M01E2 – 2014 © Evert Pretorius

Oefening 1.3
Oorweeg ʼn WF-teks wat u ken en;

  • Plaas dit in ʼn subgenre en bespreek tot hoe ʼn mate dit ooreenstem met die subgenre se sentrale idees; en;
  • Is daar eiemate uit van die ander subgenres teenworodig? Bespreek.

My stuk van gekiesde teks is:
Terra Piering een (1), 1979, (Daan Rerief Uitgewers), Juan Sadie.

Ek het van die sesde hoofstuk gehou, want dit was interessant gewees en vreeslik oulik met die beskrywing van die ruimtetuig wat hulle ontwerp het.

Alhoewel die verhaal eintlik bedoel is vir die jeug, het ek as volwassene die verhaal baie geniet. En beveel aan dat volwassenes ook maar gerus die storietjie kan lees. Die illustrasies is besonders goed geteken en wys die emosies op hul gesigte en elke prentjie wat in die verhaal is. En die illustrasies is gedoen deur Friedel Eloff.

Nou wil ek hier die teks plaas en daarna bespreek in watter subgenre(s) die teks pas:

“Soos pa kan sien, het ʼn vlieënde piering ʼn groot oppervlakte. Dit beteken dat daar baie plek vir kragvelde is. Die aardrywing van die tuig geskied mos deur middel van polaritiet. Die vorm van ʼn vuurpyl is langwerpig en uiters ondoeldreffend vir hierdie doel,’’ verduidelik Albert aan sy pa op die stuk papier voor hulle op die tafel.

“Ja-nee, Albert, ek kan nie anders as om met jou saam te stem nie. Maar jy weet, ek dink nou net aan iets. So ʼn vorm behoort baie sterker as ʼn langwerpige vorm te wees, en nog ʼn ding, dit behoort makliker in atmosfeer beheer te word. Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer begin ek van jou idees hou.’’

“Met ander woorde ek kan aanneem dat ons ruimtetuig ʼn piering gaan wees?’’ wil Albert gretig weet.

“Net so,’’ beaam Karel. “Van nou af praat ons van die piering en nie meer van die ruimtetuig nie.’’

“Pa weet seker dat terra aarde beteken. Nou-ja, dan doen ek ʼn voorstel dat ons piering Terra Piering 1 noem.’’

“Terra Piering 1 sal sy naam wees,’’ stem Karel in.

“Nou-ja, Pa, dan sal ons twee moet begin om die piering se planne op te trek en die materiaal te bestel.

So gêse, so gedaan. Dit neem Albert en Karl twee dae om die planne op te trek. Die kajuit van die bemanning strek reg rondom met die suurstoftenk in die middel. Aan die bokant loop ʼn ry vensters reg rondom en dit het vier kleiner vensters aan die onderkant. Die vensters het almal sonskerms wat aan die binnekant van die piering gemonteer is wat verskuif kan word om die bemanning teen die skerp sonlig te beskerm. Die pieringse lengte-deursnee is agt meter terwyl die breedte drie meter is.

Nou genoeg van die teks en meer oor die subgenres. Ek het die volgende subgenres vir die teks gekies:

Harde Wetenskapfiksie

Daar is niks fantasie in die teks nie en geen romanse is in die hele verhaal nie. En dit is in hoë standaard Afrikaans geskryf, maar is duidelik leesbaar en verstaanbaar vir enige persoon om dit te lees. Dit vertel van uitstekende akkurate wetenskaplike kennis.

Nou waarom sê peiring, as jy kan Terra piering eerder sê? En Terra beteken aarde. So dit is ʼn aardse piering wat deur lewende wesens gemaak word om te gaan reis.

In die teks, praat Karel van suurstoftenks, lengte-deursnee en die aardrywing van die ruimtetuig geskied mos deur middel van polaritiet.

Dit is duidelike tekens van harde wetenskapfiksie. En ek hou van harde wetenskapfiksie, want dit is meer verder gevorderd as sagte fiksie.

Selfs die tekeninge is harde wetenksapfiksie, want (Friedel Eloff) het die ruimtetuig goed uitgebeeld as ʼn piering op bladsy 15 en op bladsy 16, die bou van die tuig en op bladsy 19 hoe die ruimtetuig se sitplekke lyk en vensters. Dan op bladsy 24, hoe Karel die ruimetuig bestuur.

Is daar ander subgenres teenwoordig in die teks?

Ja, definitief. Veral wat die Aardse Wetenskapfiksie betref. Die teks dui duidelik aan van lewende wesens (alles wat bekend is op aarde). So ook ruimte verkenning speel ʼn groot rol in die hele verhaal en intelligensie ook van Albert. Veral in die hoofstuk agt, waar hulle die ruimtepiering gaan uittoets het en geslaag het in die ruimte. Alhoewel in hoofstuk elf, is daar eerste kontak van wesens en hulle verduidelik uitstekend van mars en die maan. En Karl en Albert vind alles interessant, veral met die plant en dierelewe.

Om ʼn goeie voorbeelde te gee:

Kunsmatige Intelligensie (K.I.)
In die teks en die hele verhaal praat hulle gedurig oor die Terra Piering (aardse pieiring). En dit is baie interessant hoe hulle oor die hele tuig praat: hoe Karel en Albert die tuig bestuur en gebou het.

Ek sal stry dat daar wel rekenaarvaardigheid in is en ʼn bietjie menslike ontwikkeling, want Karel leer Albert verstandelike vermoeëns. Karel verduidelik vir Albert hoe die piering gebou moet word, veral dat hulle dit reggekry het om ʼn ruimtetuig te bou in die moderne wêreld en kan dit later uitstal vir toekomstige gebruike vir mense om dit te bewonder.

Of dalk eendag dit moontlik maak vir wetenskaplikes om hulle ruimtetuie self te bestudeer en te gebruik om na planete te reis. Dalk nog Karel en Albert se idee te gebruik vir nuwe toekomstige motors wat kan vlieg.

Dink net hoe lekker dit sal wees?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui