Onvoorspelbare noodlot

Vandag se kind – en selfs volwassenes – glo nie meer in sprokies of fabels nie.  Kan jy jouself indink hoe dit moes wees het om in dít te glo?

Verbeel jou dat jou hele bestaan saamgevat kan word in ‘n fabel van ouds.  Waar die doel van jou bestaan reeds bepaal is en dat jy beplan was.  Soveel so dat jou besluite 21 kinders se lewens verewig sal verander.

Verbeel jou dat jy nie ‘n sê het in wat met jou gaan gebeur nie, maar dat jou lot deur die gooi van ‘n dobbelsteen bepaal sal word.  Verbeel jou ‘n wêreld waar niemand jou glo nie en jy dit ook self nie kan ontsnap nie.  Jou enigste redding is die van jou suster.

Die reeks het ‘n donker kant wat nie onderskat moet word nie – soos al die goeie sprokies. So, vir die sensintiewe kykers – wees tog op jou hoede vir die sielkundige effekte wat die beelde dalk mag hê.  Die reeks word nie aanbeveel vir bogenoemde kykers of kinder nie.

Maar as jou verbeelding kreun vir ‘n nuwe storie met kinkels en onvoorspelbare draaie. ‘n Storie waar sterrekunde en fluister stemme jou lei.  As jou gedagtes wil gaan na ‘n fabel van ‘n vreemde ou kultuur – die Equinox wag vir jou.