Bepalings en Voorwaardes

Afrifiksie: Geskrewe Inskrywings

  1. Die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie word deur Afrifiksie geborg, onderskryf en geadministreer. 
  2. Inskrywings kan via vonkpos gestuur word na: afrifiksie@outlook.com met die volgende inligting: 2.1 Opskrif: Afrikaanse Kortverhaal Inskrywing; 2.2 Titel van die verhaal; skrywer se naam en van; e-posadres en telefoonnommers; baie belangrik om die aantal woorde van verhaal te verstrek. 
  3. Sluitingsdatum vir die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaal-skryfkompetisie is voor of op 31 Oktober 2019. Ontvangs van inskrywings sal per e-pos bevestig word. 
  4. Wenners word gekies deur middel van ’n gepubliseerde skrywer of skrywers, wat jaarliks aangewys word, se persoonlike oordeel van die inskrywings wat ontvang is. Die beoordelaar(s) se beslissing is finaal en is nie onderhandelbaar nie en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 
  5. Wenners sal aangewys word nie later as 20 Desember 2018 nie en sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word. 
  6. Indien ’n wenner nie beskikbaar is nie, of nie reageer op e-pos of telefoniese kommunikasie binne 5 (vyf) werksdae vandat Afrifiksie die persoon probeer kontak het nie, kan ’n nuwe wenner aangewys word. 
  7. Wenners moet bereid wees om onderhoude en fotosessies aan die media en Afrifiksie se bemarkingspublikasies toe te staan. 
  8. Deelnemers verleen volmag aan Afrifiksie en sy organiseerders om met sy/haar inskrywing te handel (insluitend die reproduksie, publikasie, uitsending, bind en handel dryf) in alle lande ter wêreld. 
  9. Alle persoonlike inligting sal slegs deur Afrifiksie gebruik word. 
  10. Enige persoon wat Afrikaans magtig is mag deelneem aan die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie. 
  11. Enige persoon wat inskryf, skryf in onderworpe aan hierdie bepalings en voorwaardes. Deur in te skryf word die bepalings en voorwaardes deur die deelnemer aanvaar. 
  12. Korrektheid van inligting is die verantwoordelikheid van die deelnemer en Afrifiksie en sy organiseerders word gevrywaar van enige verwarring en/of diskwalifikasie van inskrywings as gevolg van gebroke inligting.
  13. Die Afrifiksie toekenning kan nie verruil word vir kontant of enige ander produk van dieselfde waarde nie. 
  14. Inskrywings wat voorheen reeds ingeskryf was vir ‘n kompetisie van Afrifiksie, sal nie ‘n tweede keer as ‘n inskrywing aanvaar word nie –  dit sluit verhale in wat hersien of aangepas is.
  15. Enige persoon wat vir ‘n kompetisie van Afrifiksie inskryf, se inligting word op Afrifiksie se databasis geberg vir doeleindes van toekomstige Afrifiksie promosies. Die inligting sal slegs gebruik word vir navorsingsdoeleindes en nie verkoop of beskikbaar gestel word aan derde partye nie.
  16. Let op dat geskrewe inskrywings in die KORTVERHAALGENRE val, deelnemers moet seker maak dat hy/sy kennis dra van die vereistes vir ’n kortverhaal. Dit geld ook vir die lengte van die verhaal. Deur nie daaraan gehoor te gee nie, kan lei tot diskwalifikasie.
  17. Deelnemers moet let op suiwer Afrikaanse wetenskaplike, biologiese, tegniese en mitologiese, ens. terminologie. 
  18. Deelnemers moet poog om sterk en oortuigende karakters te bou wat die Afrikaner se karakter en kultuur uitbeeld, met funksionele en praktiese dialoë tussen karakters. Brabbeltaal en uitheemse woorde moet ten alle tye vermy word. 
  19. Inskrywings wat enige elemente van godslastering en die uittermatige gebruik van skelwoorde en uitgerekte sekstonele bevat sal onderhewig wees aan diskwalifikasie. 
  20. Aandag sal geskenk word aan ‘n deelnemer se vermoë om ‘n oortuigende milieu te skep waar die verhaal in afspeel. Beperking word geplaas op een storielyn, maar daar is geen beperking op die gebied van intriges nie. 
  21. Beoordelaars sal let op ’n deelnemer se gebruik van suiwer Afrikaanse idiome en korrekte spelling. ’n Deelnemer wie se inskrywing taalkundig nie goed versorg is nie, kan ongelukkig nie aanvaar word nie. 
  22. Deelenemers word aangemoedig om gebruik te maak van nuutskepping maar moet waak teen anglisismes. 
  23. Inskrywings wat ontvang word vir die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie moet die oorspronklike werk wees van die deelnemer en enige ongerymdhede in hierdie verband sal lei tot diskwalifikasie. 
  24. Afrifiksie en die organiseerders van die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie word gevrywaar teen enige eise of aanspreeklikheid wat moontlik uit of in verband met die kompetisie kan ontstaan. 
  25. Deelnemers behou die reg voor om te eniger tyd uit die Afrifiksie se Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie te ontrek. 
  26. Afrifiksie behou die reg voor om te eniger tyd uit die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie skryfkompetisie te onttrek, om welke rede ook al en word ook in hierdie verband gevrywaar teen enige aanspreeklikheid teenoor derdes. 
  27. Rig navrae aan Machiel Viljoen by afrifiksie@outlook.com.

10 thoughts on “Bepalings en Voorwaardes

  1. Pingback: On Writing Competitions | Fielies Riette De Kock

    • Dis moeilik om te spesifiek te wees, Karen. Ons probeer dit redelik oop hou – tipies nie meer as so 20 A4 bladsye nie. Van die beste stories is dikwels veel korter…

  2. Ek sien bydraes word per vonkpos gestuur. Wat is ‘vonkpos’? Ek het via InkskryfinAfrikaans hier uitgekom, is die twee maatjies met mekaar

  3. As die oorspronklike verhaal in Engels is, kan dit vertaal word en onder die oorspronklike skrywer se naam ingeskryf word?

    • Hallo Elkarien,
      Ek is nie seker dat ek die vraag reg verstaan nie. Indien jy ‘n verhaal in Engels geskryf het staan dit jou natuurlik vry om dit te vertaal en in Afrikaans in te skyf. Indien jy egter nie die skrywer van die Engelse verhaal was nie, sal die blote vertaling daarvan ‘n kopieregkwessie wees en sou dit dus nie toelaatbaar wees nie. Groete, en voorspoed indien jy wel inskryf…

  4. Goeiedag. Hoop dit gaan goed? Ek het ‘n e-pos gestuur oor die novelle kompetisie. Moet dit 100 bladsye wees of kan dit minder wees? Mag ons oor enige wetenskapfiksie verhaal skryf, of moet dit afspeel in die buitenste ruimte alleenlik?

Comments are closed.