SKAAKVELD – Chantal Pretorius

SKAAKVELD – 2016 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (2 208 WOORDE)

 

Dis vuurwarm in die Hel. Die rooi-bruin grondpaaie is byna verkrimmel in grys as. En die ligtebruin hoë berge gaan saam met ʼn stomende, brandende oranje-rooi waterfontein. Ook dodelik; sondig is alles hier. Nie enige wesens wat van siel en bloed gemaak is se tuiste nie. Alles in die Hel is eg. Sadisties. Vol van demoniense werkers, bose prinse en flankeerde vrouens.

Calvin staan op ʼn wankelrige brug, met ʼn klein aardbol in sy hande. Hy rol met sy wysvinger die aardbol in die rondte. Op ʼn aardbol lyk die wêreld maar klein. Maar in die werklike lewe is die aarde groter, ovaal en baie gevaarlik.

En skaakspel is populêr in die Hel. Dit gee jou vryhied, sonder verskonings. Maar as jy verloor, dan gaan jy saam met die as verdwyn.

Dan lig Calvin sy kop heeltemal op. Hy kyk na die skaakveld. Dis nooit stil binne die skaakveld nie. Sy ore spits om na die onmenslike geluide van demone te hoor. Die demone lag oor die spelers wat teen mekaar kompenteer.

“Wen! Verloor! Wen!” Kan Calvin, Pulla hoor skree. “Geen vrypas vir jou nie Allup.” Allup en Pulla is tweelinge en albei is soos vinkel en koljander.

Calvin besluit om die brug te los. En hy spring oor die swartroos heinings. Die paartie is nog lewendig. Toe hy eindelik by die speelveld aankom. Gaan staan hy by die swart betontrappe. Sien Allup in ʼn donkerhoek gedryf word. Verdompe skaakspel!

Die gehoor lag kil. Want Allup het verloor, soos altyd. Arme vroumens, dink Calvin en skud ingedagte sy kop. Hy gluur na die skaakmuur se duiwel kalender. Dis ʼn warm Sondagaand. En elke Sondag staan hy meters weg van die skaakveld af. Hy kan nie… mag nie nou daar ingaan nie.

Ek moet altyd my beurt afwag, dink Calvin en sug mosmoedig.

Hy sien wesens in deftige snyerspakke sit. Mense inkom en weer uitgaan by die skuifdeure, soos dit hulle pas, dan begin die onheil. Maskers word kil onmasker. Demoniese vlerke sprei uit en vergaderings word gereël. Wie volgende op die aarde gemartel sal word deur misdaad, korrupsie en moord.

Die witlys wat die boekhouer, Mullamed, vashou word afgemerk. Vir sadistiese doeleindes en punte moet aangeteken word.

Vlugtig gluur Calvin na die lys. Sy naam verskyn ook op die lys. Selfs hy kon nie die duiwel wen met skaak nie.

Toe skaak verby is, kom groet Pulla hom. Hy gee een harde sug. Pulla steek ʼn kankerstokkie aan, neem ʼn trek en blaas dit in sy gesig. Ongeskikte demoon! Calvin inasem die gifpyl se rookwalms. Hy stuimel so bietjie en leun teen die swartappelboom. Die rookwalms maak hom lighooftig.

Dan merk Calvin ander wesens die speelveld verlaat. ʼn Beeldskone bose vrou flankeer met ʼn demoon. Sy vlerke is uitgesprei en dan vou hy haar in sy arms toe. Die res van die bose wesens is seker maar okei.

Demone ken mos nie liefde nie!

“Jy maak my net lus vir rook,” krets Calvin. Pulla se silwer-wit oë gloei. Sy pikswart, swaar vlerke klap-klap saggies teen mekaar. “Waar’s jou suster nou?” vra hy.

Verdomde vlermuise, dink Calvin alleen. Hy vryf sy vingers deur sy kort swarthare, vies. Dan begin Pulla te lag. “Jy mors jou tyd om oor Allup te bekommer. Sy is glad nie lus vir gesels nie.”

Calvin trek sy mond skeef. Hy frons woes. “Hou op twak praat man!” sê hy. “Sy is net weer hardekwas… Sy wou mos skaakveld toe gaan en haar naam bollie maak!”

Die groot demoon bly gefokus op Calvin. “Jy mors jou tyd met Allup… vroumens, wat jy haar tog wil noem.”

Calvin trek sy mond skeef. Hyself soek ʼn sigaret nou! Pulla wat naby hom staan, blaas nou grysrook in sy gesig in. Hy wil hom vererg vir Pulla, maar bedink dit. Dan hoes die trawant ook nog. Dis aaklig om in die Hel te wees.

Dit het weer tyd geword vir skaakspel…

“Kom, Pulla,” klink Calvin opgewonde.“Skaakspel tyd!”

Vinnig raak Pulla onsigbaar. Nie lank nie, is dit Calvin se beurt. Hy sug hulpeloos, voordat hy deur ʼn vulkaniese windtonnel ingesuig word. Na die skaakveld toe.

Na minute, beland Calvin op die rooi-bruin stowwerige teerpad. Hy lig sy kop heeltemal op en hoes. Die Hel ruik na vuurwarm swawel en gebrande as. Dis mos wat die Hel is, genadeloos.

Hy kom stadig regop en vee sy vuil, gekreukelde uniform skoon. Stryk dit reguit met sy hand palm. As hy maar net ʼn ander uitweg gehad het.!

Waar’s Pulla? wonder Calvin en frons. Die demoon is nêrens te sien nie. Dan loop Calvin versigtig op die pad soontoe. Skielik stop hy, staan doodstil. Hy luister na die demone se leeugrom geluide.

Voor Calvin, staan massiewe soldate en beskerm die skaakveld dubbeldeure. Hulle het bloedrooi vlerke en horings wat gevaarlik omkrul. In hul sterk, dodelike hande is lang swart skokmesse.

Maar Calvin ken nie vrees nie. En hy is al gewoond aan al die Hel se mal streuke. Dis net baie erg om saam met monsters te woon. Nou gluur Calvin die demone kil-bot aan. So wreed is die skepsels! Die koudbloedige en bloeddorstige rooioog demone wat hom kwaadaardig aangluur. Hulle is groot en sterk gebou om hier te moet oorleef.

Calvin wys sy merk: 78690, op sy regterhand. Dis sy I.D. nommer, sodat die soldate hom kan uitken. Toe hy eindelik binne is, word hy nie verwelkom nie, eerder verwens om te verloor.

Binne minute is die duiwel op die veld. Hy speel witskaak. Calvin kry die onheil, swartskaak. Die skaak is gemaak van egte olifanthorings, net die skaakperde se blinkrooi oë glinster boos.

Calvin sluk toe hy die afskuwelike duiwel gewaar. Sy bokhorings krul om en is flymskerp. En sy lang, pikswart stert is harig. Die hare op die stert het geel-wit vlamme wat gevaarlik stil dans.

Gelukkig is hy nie bang nie. Allup het in die skare in verdwyn. Hy sug en skuif met towerkrag die soldaat voorentoe, dan sy pikswart kuif.

“Slegte begin,” lag die duiwel. “Kom ek leer jou skaakspeel jongman.”

Die skadugedaantes lag lekker. Maar Calvin vat die hele gedoente ernstig op. “As ek wen… soek ek my kaartjie na vryheid,” gee Calvin die beveel.

Die duiwel knik, so belowend. “Nou toe nou, warvoor wag jy dan, Calvin,” klink die duiwel opgewonde kil.

Calvin vertrou niemand nie. Dis alles te danke aan Lilith. Die beeldskoonste vrou het hom bedrieg. Dis herinneringe wat hy nooit sal vergeet nie.

Omstreeks: 23:30, in die aand, Is die eerste, tweede en derde rondte skaakspel verby. Hy en die duiwel is gelykop met die punte: 30-30. En nie lank nie, of die duiwel roep vir Mullamed nader. Sy’s ʼn vrou demoon. Onderhoof van die vroudemone.

Nou lek Calvin moeg oor sy gebarste lippe. Dan vee hy angssweet weg van die hitte. Hy hou Lilith stipdelip dop toe sy ingestap kom. Sy’s ʼn groenoog rooikop wat koketterig na die pikswart troon toe stap. En sy kyk Calvin met belustige oë aan. Duidelik, in haar gloeiende oë vonkel die speletjies van oneerlikheid.

Calvin sluk swaar toe hy die vuurrooi, latynse aandrok sien wat Lillith aanhet. Sy is beeldskoon van buite, maar giftig van binne.

Sy’t hom verlei in sy eie hotelkamer. Daarna hom versmoor en vir die dood agtergelaat. Nou is hy in die Hel! Hy kan niemand anders blameer nie. Behalwe homself vir Lilith se boosheid. Skaakspel is al opsie om hom uit die Hel te kry. En dis presies wat hy gaan doen. Skaakspeel, tot dat hy wen. Dan kry hy die pad na vryheid. Maar watter pad? Dis die goeie vraag.

Binne die Hel gloei Allup se blinkrooi oë. Sy’t verloor teen die duiwel. Hy bewys altyd sy magte is sterker as demone sin. Tog is dit normaal. Want hy’t hulle so verander. Van sliwerblink engele, na asswart dwase.

Hy kan nie meer onthou hoe smaak ʼn vleisburger nie. Wat nog van ʼn melkskommel of skyfies. Selfs ʼn bier in die woestyn sou beterder gewees het. Maar nou’s hy vasgekeer in die pit van chaos. Die Hel wat in stilte, soos brullende leeus rondloop en onskuldige mense verlei, verslind op aarde. Dit kon nie erger gewees het nie!

Calvin sug mismoedig.

Hy sal die skaakspel moet wen. Hy moet net. Dis al uitweg vir hom. Al wat hy kan proe, is as en stof. Hy gluur na die vuurwarm fontein. Dis geen kirstalhelder water nie, net vuur en vlamme.

“So, jy wil al weer skaakspeel?” vra die duiwel en gee ʼn kort laggie. “Jy weet jy gaan verloor. Dis net jy wat nie wil hoor nie. En die wat nie wil hoor nie, sal maar moet voel.”

Calvin swaai om en kyk na beelskone Lilith. Sy geniet sy pyn en gesukkel met skaakspel. Sy regeer nie die Hel nie. Dis waarom sy so optree. Dis haar verdomde skoonheid wat hom verlei het, na sy eie dood toe. “Gee net pad duiwel… O, ag askies, jy is alles behalwe ʼn prins. Jy’s ʼn moordenaar… ʼn gevalle engel.”

Lilith sug ongeërg. Dan lag sy kil vir Calvin. Stilbly is haar antwoord. Sy geniet net die skaakspel vanaand.

Die duiwel is in beheer van die Hel. “Wanneer gaan jy ooit leer, Calvin. Ek’s die verleidster, jy die arme jongseun wat behep was met spuitnaalde en vrouens.”

Nou bring die duiwel aaklige herinneringe terug. Calvin weet hy’t beslis verander. Hy is nie meer die 21 jarige jongman nie. Nou is hy ouer, meer volwasse en erken sy sondes. Maar elke keer as hy na die hemele roep. Hoor niemand hom nie. Om verlore te wees, is nie lekker nie.

“Hoekom het jy my net nie uitgelos nie?” vra Calvin fronsend. “Is dit omdat jy my siel wou gehad het?”

Skielik verdwyn Lilith. Sy verskyn weer in die skaakveld se roostuin. En Calvin weet presies waar sy wegkruip. Sy kan nie die waarheid hanteer nie. Maar hy kan. Hy’s mens, sy’s ʼn demoon in menslike vorm. Hy loop gemaklik skaakveld toe. Sowaar, sy is daar. Sy sit kalm op die pikswart rotstuin, naby die skaakveld. Sy sug hardop.

“Wat makeer, Lilith?” vra Calvin. “Het die duiwel jou tong verwyder.”

Lilith se gesig draai skuins. Sy kan nie praat nie, net bevele uitvoer. Daar’s ʼn ander bose masker op haar gesig. Haar liggroen oë keer terug. Sy waarsku Calvin oor die duiwel. Sy intelligensie is skerper as wat ons almal dink. Dis waarom die aardse mense so genadeloos en sielloos lewe. Hulle het vergeet wie hulle regte verlosser is.

“Ek gaan hom wen, dit belowe ek jou, Lilith. Dis nie lank nie of ek is vir ewig uit die gemors,” klink hy seker van homself.

Maar Lilith verdwyn weer. Waarnatoe, weet Calvin glad nie. Hy ruk homself reg. Vryf ontspanne oor sy skouers. Hy gaan vandag wen. Op die kalender verskyn twee ure voor die finale skaakveld. Dan gaan alle vermaak eindig, want dis die duiwel en sy trawante se tyd om vir drie en ʼn halwe jaar die wêreld te regeer. Arme mensdom. As hulle maar net weet wat op hulle wag. Sal hulle eindelik glo in die skepper van die aarde, sterrehemel en hemele.

ʼn Uur later, is Calvin op die skaakveld. Gereed vir enige aksie. Die duiwel verskyn in ʼn besigheidsman. Met duikie in die ken, donkerbruin sadistiese oë en pikswart boshare wat hom laat glimlag.

Die duiwel lag. “Nog net een laaste kans, Calvin, dan is jou arme drome in skerwe.”

Die ander demone lag genadeloos. Hulle skree aaklige aanmerkings. Want binnekort gaan alles tot ʼn einde kom. Een laaste kans, hu? Miskien ja, maar ek’s gin coward nie, dink Calvin en sy glimlag verbreed. “Ek sal jou wys wie is regtig baas en wie is eindelik klaas,” terg hy gespanne.

Nie lank nie, begin die skaakspel. Die finale rondte is op. Net een verkeerde beweging met die koning en hy’s vernietig. Calvin haal diep asem. Hy skuif die skaakperd vorentoe. Sy oë rek trots groot.

Eindelik Skaakmat!

Skielik is daar stilte. Calvin kan nie sy ore en oë glo nie. Hy het gewen! Die skaakmat behoort nou aan hom. Hy is vry! Uiteindelik, kan hy sy nuwe pad kies.

“Wel wel, Calvin,” klink die duiwel verbaas. “Jy’t sowaar my gewen. Selfs die gehoor is geskok oor vandag se ondervinding. So waarnatoe wil jy gaan? Terugkeer Aarde toe. Of wil jy self ʼn pad kies?” Kom dit sarkasties uit.

Die duiwel verander in ʼn leeu met goudgeel maanhare. Calvin word skeef aangekyk deur Allup en Pulla. Maar Lilith gee ʼn kil glimlag. Sy sal nooit beter ken nie. Net om te vernietig, is haar doen en late. “Nie Aarde nie, asseblief. Ek’s nie so onnosel nie, man. Ek weet wat jul bose planne is, en ek gaan nie weer ʼn slagoffer wees van jul onheil nie. So… laat my eerder ʼn pad kies. Dis veiliger,” bevestig hy.

Die duiwel knik net belowend.

Calvin voel lighooftig en val flou neer op die skaakveld. Hy verdwyn weg. Verskyn weer op ʼn ander stewige grondpad. Hy staan op van die grondpad. Voor hom lê twee sypaadjies. ʼn Bree pad en ʼn klein grondpad. Hy wou eers die bree pad vat, maar bedink dit. Die klein pad, is die regte een.

Dankie tog! Nooit weer skaakspel vir hom nie! Net ʼn toekoms van hoop en glo!