VERDWYN of VERFYN

Soos in meeste oulike, goed uitgedinkte fantasie stories gaan dit gewoonlik oor die een of ander oorlog.  Oorlog tussen die goeie en die slegte.  Natuurlik wil mense glo dat die goeie gaan oorwin oor die slegte, maar dis nie altyd die geval nie.  Die bose is soms so sterk dat die goeie net nie ‘n kaans staan nie.

Moet ook nie julle hoop op die Amerikaanse-aksie troop plaas nie.  Die troop waar die hoofkarakter so moeg is dat hy of sy nie meer kan terug veg nie. En dan uit nêrens nie, kom die krag tot hom of haar terug en die hoofkarakter oorwin die bose…

Shadows and Bones is jou tipiese fantasie reeks wat net nie van die troop kan afwyk nie.  In die begin is daar baie hoop dat die bose ‘plaag’ wat die land verwoes – dit lyk soos ‘n donker massa waaruit die lelikste monsters voortkom – oorwin sal kan word.

Al die hoop word gerig op ons hoofkarakter wat in die storie ‘n vrou is, wat ook uit ‘n emosionele agtergrond kom – hoe oorspronklik…  Net om te wys hoe baie trope in die reeks voorkom.

Dit is ‘n groot jammerte dat hulle so ‘n oulike en oorspronklike wêreld kon skep en nie kon wegbreek uit die trope nie.  Die storie is so ryklik ingekleur met kultuur en karakters van alle soorte, soos die goedhartige, maar tog koue kroegmeester wat so baie kan omgee vir die een meisie.  Of soos die moeder wat nooit openlik teen haar seun kan staan nie, want die liefde bly altyd te groot.

Jy kry monsters en towenaars in die reeks, maar ook nasies wat net nie kan saam leef nie.  Die beelde is ongelooflik en die grafika wat help om al die toorkuns oor te dra aan die gehoor is baie goed gedoen.

Per slot som, die reeks is goed gedoen vir ‘n modern fantasie reeks.  So kners op jou tande en los die springmielies as die reeks wys, want alhoewel dit goed gedoen is gaan jy verseker die trope hinderlik vind.