M01E01 – 2014 © Anke Norris

Oefening 1. Ondersoek verskeie definisies van WF en stel ‘n bevredigende definisie vir uself op.

Wetenskapfiksie is waarna ons verwys wanneer ons dit noem, m.a.w. wetenskap en fiksie. Wetenskap menende tegnologie, mediese vooruitgang, verskillende maniere van operasies doen, sterrekunde, geografie, toekomstige geskiedenis, denkbeeldige gebeure(fantasie), so ook dit wat is. Die realistiese spekulasie oor moontlike gebeure in die toekoms stewig gegrond op kennis van die werklike wêreld waarin ons leef vandag, in die verlede en hede, met begrip waaroor dit gaan en die betekenis van die wetenskaplike metodes. Ook die fiksie wat die onmoontlike moontlik maak en wetenskapfiksie wat die onwaarskynlike moontlik maak. Daar is geen perke aan wetenskapfiksie nie.

Oefening 2.2. Wat beteken die Wetenskapfiksie Genre vir jou?

Behalwe dat dit my verbeelding op loop kan sit, sluit my denke baie wetenskapfiksie in. Soos ek verstaan uit die geskiedenis wat ek nou so ’n bietjie van geleer het, strek wetenskapfiksie van so vroeg af al as die 5-4de eeu v.C. Ek het nie geweet skrywers skryf so baie oor wetenskapfiksie nie. Dit wil my voorkom of dit ’n groot verskeidenheid van genre aanneem. Dit gaan oor dinge wat in die toekoms kan gebeur wat skrywers in die hedendaagse tyd plaas. Dit moet realisties en wetenskaplik moontlik wees. Dan sit mens ook ’n knippie fantasie by. Dat ek my stories vol aksie, soort van romanse, maar wetenskapfiksie maak. My eerste verhaal in wetenskapfiksie, Die Begin Van Die Einde, gaan beslis ook nog ’n gedaanteverwisseling ondergaan teen die einde van die kursus. My vyftienjarige seun wat baie van tegnologie hou, het my ’n paar idees gegee. “Starship Troopers” is ’n baie goeie voorbeeld. Dit wys op moderne tegnologie jare voor die tyd asook ruimtewesens en gedagtelees.. Die “Twilight Zone” het ook wetenskapfiksie in wanneer mens kyk na die mens/dier veranderings en ander wetenskaplike dinge wat uitkom. “Beowulf” is net so ’n goeie voorbeeld met die wetenskaptegnologie wat gebruik is. “The War of the Worlds” is ook goeie wetenskapfiksie wat hede gemaak is met die tegnologie en die wesens en ruimteskepe. Tesame met die ontdekking van nuwe spesies en ou spesies. Met al die nuwe wetenskaptegnologie wat beplan word en wat reeds in gebruik is, kan menige wetenskapfiksie skrywers nog baie wetenskapfiksie verhale en fantasie verhale skryf.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui