M02E1 – 2015 © Anke Norris

Oefening 1

My persoonlike gevoel rakende die stuk:

Ek vind dit baie deurmekaar en onprofessioneel op die eerste oog af. Daar is geen kernsin aan die begin of einde nie. Daar is hopeloos te min leestekens en nie op die regte plekke nie. Die sinne is onsamerhagend. Dis ook ʼn direkte oorvertaling van Engels na Afrikaans. Baie taal en spelfoute. Die sinsnedes, woordvorme, leestekens, ens., alles is deurmekaar.

My gekorrigeerde weergawe:

“Die Generaal is ʼn kort, oorgewig man. Die laaste voorsitter van die Veiligheidsraad van die Unie, net voor hulle dit ontbind het, sewe jaar gelede. Nou is hy ʼn nuut verkose lid van die Grondlegging van Ontdekkings en Kolonisasie van Planete en Mane – ʼn sub – afdeling van die Unie – en befondsing kom uitsluitlik van private maatskappye. Hy was in beheer van Therese en het ʼn span wetenskaplikes bymekaar laat kom. Daar was die moontlikheid van kolonisasie, en of die planeet lewensvatbaar is vir die handhawing van ʼn kolonie, dit te bepaal. Hy het veral gevra vir die Ridder Moordenaars, om sekuriteit op Therese te voorsien. In reel 2133/11/BESKERM bepaal dit dat alle ontdekkingsreise op ʼn nuwe projek sekuriteit moet he vir ten minste die eerste ses maande by aankoms. Hulle is van Marda ingevlieg ten koste van die Unie. Dit was hulle derde jaar op die planeet Therese.”

My akademiese verduideliking (in hakies en in rooi):

Oorspronklike sin:

“Die Generaal is ʼn kort oorgewig man wat die laaste voorsitter van die Veiligheidsraad van die Unie, net voor dit ontbind sewe jaar gelede.

My veduideliking:

“Die Generaal is ʼn kort, oorgewig man. (kort-ww.)(oorgewig-beskryf hoe hy lyk)

(Die laaste voorsitter van die Veiligheidsraad van die Unie, net voor hulle dit ontbind het, sewe jaar gelede.) – (dis in hakies oor dit beskryf wat die Generaal se posisie was).

Oorspronklike sin:

Hy is nou ʼn nuut verkose lid van die grondlegging van ontdekkings en kolonisasie van planete en mane – ʼn sub – afdeling van die Unie se befondsing kom uitsluitlik van private maatskappye.

My verduideliking:

(Nou is hy) ʼn nuut verkose lid van die (G)rondlegging van (O)ntdekkings en (K)olonisasie van (P)lanete en (M)ane, (ʼn sub-afdeling van die Unie), (en) befondsing kom uitsluitlik van private maatskappye.

Ek het die sin begin met ‘nou is hy’ en ‘G’;’O’;’K’;’P’ en ‘M’ in hoofletters geskryf omdat dit die naam van ʼn organisasie is. Die kommas en die hakies is bygevoeg en in rooi om die sub-afdeling te beskryf en ek het die woord ‘en’ voeg die sin wat begin met befondsing… saam.

Oorspronklike sin:

Hy was in beheer van Therese en bymekaar laat kom die span van wetenskaplikes self, die moontlikheid van koloniserende en of die planeet was lewensvatbaar vir die handhawing van ʼn kolonie te bepaal.

My verduideliking:

Hy was in beheer van Therese en (het ʼn span wetenskaplikes bymekaar laat kom. Daar was) die moontlikheid van (kolonisasie,) en of die planeet (lewensvatbaar was) vir die handhawing van ʼn kolonie (, en dit te) bepaal.

Dit in hakies is in rooi-die woordorde is verander. Die sinne is in die verlede tyd. Ek het die woord ‘kolonisasie’ gebruik, dit is ʼn versamelnaam wat ʼn klomp mense voorstel wat ʼn plek/planeet koloniseer. Ek het ook die woord ‘en’ as voegwoord gebruik tesame met ‘dit te’ om te wys hoe die sin met bepaal eindig.

Oorspronklike sin:

Hy het veral gevra vir die Ridder Moordenaars, om sekuriteit op Therese te voorsien.

My verduideliking:

Hy (het veral gevra) vir die Ridder Moordenaars, (om) sekuriteit op Therese te voorsien.

In hakies en in rooi is ook in verlede tyd geskryf. Die woord ‘om’ verduidelik waarom daar sekuriteit is.

Oorspronklike sin:

Dit bepaal in reel 2133/11/BESKERM, dat alle ontdekkingsreise op ʼn nuwe projek sekuriteit moet ten minste vir die eerste ses maande by aankoms.

My verduideliking:

(In reel 2133/11/BESKERM, bepaal dit) dat alle ontdekkingsreise op ʼn nuwe projek sekuriteit moet hê (vir ten minste) die eerste ses maande by aankoms.

Ek het in hakies en in rooi net die woordorde verander omdat dit ʼn direkte Engelse vertaling was en daar nie so in Afrikaans geskryf word nie.

Oorspronklike sin:

Hulle is van Marda gevlieg in ten koste van die Unie en dit was hulle derde jaar in die planeet Therese.”

My verduideliking:

Hulle is van Marda (ingevlieg) ten koste van die Unie(. D)it was hulle derde jaar op die (P)laneet Therese.”

My veranderings is in hakies aangebring. Ek het die woorde ‘gevlieg’ en ‘in’ saamgesit-‘in’ as koppelwerkwoord en ‘gevlieg’ as die aksie in verlede tyd. Ek het die sin korter gemaak met ʼn punt agter Unie en die nuwe sin begin met ‘D’ in ʼn hoofletter. Dan ook die ‘P’ van planeet as hoofletter om aan te dui dis nie net ʼn gewone planeet nie.

Herskryf die stuk in eie woorde in minste woorde sonder die wegneem van idees:

“Die Generaal was ʼn kort, oorgewig man, laaste voorsitter van die Veiligheidsraad van die Unie, voor dit ontbind was sewe jaar gelede. Nou is hy ʼn nuwe lid van Die Grondlegging van Ontdekkings en Kolonisasie van Planete en Mane, (ʼn sub-afdeling van die Unie). Befondsing kom van private maatskappye. Hy was in beheer van Therese en het ʼn span wetenskaplikes bymekaar laat kom. Daar was bepaal dat daar ʼn moontlikheid was van kolonisasie, of die planeet we’ll lewensvatbaar was vir die handhawing van ʼn kolonie. Om sekuriteit op Therese te kon voorsien, het hy aangevra vir die Ridder Moordenaars. Volgens reel 2133/11/BESKERM, bepaal dit dat alle ontdekkingsreise op nuwe projekte sekuriteit moet he by aankoms vir ten minste ses maande. Hulle is ten koste van die Unie van Marda ingevlieg. Dit was hulle derde jaar op die Planeet Therese.”

Oefening 2

Stel ʼn volledige lys saam van:

Versamelname(s.nw) met gepaste Afrikaanse wetenskapfiksiesin:

bagasie – “Kaptein, die bagasie van Erland het met ʼn ligtonnel verdwyn!”

bank – ʼn Bank wolke verskyn op die horison, amper deursigtig, gevaarlik…

skool – Pasop vir daardie skool visse! Hulle is geproggrameer om dood te skok!

tros – Daardie tros druiwe is met nanotegnologie geskep.

sinode – Die sinode het besluit almal moet eenvormige uniform dra.

woud – Die woud is geskep deur weerkaatsing in tegnologie.

groep – Ek sien net ʼn groep skoolmeisies, nie die androide wat hulle regtig is nie.

Idiome met hul korrekte betekenis:

Jan tree more in die eg – Jan trou more.

Ons moet kop bymekaarsit – Ons moet dink.

Hulle is al weer kop in een mus – Daar is ʼn misverstand tussen hulle.

Hy is net ʼn jabroer – Hy se ja vir alles.

Haastige hond verbrand sy mond – Moenie jaag nie, wees kalm.

So ʼn tweestertjakkals – So ʼn liegbek.

Spreekwoorde, segswyses en spreuke:

Spreekwoorde:

Is ʼn stukkie waarheid wat in die volksmond ontstaan het en as ʼn algemene waarheid beskou word.

Bv. Hy staan met sy een voet in die graf. (Hy is so na aan die dood asof sy een voet reeds in die graf is.). Dit word vaste uitdrukkings genoem.

Segswyses (word ook gesien as idiome):

Dit het ʼn dieper betekenis wat uit tradisies, geskiedenis en leefwyse van ʼn volk gegroei het. Daarom is idiome of segswyses in Afrikaans nie noodwendig in Engels beskikbaar nie. Dit maak baie gebruik van figuurlike spraak.

Bv. Jy kan dit vir die bobbejane vertel. (Dit beteken: Ek glo jou nie.)

Piet is been-af op Sannie. (Dit beteken: Piet is verlief op Sannie.)

Spreuke:

Dit bevat altyd sedeles. Dit word ook gesegdes genoem. Dit is dikwels vaste sinne wat een of ander waarheid verkondig en waarvan die betekenis maklik afgelei kan word uit die woorde van die sin. Dit is gewoonlik nie deel van die woordeskat nie, maar word we’ll as geheel aangeleer.

Bv. Hoe korter jy hou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

My oupa het altyd gesê: “Jy krap met ʼn kort stokkie aan ʼn groot leeu se gat.”

Salomo het gesê: “Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry.”

Stel ʼn volledige lys saam van sinonieme:

Sinonieme word beskryf as woorde of uitdrukkings wat min of meer dieselfde betekenis het. Mens gryp soms na die eerste beste woord. Ons moet keurig wees met ons woordkeuse.

Bv. aandoenlike – Dit was ʼn aandoenlike toneel toe die man en sy vader mekaar na al die jare ontmoet.

treffende – Die treffende beskrywing van die gebeurtenis het ons almal beindruk.

gevoelig – Wat dit betref, is Marie baie gevoelig.

baldadig – Die manne was so baldadig na die eksamen dat hulle die hele wêreld op horings geneem het.

uitgelate – Ons het uitgelate soos ʼn klomp kinders op die strand gebaljaar.

lewenslustig – Dit is pragtig om te sien hoe opgewek en lewenslustig die dames op ʼn lentemore saamsing.

mededinger – Alle mededingers om die Venus-trofee moet op die grond bymekaarkom.

konkurrente – Die twee firmas verkoop dieselfde ware en is gevolglik konkurrente.

teestander – Ek het al begin suf word, maar my teestander in die skaaktoernooi was nog fiks.

noodsaak – Sake noodsaak die majoor om dikwels lank van sy huis af weg te wees.

verplig – Ons word verplig om aan minstens een sportsoort deel te neem.

dwing – Dit help nie om ʼn kind te dwing om ʼn rigting te volg waarin hy nie belangstel nie.

oombliklik – Die man wat in die ysige see oorboord geval het, moet oombliklik dood gewees het.

dadelik – Toe die generaal binnekom, het ons dadelik stilgebly.

skielik – Ek het onraad vermoed toe hulle skielik van iets anders begin praat.

pand – Ek het geen krediet by my gehad nie en het toe maar my horlosie as pand gegee.

waarborg – Watter waarborg het ek dat jy die krediete sal teruggee?

sekuriteit – Jy kan darem nie sonder sekuriteit krediete in daardie onderneming bele nie.

referaat – By die kongres het mnr. Muller ʼn interessante referaat oor jeugmisdadigheid gelewer.

verslag – Die kommissie meld sy verslag dat toestande binne ʼn paar jaar behoort te verbeter.

lesing – Die lektor het in sy lesing verwys na wat hy die vorige dag gesê het.

weersin – Ek begin ʼn weersin in die man kry, want hy kan oor niks anders as sy prestasies praat nie.

afkeer – Jy weet dat jou ouers ʼn afkeer het van swak swak maniere.

hekel – Ek het ʼn hekel aan al die formaliteite.

teesin – Jy hoef darem nie die werk met soveel teesin te doen nie.

Antonieme:

ʼn Antoniem is ʼn woord wat die teenoorgestelde is van ʼn sekere woord. Kyk na die woord suinig; die antoniem vir die woord suinig kan waarskynlik spandabelrig wees. Dit mag korrek wees, maar ʼn persoon wat nie suinig is nie, is nie noodwendig spandabelrig nie. Dit is slegs ʼn ander uiterste. Die persoon kan spaarsaam of vrygewig wees. Soos gesien, tref mens nie slegs uiterstes aan nie, maar mens moet spesifiek wees met mens se antonieme woordkeuse om “presies” te se wat u bedoel.

Soos bv. dag – nag

warm – koud

aan – af

aanloklik – afstootlik

aanstel – afdank

aanvaar – verwerp

aanvallend – verdedigend

baas – Klaas

baie – min

bakboord – stuurboord

begin – eindig

chronies – akuut

dagklere – nagklere

dapper – lafhartig

Trappe van vergelyking:

Daar is woorde waarvan die trappe met verskillende woorde gevorm word,bv. baie, meer, meeste. In bepaalde gevalle is daar in die vergrotende trap ʼn vermindering van die getal geskrewe klinkers van woorde met lank uitgesproke vokale klanke, bv. broos, broser, broosste of vaal, valer, vaalste. Daar is twee s’e in die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op -s eindig, bv. broos, broser, broosste of skaars, skaarser, skaarsste(maar let op nat, natter, natste). Dat langer byvoeglike naamwoorde se vergrotende en oortreffende trap nie noodwendig deur meer en mees gevorm word nie, soos by doeltreffend, doeltreffender, doeltreffendste.

Bv. aaklig, aakliger, aakligste

baie, meer, meeste

bietjie, minder, minste

boos, boser, boosste

breed, breer, breedste

donker, donkerder, donkerste

fris, frisser, frisste

gaaf, gawer, gaafste

gaar, gaarder, gaarste

geel, geler, geelste

goed, beter, beste

graag, liewer, graagste

jonk, jonger, jongste

kwaad, kwater, kwaadste

kwaai, kwaaier, kwaadste

lank, langer, langste

laag, laer, laagste

leeg, leer, leegste

liefdevol, liefdevoller, liefdevolste

lig, ligter, ligste

loslippig, loslippiger, loslippigste

moeg, moer, moegste

morsig, morsiger, morsigste

ontstellend, ontstellender, ontstellendste

oud, ouer, oudste

presies, presieser, presiesste

romanties, romantieser, romantiesste(of meer romantiese, die mees romantiese)

ruig, ruier, ruigste

sag, sagter, sagste

snelbewegende of snel bewegende, meer snelbewegende of meer snel bewegende, die mees snelbewegende of die mees snel bewegende of die snels bewegende (nie die snel bewegendste nie)

tevrede, meer tevrede, die mees tevrede

vaag, vaer, vaagste

verlate, meer verlate, die mees verlate

verlee, meer verlee, die mees verlee

vroeg, vroeer, vroegste

vrygewig, vrygewiger, vrygewigste

weinig, minder, minste

(Byvoeglike naamwoorde soos dood, enig, uniek, volmaak, volkome en ander kry normaalweg geen vergrotende en oortreffende trap nie. Moet dus nie sulke trappe probeer skep wanneer jy skryf nie want dit gaan iets belaglik wees soos bv.: “Hierdie voel is dood, maar daardie een is die doodste van die twee.” Daar is nie meer dood as dood nie.

Die reëls by verkleinwoorde:

ʼn Verkleinwoord (of diminutief) is ʼn vorm van ʼn woord wat dui op ʼn kleiner vorm van ʼn voorwerp. Dit word gevolglik hoofsaaklik met selfstandige naamwoorde gebruik, maar ander woorde kan ook verklein word. Verkleiningsvorme het soms ʼn figuurlike, simpatieke, sarkastiese of eufemistieke betekenis, en word ook soms vir troetelname gebruik.

In die meeste tale word ʼn verkleiningsvorm gevorm deur ʼn agtervoegsel en/of ʼn ekstra verbuiging van die oorspronklike woord. In Afrikaans word die agtervoegsels -tjie, -jie, -pie, -kie en -ie saam met ʼn paar verboe vorms gebruik. Hierdie vorme asook die gebruik van verkleiningsvorme stem grootliks ooreen met die gebruik van Nederlands.

Die gebruik van verkleinwoorde is so algemeen in Afrikaans dat die verkleiningsvorme in enkele gevalle meer algemeen geword het as die aanvanklike vorm, of selfs die enigste algemeen gebruikte vorm geword het.Bv. Bietjie, netjies, baadjie, mandjie, boontjie, vlokkie, seeperdjie.

In sekere gevalle word slegs ʼn verkleinde vorm van ʼn woord gebruik, al is die aanvanklike vorm steeds in gebruik. In sekere gedagtes word ʼn sekere verkleiningsvorm altyd gebruik,bv: Hy het sy bloutjie teegekom, Boontjie kry sy loontjie. In party gevalle is die verskil in betekenis tussen die aanvanklike en die verkleinde vorm so groot dat hulle nie werklik uitruilbaar is nie. So bv. is ʼn nuweling ʼn groentjie, maar nooit ʼn groen of ʼn groene nie. By babadiere word verkleinwoorde baie gebruik, bv. leeutjie vir ʼn welpie, eerder as leeu.

Soms kan verkleining ook dui op ʼn verandering in betekenis of gevoel. So is figuurlike gebruik, simpatie, sarkasme of eufemisme moontlik teenwoordig in die gebruik van ʼn verkleinwoord.

Bv. Is jou hartjie seer?( Simpatie)

Die omie het ʼn boepie, of; Die mannetjie sal sy moses teekom. (Sarkasme)

Ons het ʼn probleempie.(Eufemisme)

Verkleinde vorms kan ook gebruik word vir troetelname: Bokkie kan gebruik word vir ʼn geliefde, maar daardie betekenis is minder algemeen in bok.

Alhoewel verkleining hoofsaaklik by selfstandige naamwoorde gebruik word, kom dit ook voor by ander woordsoorte. Bywoorde kan verklein word, bv. saggies, stilletjies. Verkleining van ʼn byvoeglike naamwoord kan gebruik word om die woord te verander in ʼn selfstandige naamwoord. Bv. slim->slimmie, lank->langetjie. Werkwoorde word ook soms verklein, veral as met klein kinders gepraat word; dit is veral algemeen by woorde wat normaalweg slegs in hul verkleinende vorme gebruik word, bv. baadjietjie, boompietjie. Die uitspraak van die -tjie en -djie as -kie, asook die verandering in uitspraak by sekere verkleiningsvorme(bv. baatjie, bladjie, glasie, handjie) is waarskynlik deel van Afrikaanse uitspraak wat die verste verwyderd is van die spelling.

Aangesien al drie klanke: -tjie,-djie en -kie uitgespreek word, ontstaan ʼn paar gevalle waar verskillende verkleinwoorde dieselfde of baie soortgelyk uitgespreek word. Vergelyk bv. boortjie(klein boor) en boordjie(klein boord, of ʼn boordjie). In die meeste gevalle sorg verbuigings van die voorafgaande klanke van die onverboe woord dat gevalle onderskei kan word. So word bakkie en badjie nie identies uitgespreek nie, aangesien die vokaal in die tweede geval verbuig word na ʼn ai-klank. Enkele gevalle is egter selfs op skrif identies en slegs konteks kan aandui watter woord verklein is. Vergelyk bv. houtjie(klein hout) en houtjie(klein hou).

Hier volg ʼn paar voorbeelde van verkleinwoorde:

album – albumpie

b – b’tjie

bal – balletjie

blad – blaadjie

donkie – donkietjie

ertjie – ertjietjie

foto – fototjie

gat – gaatjie

gesin – gesinnetjie

glas – glasie

graf – graffie

huis – huisie

tak – takkie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui