O gedorie, hoor dié storie…

Tanita Da Silva

O gedorie, hoor dié storie… – 2018 © Tanita Da Silva

Wetenskapfiksie Gedig

[spacer height=”20px”]

Gesiggies, gedroggies,

visioene en spioene

sluip soos muise in huise

en hou die bange gevange

 

Almal sweef dwarsdeur tyd

sorg vir super-snaaksigheid

laat are en nekhare rys

en jong en oud se ore suis

 

Drake sonder kake

Agente met geheime take

maak van gedagtes hul blyplek

met magiese magte wat wyd strek

 

Kreature kruip uit grotte

Vlieënde vlotte, rare robotte,

feëtjies met vinne en visse met vlerke

Wie wen, is die sterke

 

Die klomp gee slapelose nagte

Kleef aan gedagtes met bomenslike kragte

gryp elke leser aan die strot

met die allervreemdste slot

                      !

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui