M02E2 – 2015 © Anke Norris

Die Korrekte Gebruik van Lees- en Skryftekens
2015 © Anke Norris

Oefening 1
Stel ʼn lys op van die algemeenste foute, verwarring en verkeerde gebruik vir elk van die bogenaamde lees- en skryftekens. 

(Algemene fout) -> (Korreksie)

DIE PUNT (.)

  • Dr Winterboer trek sy skouers op -> Dr. Winterboer trek sy skouers op.

DIE KOMMA (,)

  • “Ek kom van Jupiter.” sê Zyzik. -> “Ek kom van Jupiter,” sê Zyzix.

DIE KOMMAPUNT (;)

  • Ons sonnestelsel is verteenwoordig, so ook Proxima Centauri. -> Ons sonnestelsel is verteenwoordig; so ook Proxima Centauri.

DIE DUBBELPUNT (:)

  • Onthou om die volgende saam te bring, slaapsak, flits, waterbottel en ʼn hoed. -> Onthou om die volgende saam te bring: slaapsak, flits, waterbottel en ʼn hoed.

DIE AANHALINGSTEKENS (” ‘ ‘ “)

  • Dit was baie interessant! sê Susan. -> “Dit was baie interessant!” sê Susan.
  • Kobus sê: Susan het Skote Petoors! geskree toe sy die antwoord kry. -> Kobus sê: “Susan het ‘Skote Petoors!’ geskree toe sy die antwoord kry.”

DIE VRAAGTEKEN (?)

  • “Wat gaan aan. Wat het nou weer gebeur.” vra Sonja. -> “Wat gaan aan? Wat het nou weer gebeur?” vra Sonja. 

DIE UITROEPTEKEN (!)

  • “Toe, loop nou.” beveel sy die kinders. -> “Toe, loop nou!” beveel sy die kinders.
  • As hulle my maar net gesê het. -> As hulle my maar net gesê het!
  • Jy is ʼn mooi een om my so te bedrieg. -> Jy is ʼn mooi een om my so te bedrieg!

DIE HAKIES ([{}])

  • Ek was gister, vrydag, by die dokter. -> Ek was gister (Vrydag) by die dokter.
  • Die sesde deel van Mozart se Requiem staan bekend as die Agnus Del, Lam van God. -> Die sesde deel van Mozart se Requiem staan bekend as die Agnus Del (Lam van God).
  • Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar. Spar is ʼn groot, internasionale kettingwinkel. -> Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar. (Spar is ʼn groot, internasionale kettingwinkel.)
  • Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar, ʼn groot, internationale kettingwinkel. -> Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar (ʼn groot, internasionale kettingwinkel).

DIE AANDAGSTREEP (-)

  • Ek wil jou meer vertel van die Babeloniërs, maar wag, ek sal dit liewer later doen. -> Ek wil jou meer vertel van die Babeloniërs – maar wag, ek sal dit liewer later doen.
  • Hy is uiteindelik hier, maar nie alleen nie. -> Hy is uiteindelik hier – maar nie alleen nie.
  • Jy sal, soos jy teen dié tyd weet, my nie kan flous nie. -> Jy sal – soos jy teen dié tyd weet – my nie kan flous nie.
  • Dat ek so iets gesê het, dit wou sy nie glo nie. -> Dat ek so iets gesê het – dit wou sy nie glo nie.
  • Die wanorde, totale wanorde in die stadsraad. -> Die wanorde – totale wanorde in die stadsraad.
  • “Pasop! Die reaktor gaan…” -> “Pasop! Die reaktor gaan -“

DIE AKSENTTEKENS/KLEMTEKENS
DIE AKUUT (‘)

  • Wat doen jy na skool? -> Wat doen jy ná skool?
  • Hy reis more na Amerika. -> Hy reis môre na Amerika.
  • Sy soek die sleutel. -> Dié sleutel lyk anders as die res.
  • Die goed is darem duur! -> Die goed is darem dúúr!
  • Jy moet of die blou rok of die groene dra. -> Jy moet óf die blou rok óf die groene dra.
  • Hy is nog vis nog vlees. -> Hy is nóg vis nóg vlees.
  • Attaché, cliché, négligé, séance.
  • Esmé, René, Cronjé, Fouché.

DIE GRAVISTEKEN (`)

  • Appèl, dè, hè, nè.
  • Crėche, pietà, première
  • Hélène, Thérèse.

DIE AKSENTTEKEN (‘)

  • Lúi, dié.

DIE ASTERISK/STERRETJIE (*)

  • In die teks “*…so het dit gebeur*.”

DIE ELLIPS / WEGLAATTEKEN / BELETSELTEKEN (…)

  • Die deur skuif oop en voor my staan die…
  • O! My…wat gebeur nou?
  • Sy het aan my gesê…
  • Hy was…
  • Marius was ontsteld oor…
  • Sarie was woordeloos…
  • Was sy dan maar nie ʼn mooie meisie nie…

DIE DEELTEKEN (ë)
Sonder deeltekens  ->  Met deeltekens:

  • Breed  ->  breër
  • Gereeld(dikwels)  ->  gereëlde(beplan, bv. ʼn onthaal)
  • Dieet  ->  diëte
  • Jeens  ->  bejeën
  • Eie  ->  geëien
  • Leeg  ->  leë
  • Snee  ->  sneë
  • Beïnvloed, reünie, heroïen, proteïen, mikroörganisme.
  • Aërobies, aërosol.
  • Geëien -> toe-eien
  • Beëdig -> see-eend
  • Beïnvloed -> eeue-oue
  • Kommersieel -> kommersiële
  • Residensieel -> residensiële
  • Finansieel -> finansiële
  • Kobraägtig -> kobra-agtig
  • Babaägtig -> baba-agtig
  • Sebraägtig -> sebra-agtig

KOPPELTEKEN (-)

  • eweeens -> ewe-eens
  • Buiteregtelik -> buite-egtelik
  • Siele-adel -> sieleadel
  • Hande-arbeid -> handearbeid
  • Wilde-als -> wildeals
  • Kommandeurgeneraal -> kommandeur- generaal
  • Assistentgeneraal -> assistent – generaal
  • Ons moet wag dat Leon hulle kom kuier. -> Ons moet wag dat Leon-hulle kom kuier.
  • Die aspirant vlieenier kan nie wag vir sy eerste vlug nie. -> Die aspirant-vlieënier kan nie wag vir sy eerste vlug nie.
  • Die baba loop waggel waggel die gang af. -> Die baba loop waggel-waggel die gang af.
  • Die verpleegster gee haar pasiënt bietjies bietjies kos met ʼn lepel. -> Die verpleegster gee haar pasiënt bietjies-bietjies kos met ʼn lepel.
  • Die kinders speel vanaand weer toktokkie by die bure se deur.
  • My broer is nou deel van die populasie van Groot-Brittanje.
  • Die gesin gaan nou Wes-Duitsland binne.
  • Die kinders speel by die wag-ʼn-bietjie-bos.
  • Die beeste het almal tekens van bek-en-klouseer.
  • Solaris-3 het die planeet bereik.
  • Wind-erosie het die windpompe laat roes.
  • Die ad hok-komitee is vol nonsens.
  • Stedelike- en dorpsgebiede -> stedelike en dorpsgebiede
  • Hʼn-ʼn!, ‘m-‘m!, t-t-t!

DIE AFKAPPINGSTEKEN (‘)

  • Die skadus rek langer hoe later dit word. -> Die skadu’s rek langer hoe later dit word.
  • Die mas en pas is uitgenooi na die vertoning. -> Die ma’s en pa’s is uitgenooi na die vertoning.
  • Drie hoeras vir die wenner! -> Drie hoera’s vir die wenner!
  • Die Van Bredas het baie geraamtes in hulle kaste. -> Die Van Breda’s het baie geraamtes in hulle kaste.
  • Die radiotjie wil nie werk nie. -> Die radio’tjie wil nie werk nie.
  • Die bratjie is te klein vir my. -> Die bra’tjie is te klein vir my.
  • Ag my kind, die skadutjie is nie so koel nie. -> Ag my kind, die skadu’tjie is nie so koel nie.
  • Die garage’e is te vuil binne.
  • Die crèche’e is almal toe onder kinders.
  • Die garages is baie vuil binne.
  • Die crèches is almal toe onder die kinders.
  • Die Terblanches is ʼn baie rowwe familie. -> Die Terblanche’e is ʼn baie rowwe familie.
  • Die naam Estelles is ʼn baie mooi naam. -> Die naam Estelle’s ʼn baie mooi naam.
  • Die Cillierstjie gaan dit nog ver maak. -> Die Cilliers’tjie gaan dit nog ver maak.
  • Daar is te veel aas in die woord kaaas. -> Daar is te veel a’s in die woord kaaas.
  • Die graad 3tjie is te onrustig in klas. -> Die graad 3’tjie is te onrustig in klas.
  • Daar is te veel Absas in die winkelsentrum. -> Daar is te veel Absa’s in die winkelsentrum.
  • Daar is een probleem. -> Daar is ʼn probleem.
  • “Ek sê jou, ek is moeg!” -> “‘k sê jou, ‘k’s moeg!”
  • Sy het my baie moeilikheid gegee. -> Sy’t my baie moeilikheid gegee.
  • Haar klere het as ware ontbreek. -> Haar klere het as’t ware ontbreek.
  • Vra haar ek vra groot asseblief? -> Vra haar ek vra groot ‘seblief?
  • Die leeu’s het nie ontsnap nie. -> Die leeus het nie ontsnap nie.
  • Die Vosloo’tjie is onrustig. -> Die Voslootjie is onrustig.
  • Moenie lang essay’s skryf nie. -> Moenie lang essays skryf nie.
  • Die Du Toit’s, Roux’s, en ʼn klein Du Preez’tjie kom kuier. -> Die Du Toits, Rouxs en ʼn klein Du Preeztjie kom kuier.

DIE KAPPIE/SIRKUMFLEKS (^)

  • Ek se jou ons gaan Kaap toe. -> Ek sê jou ons gaan Kaap toe.
  • Die brue is te laag vir die trok. -> Die brûe is te laag vir die trok.
  • Ek sê jou, hierdie sker is stomp! -> Ek sê jou, hierdie skêr is stomp!
  • Daardie Van der Merwe is nie baie populer nie. -> Daardie Van der Merwe is nie baie populêr nie.
  • Nou raak jy darem te vulger met jou mond. -> Nou raak jy darem te vulgêr met jou mond.
  • Daardie is ʼn pêrd van ʼn ander kleur. -> Daardie is ʼn perd van ʼn ander kleur.
  • Daardie kêrk loop leeg. -> Daardie kerk loop leeg.
  • Die kombêrs is te klein. -> Die kombers is te klein.
  • crêpe-de-chine
  • maître d’hôtel
  • Die bokkie blêr al die hele oggend.

DIE HOOFLETTER (ABC…)
Persoonsname:

  • Gerhard, Pieter-Willem
  • Delport, Van der Merwe
  • Aston Martins, Hyundais, ʼn dop Klipdrift, ʼn pakkie Kents.

Eiename en plekname:

  • johan -> Johan
  • metcedes-benz -> Mercedes-Benz
  • nando’s -> Nando’s

Afleidings van plekname:

  • Kaapse, Europese, Amerikaanse
  • Kapenaar, Europeër, Amerikaner
  • Afrikaanse, Engelse, Griekse, Spaanse

Straatname:

  • Kerkstraat, Veertiende Laan, 5de Straat

Geskiedkundige gebeure:

  • die Anglo-Boereoorlog
  • die Tweede Wêreldoorlog
  • die Renaissance
  • die Verligting

Dae van die week / maande van die jaar:

  • Maandag, Dinsdag, Woensdag
  • Januarie, Februarie, Maart

Openbare vakansiedae en ander feesdae:

  • Vryheidsdag, Menseregtedag, Werkersdag
  • Kersfees, Paasfees of Pasga of Pesach, Chanoeka, Ramadaan
  • Moedersdag, Vadersdag, Internasionale Boomplantdag

Name van tale:

  • Engels, Afrikaans, Zoeloe, Xhosa
  • Standaardafrikaans, Sypaadjie-afrikaans, Kansel-afrikaans
  • Ou Engels, Oudengels

Name van gode en opperweses:

  • God. • Zeus
  • Allah

Samestelling met persoons- en plekname:

  • Rina Hugo-roos
  • Dooie See-rolle of Dooie Seerolle

Gewone name van diere of plante:

  • katjiepiering
  • jakobregop
  • kanferfoelie
  • outeniekwageelhout
  • gaboenadder
  • zambezihaai
  • roos
  • kat
  • hond
  • vis

Gesteentes, minerale en chemiese elemente:

  • goud
  • kwarts
  • silwer
  • chrisoliet
  • thomsoniet
  • lawrensium
  • einsteinnium

Werkwoorde afgelei van eiename:

  • amerikaniseer
  • google
  • xerox
  • verengels

Diererasse, kultivars en plantsoorte:

  • Holstein -> holstein
  • Merino -> merino
  • Shiraz -> shiraz
  • Brie -> brie
  • Port -> port

Byvoeglike en selfstandige naamwoorde afgelei van eiename:

  • Bybels -> bybels
  • Gregoriaans -> gregoriaans
  • Jesuïet -> jesuïet
  • Christen -> christen

Byvoeglike en selfstandige naamwoorde afgelei van taalname of geografiese eiename:

  • Suid-Afrikaner, Amerikaner, Nederlander, Paarliet
  • Afrikaanse, Engelse, Nederlandse, Griekse
  • Boeddhis -> boeddhis
  • Anglisisme -> anglisisme
  • Germanistiek -> germanistiek
  • Nederlandisties -> nederlandisties

Aanspreekvorme: aanhef van briewe:

  • Liewe Ouma
  • Geagte Meneer
  • Beste Oom
  • Beste tannie Linda
  • Geagte professor Van Wyk
  • Geagte me. Susan du Toit
  • Beste dokter Herman

Formele aanspreekvorme:

  • U Edelagbare
  • U Hoogheid
  • U Majesteit
  • Haar Edele regter Moshe
  • Haar Majesteit die Koningin
  • Sy Majesteit koning Willem-Alexander

Saamgestelde range en ampsbenamings:

  • direkteur-generaal
  • luitenant-kolonel
  • skout-by-nag
  • adjunk: adjunkdirekteur
  • amateur: amateurbokser
  • aspirant: aspirantleier
  • assessor: assessorlid
  • assistent: assistentdirekteur
  • adjunk-direkteur-generaal
  • assistent-regter-president
  • oud-sekretaris-generaal

Dierename in sprokies:

  • Pappa en Mamma Haas
  • Oupa Uil
  • Wolf en Jakkals
  • Haas Das
  • Oom Olifant

Troeteldiername:

  • Brakkie, Kietsie, Woefie, Poon, Streepmuis, Wagter

Soortname as eiename:

  • Nuwe Testament
  • Grondwet
  • Departement van Landbou en Grondsake
  • Hoër Meisieskool Bloemfontein
  • Waarheids-en-Versoeningskommissie
  • Noordpool

Eienaamverbleking:

  • adonis (aantreklike man) -> Adonis (mitologiese persoonsnaam)
  • bosbou (aanplant van bosse) -> Bosbou (die naam van die staatsdepartement)
  • mefistofeles (iemand wat soos ʼn duiwel lyk) -> Mefistofeles (naam van karakter in Goethe se Faust)
  • ʼn blinkstefaans
  • ʼn boetebessie
  • ʼn plaasjapie

Handelsmerke:

  • cutex (naellak)
  • diesel (brandstof)
  • primus (gasstofie)
  • vaseline (petroleumjellie)
  • tippex (korrigeermiddel)

Publikasiename:

  • Huisgenoot
  • Sarie
  • Rooi Rose
  • Beeld
  • Die Burger
  • Kennis van die Aand

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui