vir ’n kortverhaal.

Wenner van die afdeling Jeug Fantasie: “Die Rooi Oog” deur Martin van der Watt

Van der Watt gaan slordig met die taal om. (Kon dit eers geproeflees het). Die ontwaking van die gediertes kon ’n goeie storie gewees het, maar hy maak niks daarmee nie, en dit is jammer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui