Grafiese Ontwerpers

1.  Anike Kirsten (anike.edmr@gmail.com)
Anike Kirsten is die stigter en inhoud-organiseerder van die Suid-Afrikaanse Visuele Gemeenskap (Art-Amptelik) en ‘n vryskut-illustreerder, skilder, model, fotograaf en grafiese ontwerper wat al sedert 2011 Afrifiksie se Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie skrywers bygestaan het met hulle boekomslae vir Thompson Boekdrukkery.

2.  Ronél Gill (ronelgill@thompsonboeke.com)
Ronél Gill is nie net ‘n talentvolle Afrikaanse fantasie skrywer vir volwassenes nie, maar is ook ‘n vryskut-boekomslag-ontwerper (anders as ‘n grafiese ontwerper), proefleser en wikipedia-inligting-samesteller. Gaan kyk gerus na haar werk (Wanneer die middernagson weer skyn en Jou lewe… vir my liefde).

3.  Gerrit van Dijk (gerritvdijk@gmail.com)
Gerrit van Dijk is nie net ‘n Afrikaanse wetenskapfiksie skrywer nie, maar beslis ‘n kenner op die gebied van wetenskapfiksie en fantasie sketse, olie- en waterverf skilderye.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui