Speltoetsers

1.  www.wspel.co.za
WSpel met meer as 512,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld.  Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. En WSpel is heeltemal GRATIS!

2.  www.spel.co.za
Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die NWU-Pukke se skryfhulpmiddels help Suid-Afrikaanse rekenaargebruikers al ʼn geruime tyd om beter te skryf. CTexT® se Afrikaanse SkryfGoed is die enigste versameling van vier Afrikaanse skryfhulpmiddels (met meer as 40 000 woorde) vir Microsoft® Office, Microsoft® Office 2000, Microsoft® Office XP, Microsoft® Office 2003 of Microsoft® Office 2007/2010. En versoenbaar met Windows 2000, Windows XP, Windows Vista en Windows 7.

3.  ProefLeser
ProefLeser is ‘n Afrikaanse speltoetser vir Microsoft® Office 97-2010 asook latere weergawes. ProefLeser is versoenbaar met  Windows XP tot Windows 7. Dit stop by onbekende woorde en verskaf ‘n lys van moontlike regstellings maar gee die gebruiker die opsie om hul eie onbekende woorde te stoor in die gebruiker se woordeboek.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui