Die Oplossing Die Pelgrim

Vesper het sy lewe as stryder agtergelaat en gepoog om te vergeet van sy lewe. In Die Land van die See leef hy vreedsaam tot sy sak wapens onvoorsiens weer te voorskyn kom. Hy vlug weg en word ontvoer deur die elwe na Taïs. Hier ontmoet hy feë, aardgeeste en Die Apocolos. Die Apocolos is ’n vegter nasie van berede wat hom verwelkom en in sy am as Die Kryger terug plaas. Trâybn, ’n Half-Elf wat saam in Arsonagom geveg het sluit ook by aan.

Hy kry weer te doen met Die Alak Valtos en veg saam met Die Wolwe en Die Dwerge teen hulle.

Hy veg ook teen helhonde en ander demoniese wesens saam met Die Paladyne en Dwerge. Nadat hy herstel het vertrek hy na Die Eiland van die Son om Die Berwiërs te bevry van die Alak Valtos. Die Valtos se mag word gebreek en hy keer terug na Die Vrye Lande en die herberg.