Anike Kirsten

Anike Kirsten, is ‘n passievolle wetenskapfiksie en fantasie kunstenaar wat al vir PCE-Works gewerk het as ‘n vryskut grafiese ontwerper en illustreeder. Haar passie en vaardighede met die rekenaar wat MS Office, Word, Excel, Outlook Express en Powerpoint insluit, het haar geslyp tot ‘n gesoute kunstenaar wat goed vertroud is met die grafiese programme wat Adobe Photoshop CS3 en Coral Painter X insluit. Hiermee gee sy lewe aan haar wetenskapfiksie wêrelde en fantasie karakters. Anike, is nie net goed met die skepping van rekenaarkuns nie, maar is net so bekwaam met die tradisionele medium van verf. Sy hou haarself besig met haar kuns, die speel van kitaar, dromme, klavier, fotografie en die skryf van fiksie. Sy woon tans saam met haar man in Potchefstroom.

Vir enige verdere navrae skakel Anike gerus by: anike.edmr@gmail.com

Besoek ook gerus die volgende webtuistes waar Anike se kuns uitstal:

Anike Inspired

Anike at Deviant Art

Kunswerke

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 thought on “Anike Kirsten

  1. Hi Anike, Ek hou van jou werk! Dit gee my sommer meer inspirasie om te skryf! Dit is goed om te weet dat ons sulke talentvolle kunstenaars het in Suid Afrika. Groete. Mimi

Comments are closed.