DIE GONDOLIER – Gareth D. Jones

Die swart neus van my gondola sny glad en stilweg deur die kalm waters van die kanale. Die elegante tuig het my vir baie jare getrou gedien. Hy het passassiers onder die leidende hande van myvoorouers deur die stad se waterweëgedra.

Die son sak weg oor die oeroue stad en die water word ‘n donker lint tussen elegandesandsteengeboue. Ek neem ‘n diepe asemteug van die koel aandluggie.

Is daar enige pragtiger plek as hierdiewonderlike stad van kanale? Soos wat die boot in sy ankerplek inbeweeg stop ek, en kykek met tevredenheid op na die naghemel bo Mars.

Einde.

Vertaal deur Quinton & Alby Esterhuyse

Gaan lees gerus meer oor Gareth D. Jones

 

3 thoughts on “DIE GONDOLIER – Gareth D. Jones

Laat 'n boodskap na Chantal Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui