M01E01 – 2015 © Chantal Pretorius

Wat beteken die Wetenskapfiksie genre vir my?

As ons kyk na flieks byvoorbeeld:
Battleship (2012), War of the Worlds (2005), Indepence day (1996), Dark Skies (2013) – my gunsteling, Oblivion (2013), The Thirteenth Floor (1999), Guardians of the galaxy (2014). The Visitors (1957), Imposter (2012) en ja ek het The Host (2013) ook gekyk, maar was baie teleurgesteld oor die fliek. Dit was ʼn mors van my kosbare tyd en geld. As ek geweet het die fliek gaan so swak wees, het ek eerder die boek gelees, maar nou ja – spyt kom te laat.

Skrywers hou daarvan om te eksperimenteer met wetenskapfiksie. Die genre is nie net gebaseer op lewende wesens nie, maar ook op waar die lewende wesens vandaan kom. Wie, waar, hoe en wanneer hulle ontstaan het en of wat hulle regtig doen. Is die groot vraag.

Die Weteskapfiksie genre beteken vir my meer as die Fantasie genre. Alhoewel ek van Fantasie ook hou. verskil hulle baie van mekaar. Weteskaplike dinge is meer belangriker as wat ons regtig dink.

Dit gaan oor aardrykskunde:
1) Fauna en flora;
2) Wetenskaplike formules;
3) Fiksie en nie-fiksie;
4) Feite of nie-feite;
5) Sterrekunde, aardrykskunde en meer.

Die mensdom is baie nuuskierig wanneer dit kom by lewende wesens. Ek is definitief een van hulle wat wonder oor ander mense op ander planete. En dit is lekker om na ʼn fliek te kyk wat dit uitbeeld.

Niel Amstrong was die eerste man op die maan. Wie sal dit ooit kan vergeet. Ons almal het van hom geleer op skool. En die Amerikaanse flag wat op die maan ingeslaan is. Neil sal altyd ʼn legende bly en onthou word. Wonder of hy daar lewende wesens gesien het. Dit laat ʼn mens sommer dink.

Ek het baie van die fliek War of the Words gehou. Dit het lewende wesens uitgebeeld, maar wat nie gekom het om vriendelik te wees nie, maar eerder die mensdom uit te wis vir die hele dag en nag. Die volgende dag was alles weer normaal en die mensdom kon voortbestaan. Wat nog van die fliek Area 51 (2014) met sy geheime labotoruims van Amerika wat stilgehou word. Daar word beweer hulle werk met lewende wesens daar. Baie mense is maar skepties daaroor.

In die fliek Area 51, gaan dit oor Amerikaanse soldate wat die lewende spesies oppas en spesialiste met lewende wesens eksperimenteer. Totdat een ontsnap het en groot moeilikheid veroorsaak het. Gelukkig kon die soldate die monster onderbeheer kry. Nadat baie mense dood is.

Ek het al op ‘Youtube’ dokumentêre video’s gesien van Area 51 waar hulle met regte lewende wesens kominukeer. Dit lyk interessant. En ek het dit baie geniet om na te kyk.

Wetenskapfiksie kan enige genre wees:

1) Horror: The Visitors.
2) Komedie: Paul (2011) – die fliek was aaklig en beeld lewende wesens uit as dom en simpel.
3) Avontuur: Guardians of the galazy.
4) Aksie: Cowboys and Aliens (2011).
5) Thriller: The Thirteenth Floor.
6) Fantasie; Oblivion.
7) Romanse: The Host.
8) Nie-Fiksie: Dokumentêre oor lewende wesens.
9) Drama: Dark Skies.

The Host (2013):

Ek het nie van die fliek ‘The Host’ gehou nie. Dit was te langdradig en het begin vervelig raak. Alhoewel dit oorspronklik is en baie van die natuur wys. Miskien sal die tweede fliek beter wees (as daar een gaan wees). Maar ek sal mense eerder aanraai om die boek te lees. Dit lyk meer avontuurlik en is goed vir die breinselle om te ontwikkel. Die vreemde lewende wesens in die fliek wil net die mense red van bose dinge. Dit het my ʼn bietjie laat dink aan die fliek The Invasion (2007) waar Nicole Kidman ingespeel het. Dit was ʼn beter fliek met ʼn storie.

Oblivion (2013):

Oblivion was tussen fantasie en wetenskapfikise, maar die storie was goed. Ek het van die natuur, planete en tegnologie gehou. En die man het opgeeindig by sy vrou waarvan hy drome gekry het. die fliek speel die meeste af op aarde wat vernietig was deur monsters en hulle wonings in die atmosfeer.

The Thirteenth Floor (1999):

Hierdie is een van die flieks wat ek glad nie verstaan het nie. Dit gaan oor mense wat sterf en weer skielik wakker word in ʼn ander tydperk en weer leef. Hulle is blybaar nie ontsterflik nie. Baie onrealisties, maar onvoorspelbaar. Dit gaan alles oor wat is realitiet en wat is nie. gelukkig is dit die moeitewerd om na te kyk en vol misterie. Die fliek speel op aarde af en is gebaseer op teleportasies. En dit is baie beterder as ‘The host’ wat my tot in my kleinste toontjie verveel het. Ons het die fliek op video. Die natuur word goed uitgebeeld en wetenskaplike toetse word gedoen om die teleportasies uit te beeld.

The Visitors (1957):

Hierdie fliek was baie besonders. Die karakters het goed hulle rolle vertolk. Alhoewel die fliek in die jaar 1957 uitgekom het en almal bang gemaak het met sy kinders wat boos is deur lewende wesens. Bly dit maar ʼn goeie fliek. Ek het gekyk na die tegnologie van die fliek en nou. Was maar swakkerig as in die moderne typerk. Daar is nie baie natuur gebruik nie, maar baie oor diere, veral voël spesies wat die kinders oppas en beskerm.

Gravity (2013):

Hierdie was een van my gunstelling flieks. Alles het afgespeel in die atmosfeer en het gegaan oor oorlewing daar in die tuig waarin hulle is. En het van die komete gehou en die planeet aarde wat soms gewys is. Dit was ʼn spanningde verhaal van die begin tot die einde toe. (Sandra Bullock speel daaraan). In die fliek is daar nie lewende wesens nie, net die atmosfeer en mense wat probeer om hulle tuig te red en ander ruimtevaders wat in hulle tuig vasgekeer is.

Guardians of the galazy (2014):

Dit was ʼn lekker fliek met bietjie humor in. Daar is baie monsters, pratende diere en lewende wesens in alle kleure in. Hulle voertuie beweeg van een planeet na die ander opsoek na vyande wat hulle moet vernietig. Ek het van die rotse en berge gehou en verskillende karakters. Daar is baie wetenskapfiksie en die kinders geniet die fliek baie. Meeste van die planete het lewe op. Baie aardse dinge is gewys. Bietjie onrealisties, maar oulik.

Dark skies (2013):

Die fliek is tussen drama en misterie. Dit gaan oor ʼn klein gesin wat in ʼn nuwe huis intrek. En skielik gebeur daar vreemde goed in die huis. Die klein seun hoor en sien lewende wesens. Teken kinderprentjies dat hulle hom wil kom haal. Maar op die ou end is dit die groot seun wat die lewende wesens toe kom haal het. Die hele fliek speel af op die aarde. Ek het die fliek geniet. En al die wetenskaplike informasie wat genoem is wat dit baie realisties maak.

Cowboys and Aliens (2011):

Die fliek speel af in die wilde weste en tussen die ‘cowboys’ is lewende wesens. Ek het van die fliek gehou omdat die lewende wesens in die menslike figuur skuil en geen gevare op aarde bring nie. Daar is baie natuurlikheid gebruik. Hoë berge, riviere, die atmosfeer en die diere. Alhoewel die lewende wesens nie almal goed is nie. Die goeie wesens baklei teen die slegtes om die te keer dat die slegte wesens nie die aarde oorneem nie. En die man blameer die wesens vir sy vrou en kinders se dood en wil wraak neem op hulle, want die wesens eksperimenteer op die mense.

Daar is meer flieks wat ek kan noem, maar ek het hierdie wetenskaplike flieks die meeste geniet.

Vir my is die genre uniek, vol verassings en onvoorspelbaar. Ek hou van toekomstige flieks, waar hulle voorspel dat groot komete of astoroïed die aarde gaan tref en die helfte van die mensdom uitwis. Maar die groot vraag is eintlik. Wat van ander planete wat in die aarde se wentelbaan kan binnedring en groot moeilikheid veroorsaak vir ons op die aardbol.

Ek het van die Transformers (2007, 2009, 2011 en 2014) flieks gehou net oor sy oorspronklikheid en natuurlikheid. Baie oor die natuur was gebruik en die atmosfeer. Alhoewel dit net ʼn fiksie flieks is, is dit lekker om na te kyk.

Wetenskapfiksie genre vir my gaan oor die buitensteruimte, selfs ook op die aarde. Die ontwikkeling van nuwe tegnologiese uitvindsels. Nie net flieks is belangrik vir wetenskapfiksie nie, maar ook boeke wat ons lees daaroor. As ek na die boek ‘My Reisgids na die Sonnestelsel’ (2012) verwys wat bedoel is vir kinders en deur Lewis Dartnell geskryf is. Daarin praat hy oor al die planete en nie-planete. Baie interessant en goed vir kinders. Selfs ek het die boek gelees en het dit geniet. Alles is feite daarin.

Eintlik is dit wonderlik en gevaarlik om te weet dat die aarde in die buitenste ruimte rond wandel. En dit is nie fiksie nie. Ons leef in realiteit en daar is biljoene mense op die aarde wat by die dag vermeerder.

Wetenskapfiksie is ʼn genre wat baie mense in vrae laat sonder antwoorde. Ek weet sonder skrywers en hul kreatiwiteit sou wetenskapfiksie nie moontlik gewees het nie. In die fliek Ester (1999), wat gegaan het oor die vrou wat gestenig was omdat sy stry die aarde is nie rond nie, maar ovaal. Sy was gestraf omdat sy haar mense geleer het oor die aaarde en butienste ruimte.

My vrae:
1) Waarom het tegnologie met die buitenstruimte uit te waai?
2) Bestaan lewende wesens regtig?
3) Hoekom is daar nie tyd in die ruimte nie?

Ek glo hoe meer modern die aarde word, hoe groter raak ons nuuskierighied omtrent wetenskaplike sake. So ook ons vrae en antwoorde. Ons weet self nie wat in die buitenste ruimte aangaan nie. Of dit nou komete, newels of die swartgat is, elke uitvindsel is kosbaar en spesiaal om te weet. Dit gee ons ook hoop om die wetenskaplike formules beter te kan verstaan en hoekom dit deel is van wetenskap.

Slotsom:

As ek mooi daaroor nadink, het almal hulle eie menings oor wetenskapfiksie. Sommige sal stry oor die bestaan van lewende wesens wat gedurig kom ondersoek instel op aarde. Seker om ons groei van plantasies te kan verstaan, ook die diereryk en ons vyandskap teenoor mekaar. Terwyl ander glo hulle was al ontvoer deur wesens met groot swart oë, lang groen arms, bene en met ons wil kommunikeer. Illusie is deel van enige genre, sielkundig of te nie. realisites of fiksie. Op die ou end van die dag sal die mensdom altyd onseker wees oor wetenskapfiksie wat ons laat wonder of dit legendaries of feite is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui