M02E3 – 2015 © Anke Norris

Skryfstyl
2015 © Anke Norris

My Keuse: Oefening 2:
Kies een van die verskillende skryfstyle en:
2.1 skryf ʼn Arfikaanse wetenskapfiksie-kortverhaal (+/- 2000 woorde);
2.2 gebruik hierdie WF-kortverhaal van u en motiveer waarom u hierdie skryfstyltipe gekies het en nie van die ander nie;
2.3 ontleed u WF-kortverhaal krities en skryf ʼn kort verslag (+/- 500 woorde) hieroor na gelang van die wenke om skryfstyl te verbeter. 

2.1: My keuse is die Beskrywende skryfstyl.

DIE INDRINGER

“Sektor 1, dit is Sektor 3, kom in asseblief…” Hektar praat vinnig… duidelik oor die interkomstel. Wat gaan aan vanoggend op hierdie tuig? Is die mense nie op hulle pos nie? Waar is almal? Hektar is in beheer van nagskof. Hy ken die panele met flikkerende liggies voor hom soos sy handpalm. Hy verkies om nagskof te werk. Dan is hy alleen… alleen met sy gedagtes. Hy verkies dit so… Hektar is ʼn ernstige man. Het nie tyd vir tierlantyntjies nie. Hy is van middelmatige lengte, redelik gespierd, met kort, bruin hare. Sy wakker bruin oë sien alles raak. Sy gesig is skoon geskeer, soos altyd. Op die oomblik ontsier ʼn hewige frons sy gesig. Hy skud sy kop. Laat ek maar weer probeer…

“Sektor 1, dit is Sektor 3, kom in asseblief!” roep Hektar nou hard uit met min geduld. Waar is die mense as jy hulle nodig het? Tot sy duidelike verligting kom die krakerige antwoord uiteindelik deur…

“Sektor 3, dis Sektor 1, wat is fout daar?” kom die vraag van ʼn jong, onbekommerde vrouestem.

“As jy op jou pos was, Sektor 1, sou jy die onbekende ruimtetuig gesien het wat ons ruimtespasie binnegedring het…” kapittel hy haar. Sulke onverantwoordelikheid! Hulle in die beheerkamers is baie belangrik. Hulle sien die gevaar eerste, en moet dan daarop reageer.

“Jammer, Sektor 1. Ons het ʼn ander klein tegniese probleempie gehad. Dis nou uitgesorteer. Dis hoekom ons vyf sektore het, sodat wanneer iets gebeur, dit steeds opgespoor word.” betig Sektor 3 hom liggies. Desels, die man kan soms ʼn pyn in die agterstewe wees. Maar hy is die beste in die afdeling, dié dat hulle hom en sy knorrigheid verdra.

“Kon jy al iets wys word, sektor 3?” ignoreer Hektar betigging. Dis belangrik dat hulle die vreemde tuig eien en so vinnig moontlik uitsorteer. Hulle kan nie nou enige galaktiewe oorloë bekostig nie. Baie van die bemanning herstel nog van die laaste geveg wat hulle moes afweer. Ammunisie is laag. Die produksie is stadig.

“Die tuig is geïdentifiseer as onbekend, Sektor 3. Wat is die volgende stap wat ons moet neem?” vra Sektor 1 meer uit respek vir Hektar as haar bevelvoerder. Sy weet reeds wat hy gaan sê, maar al hulle kommunikasie word opgeneem.

“Bewerkstellig kommuniksie met die tuig. Vind uit waarom dit hier is. Ons moet onsself in gereedheid bring indien nodig.” antwoord hy haar kortaf.

“Bewerkstellig kommunikasie en rede vir besoek…” konfirmeer sy haar opdrag. Daarmee breek sy die verbinding om die opdrag uit te voer. Hulle is baie versigtig. Baie ruimtetuie het al ongesiens probeer inkom…

“Sektor 2, dis Sektor 3, kom in asseblief…” begin Hektar op die interkom. Hy moet nou die veiligheidsmag op gereedheid plaas net ingeval die ruimtetuig kwaaddoelig is. Mens weet nooit. Hier is ʼn paar trawante wat al hulle ruimtestad probeer oorneem het… met groot reperkussies agterna…

“Sektor 3, dis Sektor 2, waarom die dringendheid?” vra die mansstem aan die ander kant.

“Ek wag net op terugvoering van Sektor 1, dan sal ons weet. Ek het ʼn onbekende ruimtetuig ons ruimtespasie sien binnedring, en wil julle net op gereedheid plaas indien dit nodig blyk te wees…” eindig hy sy waarneming en opdrag tegelyk.

“Opdrag ontvang bevelvoerder. Ek sal dadelik die troepe in gereedheid bring. Ons sal wag op u bevel.” affirmeer Sektor 2 sy opdrag.

Terwyl dit alles aan die gang is, neem Hektar sy oë vir geen oomblik van die skerm voor hom af nie. Hy moet op en wakker wees, die hele ruimtestad se veiligheid hang van sy vinnige optrede af… maar dis hoe hy dit verkies… altyd opwindend… altyd besig…

“Sektor 3, dis Sektor 1, kom in asseblief…” kom dit deur. Dadelik is sy aandag toegespits op die skerms voor hom.

“Sektor 1, dis Sektor 3, wat het jy vir my?” vra hy. Sy het gou teruggekom. Sy het redelik vinnig die inligting verkry…

“Ja, ek het konfirmasie gekry dat dit ʼn vriendelike tuig is. Die bemanningslid sê hy moet dringend sy ruimte-inhoud aanvul, daarom dat hy nie verder kan reis nie. Maar ek is nie so seker van sy rede of eerlikheid nie. Iets sê vir my die ou steek iets weg. Kyk op die skerm en sê my wat jy sien… is daar nog enige ander vaartuie wat jy kan sien?” peper sy hom met ʼn teenvraag.

Ek kyk op die skerm voor my. Ek moet regtig mooi kyk. Ek sien voor my die fyn rooi liggies, skaars sigbaar, maar dis daar. ʼn Hele paar van hulle, net buite ons ruimtestad se veiligheidsone! Sektor 1 maak bitter min oordeelsfoute. Blitsvinnig reageer hy op dit wat hy nou voor hom sien.

“Sektor 3, dis Sektor 1, ek sien meer ruimtetuie net buite ons veiligheidsone. Ek gaan Kode 6 in werking stel…” eindig hy sy opdrag. Sy sal dadelik weet wat om te doen. Almal weet wat Kode 6 beteken…

“Sektor 2, dis Sektor 3, kom in asseblief…” begin Hektar met reëlings vir die bewapening teen wat hy sien as ʼn bedreiging, nie net vir veiligheid nie, maar hulle oorlewing. Hulle gaan vinnig in aksie moet oorgaan, as dit wat hy sien op die skerm voor hom, werklik ʼn bedreiging is…

“Sektor 3, dis Sektor 2…” antwoord Sektor 2. Maar Hektar gee hom nie kans om verder te praat nie, maar onderbreek hom en begin dadelik met voorbereidings…

“Sektor 2, ek wil hê julle moet dadelik met Kode 6 begin…” begin hy opdrag gee, maar word onderbreek…

“Sektor 3, ek kan nie net opdragte gee sonder konkrete bewyse nie…” val hy Hektar in die rede.

“Kyk op jou skerm voor jou, Sektor 2, en sê my wat jy sien…” val Hektor hom haastig in die rede.

“Ek sien ʼn klomp liggies net buite ons veiligheidsone… dit was nie voorheen sigbaar nie…” antwoord hy verbaas.

“Is dit genoeg rede vir jou om Kode 6 in werking te begin stel, Sektor 2?” vra Hektar.

“Ja… ja…” stotter Sektor 2.

“Sektor 1, dis Sektor 3, kom in asseblief…” begin Hektar weer kommunikasie. Dadelik kom die antwoord van die ander sektor af.

“Sektor 3, dis Sektor 1… gaan ons nou met Kode 6 begin?” vra sektor 1 bietjie senuweagtig. Haar stem bewe. Dis waar die poppe gaan begin dans… Sy druk vinnig ʼn paar knoppies en dadelik begin rooi liggies op verskeie plekke te flikker… Ruimtestad Kenna 1 gaan dadelik oor op verdediging. Dis ʼn gerep en roer. Alles wat leef en beweeg volg die prosedure om so vinnig moontlik by die naaste veiligheidsone in te gaan. Dan word die ondeurdringbare staaldeure voor elke deur- en vensteropening outomaties laat sak. Dit word eers weer gelig sodra die stad ‘veilig’ verklaar is op die media. En dit gebeur eers nadat die hoofkommandeurder die groen lig gegee het. Dit is gewoonlik na hy die oproep van Hektar ontvang het…

“Sektor 1, staan by vir ontvangs van ruimtetuig by Laaisone 1…” gee Hektar opdrag. Kode 6 se sekuriteitsafdeling sal die tuig daar inwag… en intussen het Sektor 2 reeds hulle beveiligingstuie in gereedheid gebring en gestuur om ongesiens op sekere strategiese plekke te gaan wag in die veiligheidsone… Almal is op gereedheidsvlak toegespits. Hektar sien op die videoskerm voor hom hoe die ruimtetuig nader kom en gereed maak om te dok. Dan skuif die gryparms uit en sluit dit stewig aan die voor- en agterkant van die tuig. Die loopvlak skuif uit sodat die gewapende soldate en die veiligheidspersoneel die tuig en sy bemanning eers kan identifiseer en beveilig voordat hulle toegelaat sal word om met die hysbak die besoekers-area te betree.

Terwyl dit op Laaisone 1 gebeur, hou Hektar die skerms dop om te sien wat die verskuilde ruimtetuie buite die veiligheidsone doen. Gaan hulle wag tot hulle mater in die besoekers-area is voor hulle gaan aanval? Of gaan hulle wag dat die tuig se tenks vol is en dit weer uitbeweeg? Hy het maar die voorgevoel dat alles nie so onskuldig is as wat hierdie tuig voorgee nie…

Dis nie ʼn klein tuig nie. Beslis nie ʼn bemanning van net twee nie. Die tuig is groot genoeg om wesens verskuil te hou, maar ook wapens. Hy kan nie té versigtig wees nie…

Hy sien hoe sy mense die tuig betree en hy wag… en wag… Iets sê hom om mooi te kyk… Dan sien hy dit… Vanuit die venster voor by die instrumentale kajuit sien hy iets wat lyk asof daar laserstrale afgevuur word… en vir hom beteken dit net een ding… ʼn oortreder wat probeer aanval. Sy mense sal net tot aanval oorgaan indien hulle veiligheid bedreig word… en hy vermoed dis presies wat aangaan…

Hy druk die rooi knoppie eenkant op die skerm. Dadelik gaan ʼn liggie en ʼn alarm af en Laaisone 1 word oorstroom met gewapende soldate. Op die skerm voor hom sien hy wat gebeur in die veiligheidsone net buite Ruimtestad Kenna 1. Die res van die geheimsinnige ruimtetuie moes agtergekom het hulle planne is gefnuik, want op die oomblik is daar ʼn hewige bakleiery aan die gang… die een kant wil hulle man terugkry, die ander kant wil hulle deel van die ruimte ten alle koste beveilig. Wesens het klaar seergekry, en meer gaan nog seerkry… Hier kom nog baie probleme…

Op laaisone 1 is nou dinge besig om te ontvou. Dis laserstrale van ʼn ander wêreld. Dis groen, geel, oranje en rooi wat heen en weer vlieg. Alles wat leef en beweeg wat in die pad kom word getref. ʼn Hele paar van die ruimtetuie wat vasgedok is, word getref. Een slaan in vlamme uit en ontplof. Nog meer skade. Baie wesens word noodlottig gewond. Aan albei kante. Dan lyk dit asof ons wen, dan die indringers… en tussenin moet Hektar sy oë op die ruimte ook hou… Hy luister na wat hy kan hoor…

“Offisier gewond, stuur mediese personeel na Laaisone 1, dis dringend!” dan…

“Sweeftuig aan die brand… kry blussers!” dan…

“Kan iemand asseblief in die veiligheidsone kom help? Die indringersmag word nou te veel!” dan…

“Meidei, meidei, tuig 123 is getref! Ek verloor stuurkrag! Ek val! Meidei, meidei, hoor iemand my?” kom nog ʼn benoude roep deur… Soveel skade… soveel lewens dalk weg vir selfsugtige redes… maar nou ja, iemand moet die prys betaal… Hulle sal nie sou gou die stad oorgee nie. Vir baie is dit al plek wat hulle ken…

Dis ʼn hele warboel op die oomblik… beide in en om die veiligheidsone en by Laaisone 1. Orals is tekens van ʼn poging van indringers… gate waar die laserstrale die mure en van die ruimtetuie getref het… twee of meer ruimtetuie wat onherstelbaar vernietig is, die doksone ook vernietig… en Hektar vermoed dit gaan maande vat om alles weer na normaal terug te kry tensy hulle daardie nuwe nano-tegnologie en die drie-demensionele industriële uitdrukker gaan gebruik om die verlore goed te herbou. Hy weet ook hulle besit ʼn program wat wesens kan kloon, maar of dit ʼn replika gaan wees van dié wat hulle verloor het… is hy nie seker nie… hulle is op proefbasis… sover sy inligting strek…

Alles gebeur nou baie vinnig… te vinnig… Dis asof oorlog losgebars het… net hierdie is binne en buite ʼn ruimtestad… hulle veg vir die behoud van Kenna 1 en die vreemdeling vir die indring en oorwinning daarvan. Want hulle het alles hier… plante, sommige diere, wesens van verskillende planete en sterrestelsels, water, tot hulle sonkrag word nagemaak… Baie om voor te veg en te behou of te oorwin…

Alhoewel Hektar goed is in sy posisie, sou hy beslis nie kon voorspel wat uiteindelik gebeur het nie… hulle moes oorgee… hulle het eenvoudig net nie genoeg mannekrag en ruimtetuie gehad om die invallers af te weer nie. Hy kon net dié op die skerm voor hom sien, maar die prentjie wat hom voor hom afgespeel het, was een van verbasing. Met elke ruimtetuig wat hulle afgeskiet het, het vyf meer in sy plek gekom… en nog vyf… en nog vyf… geen einde nie! Dis asof miljoene net buite hulle sone gewag het op ʼn teken…en gereageer op dit wat hulle ontvang het… ʼn indringing! En hulle kon nie wen nie! Die mag was te sterk! Alles waarna hulle gestreef het, het in duie gestort…

2.2 Gebruik hierdie WF-kortverhaal van u en motiveer waarom u hierdie skryfstyltipe gekies het en nie van die ander nie;

Ek kies die Narratiewe Skryfstyl. Dis ʼn verhalende skryfstyl. Ek hou daarvan om plekke, gebeure en mense te beskryf, die storie te vertel. Dit het karakters en dialoog. Dt het ʼn begin, intervalle, konflikte, aksies, motiverende gebeure, probleme en oplossings. Dis altyd fiktiewe stories.

2.3 Ontleed u WF-kortverhaal krities en skryf ʼn kort verslag (+- 500 woorde) hieroor na gelang van die wenke om skryfstyl te verbeter.

Die WF-kortverhaal genaamd DIE INDRINGER speel af in die ruimte in en om die Ruimtestad KENNA 1. Dit word vertel uit die oogpunt en siening van Hektar, wat in beheer is van al die Sektore wat die ruimtestad veilig moet hou van indringers. Hy vertel van oplettendheid, samewerking, herstel en vernietiging en uiteindelik die oorneem van die hele ruimtestad. Hy is die een wat in nagskof, sy oë en ore oophou en seker maak alles is veilig. Al probleem wat die stad het, is dat die stad onlangs ʼn groot geveg gehad het en dat baie weerbare wesens beseer is. Galaktiewe oorloë is alombekend as jy groot ruimtestede het in verskillende sterrestelsels. Almal wil almal oorwin om ʼn beter ruimtestad te kry met beter tegnologie en veg strategie. Die een is beter as die ander. Op die ou einde oorwin die slimte, met beter strategie en meer mannekrag. Daar is ʼn titseltjie humor, tergwysing en aanhouer wen in hierdie verhaal. Dit kan beter wees, maar die skryfster het nog baie om te leer. Uit die beskrywing van die verhaal leer die leser die een karakter ken, waar die ruimtestad is, wat gebeur het, wie in beheer is van veiligheid, watter prosedures gevolg word in ʼn krisis. Nie te sleg vir ʼn beginner WF skryfster nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui