M01E01 – 2015 © Evert Pretorius

Wat beteken die wetenskapfikise genre vir my?

Om mee te begin wil ek eers die verskil tussen lewende en vreemde wesens reg uitbeeld, sodat ek nie julle kan deurmekaar maak nie.

Lewende wese: alles op aarde – en is bekend op aarde soos byvoorbeeld: fiona en flora, berge riviere en meer.
Vreemde wese: alles wat in die buitenste ruimte is (buite die aarde) en wat onbekend is byvoorbeeld: ruimtetuie, komete, planete en ruimtevaders en meer.

Nou wil ek ʼn klompie flieks noem wat ek baie geniet het om na te kyk.

Man Of Steel (2013)
Die fliek gaan oor ʼn planeet waarop mense woon wat magte het en omdat hulle planeet vernietig gaan word deur ander vyande, besluit die ouers van Clark Kent, (soos hulle hom op aarde noem), om hom aarde toe te stuur en by hulle groot te word. Clark Kent het ʼn goeie hart en wil almal help. Wanneer hy begin besef hoe magtig hy is, raak dinge moeilik vir hom en Louis Lane agtervolg hom en vind uit wie hy werklik is. Hulle raak betrokke bymekaar en verlief. En toe die vyande die mensdom dreig om Superman vir hulle te oorhandig. Besluit Superman om sy ware identiteit te ontbloot en die aarde te red van die vyande. Sy vyande besluit om die aarde te omskep in ʼn nuwe een en dreig Clark Kent om almal vir wie hy lief is dood te maak, as hy hulle nie help nie.

In die fliek Man of Steel (2013) is daar baie wetenskapfiksie gebruik, soos byvoorbeeld:

  • Aardrykskunde: die natuurlike gebruik van gronderosie, wolk veranderings en diereryk.
  • Buitensteruimte: alhoewel daar nie ʼn planeet ontstaan wat gevestig is met mense vol magte nie, was dit goed uitgebeeld om komete, mane en sonne aan die fliek liefhebbers te wys.
  • Lewende wesens: in die fliek was daar geen vreemde wesens, net lewende wesens wat probleme ondervind met die vreemdes van die ander planeet. Hier word ook alles uitgebeeld wat op aarde is: geboue, riviere, diere, strate, tegnologie en meer).

Dit is een van die soort flieks wat ʼn mens net kan van droom om eendag te ondervind met al sy magte, tegnologie en tuie. Ander soortgelyke flieks is: Superman Return (2006), Superman the movie (1978), Superman: My favourites (kinderfliek) (2004), Superman three (1983) en Superman four (1987).

My volgende fliek is tussen fantasie en wetenskapfiksie. En die rede waarom ek dit opnoem, is omdat die fliek vir my besonders is van die gemengde genre.

X-Men flieks (2000, 2003, 2006, 2009, 2011, 2013 en 2014)
Hierdie flieks het ʼn bietjie van als in byvoorbeeld:

  • ʼn Tuig wat kan verdwyn, vreemde wesens met magte, goeie en slegte lewende wesens en ʼn eiland waarvan ons net kan droom – wat bestaan uit mutante wat daar oorheers.
  • Wie sal tog nie daar wil gaan woon nie? En boonop alles sal jy sommer veilig en slim voel? Maar wees ook maar gewaarsku om magte te hê kan dodelik wees en net almal om jou omkrap.
  • Professor X, het die beste magte: om mense se gedagtes te lees en uit te vind waar die ander mutante wegkruip om hulle te red.

Boonop alles is die reekse interessant en vol avontuur om na te kyk, maar ander mense is moeg vir die soort flieks en soek na ander flieks soos The Fantastic Four, ou weergawe (1994), nuwe weergawes, The Fantastic Four (2005), The Fantastic Four: Rise of the Silver Surfer (2007) of Battelship (2012).

X-Men speel op die aarde en alle Aardrykskunde is uniek. Dit is net die mensdom wat verskillend is en nie die mutante wil aanvaar met magte nie. Hulle word gesien as ʼn dreiging vir die werêld.

Wat ek meeste van die flieks gehou het is die feit dat hulle oorspronklik is en tussen goed en sleg kan onderskei, want die boosheid kan nie veraltyd oorwin nie. En die laaste fliek van X-Men (2014) het dit goed geeindig, waar Wolverine die eintlike hero in die verhale is. Net soos in sy ander flieks, The Wolverine (2013) en X-Men Origins: Wolverine (2009)

Hier gaan ek ander flieks noem wat op video is, hopelik is van hulle op DVS beskikbaar:

Earth girls are easy (1989)
Nie die soort fliek waarvan almal sal hou nie. Dit gaan oor ʼn ruimtetuig wat in ʼn swembad beland en dan raak hulle verlief op die mooi meisies in die swembad en hoe die vreemde wesens alles ondervind. Ek sal hierdie fliek aanraai vir Laerskool leerders, maar dit is eintlik bedoel vir grootmense.

Pitch black (2000)
Die fliek is deel van Riddick (2013) en The Chronicles of Riddick (2004). Die flieks speel meestal af op ander planete en is gefokus op stofstorms en hitte omstandighede. Boonop is daar baie vreemde wesens en dierlikes wat daar woon. In die laaste fliek word Riddick (2013) bevriend met ʼn reuse wit hond wat hom beskerm teen groter vyande en vreemde dinge. Ek het van die vreemdheid gehou en die lewense wesens wat hom probeer vang, maar misluk. Dit is vyfster flieks wat gekyk moet word en baie Aardrykskunde word hier uitgebeeld soos byvoorbeeld: rotsveranderings, stofstorms, die mensdom en laastens die atmosfeer.

He-Man and the Master of the Universe, kinderflieks (volumes 8 en 10) (albei is 2008)
Dit is baie oulike storietjies vir kinders van alle ouderdomme. Dit speel af in kleur en van lewende wesens wat baie magte het. Daar is baie vreemde wesens en towerkuns. Die flieks is tussen fantasie en wetenskapfiksie. Vol verassings en avontuurlik. Baie van die natuur is hier gebruik en dinge tussen die goed en kwaad word goed geonderskei. Die kinderflieks het alles te doen met die buitensteruimte en wat die mensdom alles met hulle magte kan doen om die boosheid te vernietig.

Ander flieks wat kinders ook sal intriseer:
Escape from Planet Earth (2013), Planet 51 (2009) en The Avengers (2012). En nog twee flieks vir die grootmense, Demoliton Man (1993); dit is een van my gunstelling flieks, omdat dit vol aksie is en in die toekoms afspeel, en Event Horizon (1997); die is ʼn horror fliek en is grillerig. Dit gaan oor ʼn ruimtetuig wat jare gelede verdwyn het en weer verskyn en spog met geheime en nagmerries.

Opsomming:
Ek dink wetenskapfiksie is meer as net rolprente en boeke. Dit gaan ook oor vreemde wesens en hoe ons van hulle verskil. Hulle tegnologie is beterder as onsin en ek dink ons mensdom kan baie dinge by hulle leer.

Hulle bestaan al voor ons tyd en weet meer van die aarde se wonderwerke as wat ons dink.

Hier is ʼn paar vrae waaroor ons kan dink:

  1. Hoe het vreemde wesens ontstaan?
  2. Hoekom is hulle tegnologie beterder as onsin?
  3. Waar kry hulle die gereedskap vandaan om hulle ruimtetuie te bou?
  4. Wanneer hulle die aarde kom besoek. Waarna soek hulle op aarde en hoekom?

Soveel kopkrap vrae, moet beantwoord word. Die waarheid oor vreemde wesens kan nie veraltyd ʼn geheim bly nie en alles wat onbekend is gaan uit die donkerte stroom en in die lig ontbloot word… Een of ander tydperk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui