Verbeel jouself dat jy nie weet waar jou mense is nie, dat jy hulle nie kan opspoor nie. Dat hulle spoorloos verdwyn het en dat daar net jou herhinneringe van hulle oor gebly het.
Dat as jy terug sou kyk in jou herhinneringe, jy nie ‘n teken van hulle spoedige verdwyning kan vind nie. Asof hulle vir ewig saam met jou sou bly, soos hulle gesê het. Wat sal jy doen om jou mense weer terug te kry?
Die fliek Reminiscence gaan juis oor die krag wat ‘n herhinnering oor ‘n mens het as jy dit net toelaat.As ons hier by Afrifiksie moet terug dink aan die fliek is dit moeilik om te sê hoekom die fliek so treffend en geslaagd was. Was dit oor die beelde wat so oorspronklik is en met die rustige kant van elke een in die gehoor resoneer? Was dit die mooi klanke en sagte satyn rokke? Was dit die hoop van die hoofkarkater wat by ons almal weergalm? Of was dit die idee van ‘n geliefde wat verlore is?
Hoe dit ookal sy, die fliek praat met jou diepere wese in ‘n WF-wêreld, so dit is ook geen wonder dat Afrifiksie die fliek ‘n pragtige nege uit tien gee. Knap gedaan!