fantastika

‘n Versamelnaam vir die talle vorme van spekulatiewe fiksie wat deel sou uitmaak van wetenskapfiksie en fantasie – insluitend superhelde, mitologie, spookstories, gruwels, monsters, utopieë & distopieë, apokaliptiese & post-apokaliptiese verhale en spekulatiewe fiksieverhale met ‘n godsdienstige agtergrond (wat egter nie godsdienstig oortuigend streef te wees nie). Daar kom dikwels bonatuurlike of die paranormale elemente voor, hoewel dit nie noodwendig ingesluit is nie.  Feëverhale, sprokies en fabels maak ook hiervan deel uit.