2012 Inskrywings [11]

1.    DIE BESOEKER – Ben le Roux (Volwasse WF)

2.    DIE FOTO – Magdalene van Niekerk (Volwasse WF) Wenner

3.    ‘N ARWANTYNSE OOMBLIK: DIE SKOONMAKER EN DIE ELFIES – Eben van Renen (Jeugfantasie) Wenner

4.    BEWAKER 47 (MELKBOSSTRAND) EN DIE WIT SOKKIES – Eben van Renen (Jeug WF) Wenner

5.    DIE BEGIN – Carel V Boshoff (Jeug WF)

6.    SOEKTOG – Heinrich Wernich (Volwasse F) Wenner

7.    ‘N MUTANTIESE NAGMERRIE – Ester Byleveldt (Volwasse WF)

8.    JAAG TEEN DIE TYD – Waldo Kühn (Volwasse WF)

9.    TOE HULLE GEKOM HET – Hannu Lahti (Volwasse WF)

10.  NOG ‘N KANS – Corné Venter (Volwasse WF)

11.  KONFLIK OOR SUIDOOS-ASIË – Waldo Kühn (Volwasse WF)

2012 Beoordelaars Ilse Steyn & Janus Evertse

Ilse Steyn - Prinses in die Ruimte; Liefde in die RuimteIlse Steyn, die bekende skrywer van nie minder as 26 Afrikaanse boeke waarvan twee Afrikaanse wetenskapfiksie verhale is (Liefde in die Ruimte en Prinses in die Ruimte), het vanjaar opgetree as Thompson Boekdrukkery se jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaal skryfkompetisie se hoof-beoordelaar en is bygestaan deur haar man, Janus Evertse.

“Ons is baie dankbaar dat ’n talentvolle en erkende skrywer soos Ilse Steyn bereid was om van haar kosbare tyd af te knyp om ons deelnemers van waardevolle advies by te staan. Ons hier by Thompson Boekdrukkery sal haar ewig dankbaar wees en wens haar en haar gesin ’n voorspeodige toekoms toe.” – Thompson Boekdrukkery

Dis 04:55 hier en nog pikdonker buite, maar ek het skielik wakker geword en onthou ek het nog nooit vir jou die lys wenners gestuur nie. Maar ek het mos nou ‘n huisvol mense en het Sondag ‘n ete vir 7 gegee, het gister ‘n ete vir 7 gegee en moet Vrydagaand weer ‘n ete gee, maar hierdie keer vir 9!!

Die wenners is dus:

  • Magdalene van Niekerk – Volwasse wetenskapfiksie
  • Eben van Renen – Jeug wetenskapfiksie
  • Heinrich Wernich- Volwasse fantasie
  • Eben van Renen – Jeug fantasie

Liefde, Ilse