Vreemdeling

Chantal Pretorius

Vreemdeling – 2018 © Chantal Pretorius

Fantasie Gedig

[spacer height=”20px”]

Dit is net ons twee:

Alleen

in ’n somersveld

met ’n bloedrooi son

en ’n koningsblou hemelruim

Alleen in die wolke wat lyk na

pofferige, pêrelwit skuim

 [spacer height=”20px”]

Die gemaskerde man

in ’n lang, swart jas

is met bloed besmeer

Oordag het hy verdwyn

soos mis voor die son;

my sig word aangetas deur die sonstrale

en ek val gewond neer op die grond

 [spacer height=”20px”]

Alles om my raak stil

Alles om my raak swart

Dit is die vreemde man

wat my hart en siel

in doodstil-donker laat stilstaan

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui