Boekverspreiders

1.  Suiderkruis Uitgewers (fgriebenow@gmail.com)
François Griebenow, die eienaar van Suiderkruis Uitgewers kan u dalk help om u roman op die rakke van Suid-Afrikaanse boekwinkels te sien.

2.  www.amazon.com
Alhowel Amazon nie boeke of eBoeke per se aktief versprei of bemark nie, kan jy as skrywer nogsteeds jou roman(s) daar adverteer en as ‘n derdeparty verkoop. Amazon is beslis ‘n goeie plek om te begin as jy tans nuut is tot die verspreiding en verkope van jou boeke. ‘n Rekening is gratis en jy betaal Amazon net as jy iets verkoop.

3. Groep 7 Drukkers
Indien jy jou boek self wil uitgee, is Groep 7 die oplossing.  Hulle help met self-uitgee deur enkel eksemplare te druk, te bind en te verkoop op aanvraag.  Hulle het ook ‘n aanlyn boekwinkel waar jy jou boek kan laat lys – en daar is talle wetenskapfiksie boeke wat daar gekoop kan word.  Gaan kyk gerus ‘n bietjie…

2 thoughts on “Boekverspreiders

  1. ek is nuut in E-boeke publikasie en bemarking; het sowat 10 boeke in Afrikaans en Engels, net 1 deur ‘n bekende uitgewer in boekvorm gepubliseer; die jongstes in spiritueel van inhoud.
    Ek kort leiding!
    Dankie.
    Don-Aruan

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui