LOKI EN DIE WEERWOLF – Chantal Pretorius

LOKI EN DIE WEERWOLF – 2015 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (2 076 WOORDE)

 

Loki hoor die foon lui en kyk wie haar soek. Dit is ʼn onbekende nommer en beantwoord hom. Dit gaan lyk of sy ongeskik is as sy dit nie doen nie. Al wat Loki hoor is angstige asemhalings van ʼn man. Dit klink onmenslik na ʼn wolf wat smag na bloed. Dadelik weet Loki dit kan Toni wees. Hy is in die stad, dronk en het in sy weerwolf vorm verander. In die agtergrond hoor Loki Afrikaanse musiek speel en hoor geen mense gil van vrees. Toni het seker almal daar opgevreet, soos wat hy altyd doen en haar met die gemors gelos om skoon te maak.

Al wat Loki doen is belowe Toni sy is op pad. Sy klim op haar motorfiets en jaag nagklubs toe. Een na die ander, maar Toni is net vermis. Hy moet tog iewers wegkruip en Loki weet sy sal hom wel opspoor.

Iewers naby hoor Loki dieselfde musiek speel. Sy ry soontoe en stop haar motorfiets by die parkeerterrein. Sy klim vinnig af, stoot die staaldeure oop en hardloop in. Haal haar klein semi-outomatiese geweer uit. Hou die geweer gereed vir enige aksie. Daarna hardloop ʼn bebloede blondekop vrou langs Loki huilend en bewilderd verby.

Val langs Loki neer en gryp haar denim se broekspyp vas. Smeek om geskiet te word, want sy wil nie in ʼn weerwolf verander nie. Loki se groen oë rek groot. Sy is nie ʼn moordenaar nie en staar onseker na die pragtige jong vrou se krap en byt merke. Wat pynlik brand en opsetlik gedoen is.

Dadelik mik Loki die geweer op haar, maar wil nie skiet nie. Sy is onskuldig en het nie Toni se barbarisme aanvaal gevra nie. Toni is tog ook net mens onder al sy dik satyn wolf hare.

Al wat Loki wil weet is, waar Toni is en die jong vrou lig effens haar hand. Wys na die klub biblioteek toe. Dan laat val sy haar hand weer en Loki buk af. Lig haar effens van die vloer af op. Hoor en sien hoe sy haar laaste asem uitblaas.

Loki los die vrou en gee haar een kopskoot. Sy moet voortbeweeg, sonder om met ʼn siel vol emosies en gevoelens te worstel. Daar is nie tyd vir rou oor intelligente studente nie. Eerder om Toni op te spoor en so vinnig as moontlik. Voordat hy meer mense doodmaak en chaos veroorsaak in die stad.

Skielik ruk Loki haar geweer op, want sy hoor Toni is naby. Stadig en versigtig beweeg sy om die volgende hoek. Haal diep asem, blaas dit dan weer uit toe Loki die skuifdeur oopmaak. Vinnig en stil beweeg Loki in die biblioteek. Haar geweer mik op elke e-boekkrak en rekenaar se flikkerende skerms.

Nou lyk alles vir Loki na monsters met kullende oë. Orals waarheen Loki loop is net vars rooibloed. Hier en daar lê arms, bene en organe van onbekende mense wat Toni uitmekaar verskeur het.

Loki voel trane in haar oë brand en blink van skok. Sy het voortbeweeg, want daar is geen tyd vir vrees en hoor ʼn geraas in die kombuis. Van angstigheid hou Loki haar vinger op die sneller. Sy is al gewoond aan weerwolwe se gemors, maar nou raak dinge net erger en hulle meer bloedlustiger.

Vinnig gaan Loki om die volgende hoek. Kyk Toni grootoog aan en loop stadig nader. Sy wil Toni roep, maar haar keel en mond is droog. Gewaar Toni aan iets vreet, verskeur en dan weer los. Hy draai om en hou Loki stip dop. Loki skrik, want Toni het vergroot, maar sy swart pels gee ʼn skynsel van blouerige tinte.

Dit is ongelooflik hoe die natuur ʼn weerwolf se voorkoms kan verander. Skielik onthou Loki dat dit herfs is. So dit verduidelik die veranderings van Toni. Hy lyk meer aggressief, tande is skerper, langer en vol bloed. Loki sluk swaar en mik die geweer op Toni.

Vir Loki is dit moeiliker om diere te skiet as mense. Hulle is goedgesind, eerlik en altyd lojaal, maar weerwolwe se karakters is anders. Wolwe raak gou verveeld, honger en soek na groener weivelde van oorbevolkte dorpies. Sodat hulle, hulle bloedlus kan stil en kan vermeerder.

Toni grom hard vir Loki. Hy kom naby haar en sy deuns effens terug. Hou die rooi laserlig gemik op sy bors, dan weer sy kop. Skielik val Loki op haar rug en ʼn skoot vuur af. Tref Toni se skouer. Hy grom harder in pyn en hardloop in die lang gang af.

Al wat Loki hoor is Toni wat alles binnekant die biblioteek afbreek. Sy lig haar kop effens op, kyk dan vlugtig rond. Loki gril toe sy besef waarin sy geval het. In ʼn groot bloedkol en vinnig gryp Loki aan die handvatsel en lig haarself op. Kners op haar tande toe sy pyn aan haar skouer voel.

Dan beweeg Loki versigtig om die bloedkol. Totdat sy ʼn kans kry om weg te kom. Sy moet vir Toni opspoor, voordat dit te laat is en hou weer die geweer gereed. Mik na die gang wat donker en verlate lyk. Net hier en daar skitter ʼn lig bo haar kop. Die bloed raak meer en gille kan sy hoor nader kom.

Minute later, val Loki teen die muur waar die donkerte skuil. Sien mense uit die deur gehardloop kom. In die gang vreesbevange gil, oor die bloedkol gly en neersak langs mekaar. Kort daarna Kom Toni ook uit en val hulle aan. Vinnig maak Loki haar oë toe. Voel spatsels bloed haar tref en druk die geweer styf vas teen haar borskas.

Sy haal vinnig asem, maar sag. As Toni haar gaan hoor word sy ook ʼn maaltyd. Dit kan Loki nie bekostig nie, want sy is verantwoordelik om hom te skiet. Daar is niemand anders wat sy vertrou om die taak uit te voer nie.

Nou, sy wat Loki is, is die weerwolf slagter van die twintigste eeu. Gekies om moord te pleeg in donker en lig.

Werklik skrik weerwolwe nie vir sonlig nie, net vampiere doen. Gelukkig is hulle almal uitgewis in die vroeë negentienhonderds. Daarvoor het haar voorouers goed gesorg. Anders het Loki meer werk op haar hande gehad.

Loki kry haar gedagtes reg. Die wêreld se tyd is belangrik en wegkruiperspeletjies is nou verby. Loki mik weer die geweer op Toni en skiet nog ʼn skoot af. Dan wil Loki nog koeëls herlaai, maar tot haar verbasing het sy vergeet en sug hardop moedeloos.

Nou sal Loki moet staatmaak op telepatie. Al weet sy dit werk net partykeer, sal sy moet probeer. Al is haar lewe in gevaar maak dit nie meer saak nie. Loki beweeg uit die hoek en skiet Toni vir die tweede keer. Nou tref die koeël sy harige gesig, en Loki begin te kommunikeer met Toni in haar gedagtes. Dat hy chaos veroorsaak en hier moet uitkom of sy skiet weer.

Skielik is Toni nou op en wakker en gereed om Loki aan te val. Sy wil omdraai en weghardloop, maar bedink dit. Dit is glad nie ʼn plan nie en Toni hardloop nader. Hy wil haar net-net byt met sy bek toe Loki tussen deur sy reuse bene gly. Na die anderkant toe en skree toe stukke skerp glas in haar rug steek. Die bloed vloei en Toni ruik-ruik in die lug. Nou is hy eers agter Loki aan, want bloed is sy kos.

Dit is al wat Toni raaksien; bloed, bene en breins. Vergeet van haar siel of dat sy kan pyn voel. Vir ʼn wolf is sulke goed onbelangrik. Net sy honger maag wat praat is belangrik.

Vlugtig kyk Loki om haar rond en gaan kruip weg onder ʼn staaltafel. Hoop en bid Toni het heeltemal vergeet van haar. Dalk iemand anders gekry om op te vreet, maar sy reuse voetstappe kom nader en haar geduld raak op. Loki moet hom doodmaak; daar is geen ander uitweg nie.

En nou wil Loki nie daaraan dink nie. Sy het ʼn kontrak om te voltooi en nou is die regte tyd daarvoor. Nou moet Loki vinnig aan planne dink, voordat Toni haar vind. Blitsig rol sy uit onder die staaltafel en kry haar geweer reg. Daar is net een silver koeël oor en as Loki gaan mis skiet, dan gaan sy haar noodlot moet aanvaar.

Terwyl Loki se gedagtes maller word oor al die aakligheid. Hoor Loki dit is weer stil – te stil vir Loki en dit maak haar bang. Vinnig beweeg sy deur toe, loer in die gang, maar Toni is weg en sy sug van verligting. Besluit om die geweer gereed te hou vir enige aksie. Die keer mik Loki vir die kop en nie sy gesig of bors nie.

Vinnig beweeg Loki in die gang. Kyk in elke kamer opsoek na Toni, maar hy is net weg. Loki hou haar oë op skrefies toe. Maak ʼn vlugtige draai toe sy ʼn swart deur raaksien. Angstig gaan Loki nader en vee angssweet weg. Sy draai die handvatsel oop en stap in. Dit is donker binne die kamer en Loki sien dit outomaties ophelder. Sy gril en wil gil toe sy na die voorval kyk.

Orals is bloed; teen die mure, op die teelvloer en toerusting. Links en regs is weerwolwe aan kettings vasgemaak. Hulle sien vir Loki en probeer los te kom, maar dit is ontmoontlik. In die middel van die vertrek is ʼn groot ovaal swartgat. Loki gaan nader en kyk goed na die vreemde voorwerp. Loki druk haar hand in, sy skrik groot en die geweer val neer op die teelvloer.

Nou skree Loki toe sy Toni hoor aankom. Binne sekondes is hy in die kamer. En sy probeer om uit die swartgat te ontsnap, maar dit is moeilik. Nou is Toni ʼn meter weg van Loki se gesig. Hy beruik haar rouwonde en begin daaraan te lek. Sy beweeg haar hand en ruk vinnig los. Gryp die geweer en skiet Toni tussen die oë.

Toni val hard neer en verander in swart as. Loki voel verlig en waai as weg wat in haar rigting waai. Grou in die kabinette rond vir koeëls en in die derde laai ontdek sy dit. Sy herlaai vinnig die geweer. Begin al die weerwolwe dood te skiet. Dit is net swart as waar jy kyk.

Wanneer Loki uiteindelik klaar is gooi sy die geweer eenkant neer. Ontspan haar gedagtes en gaan sit, maar groen vloeistof trek Loki se aandag. Sy neem ʼn proefglasie, bêre dit in haar sak en sal dit later bestudeer onder die mikroskoop.

Loki staan weer op, gaan en bestudeer die interessante swartgat. Sy bekyk die raamwerk van die voorwerp en die manier hoe alle kragdrade saamwerk. Dan hoor sy ʼn gegorrel en gebiep. Iets wat einaardig en bonatuurlik klink.

Loki gaan staan weer voor die swartgat. Hy beweeg in die rondte, hiptoniseer Loki en sy raak dronk. Sy val neer op die teelvloer, sien ʼn reuse weerwolf uit die swartgat uitkom. Hy beruik Loki en loop rustig weg. Gelukkig stel die weerwolf nie belang in haar vanaand nie.

En nou is Loki se emosievolle gedagtes by Toni.

Toni was haar kêrel gewees en baie liefdevol. Maar toe die weerwolwe die stad oorgeneem het, was alles net chaos. Hul liefde vir mekaar vernietig en sy met die aaklige herinneringe verbind.

Dit was tog Loki se opdrag gewees om alle weerwolwe te skiet, maar waar kom al die ander vandaan. Vlugtig staan Loki op en maak die laaikas oop, binnekant is ʼn lêer en sy blaai daardeur. Geskok sit Loki haar hand op haar mond. Nou weet sy presies wat aangaan. Die wetenskaplikes het ʼn wonderwerk ontdek. Om weerwolwe van die sewentienhonderds deur die swartgat te kloon en hulle na ons tydperk te bring. En gebruik die groen vloeistof om hulle sterker, groter en slimmer te maak.

Om choas op aarde te saai. Sonder om aan die nagevolge te dink, en Loki weet haar hande is afgekap. Sy gooi woedend die lêer neer, al haar harde werk was verniet, maar dit is nie oor en verby nie. Loki hardloop uit die gebou, haal die vuurhoutjies uit haar sak en steek die gebou aan die brand. Sy weet weerwolwe se as is giftig, maar brandbaar. Dadelik brand die gebou en Loki voel beter.

Sy het die stad gered van verdoeming. Van die weerwolf plaag wat misdaad soos kinderspeletjies laat lyk. Nou is Loki ook aan geen kontrakte meer verbind. Nou is sy vry en haar mense in vrede.

6 thoughts on “LOKI EN DIE WEERWOLF – Chantal Pretorius

  1. Baie lekker en interresante storie. Ek is mal oor weerwolwe en vampier fantasie verhale. Jy het dit weer reggekry om my op my stoel gekluister te hou.

Laat 'n boodskap na OJ du Preez Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui