Woordeboeke

1.  Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Die Elektroniese WAT bied die ekwivalent van meer as 8 300 gedrukte bladsye, die mees omvattende weerspieëling van die Afrikaanse woordeskat (A – R) van nagenoeg 200,000 trefwoorde, die verskillende variëteite van Afrikaans, ‘n kerntesourus (woordkeusegids) en meer.

2.  TWWF – Thompson Woordeboek vir Wetenskapfiksie
Thompson Woordeboek vir Wetenskapfiksie (sagteband), is saamgestel uitsluitlik vir die doel om Afrikaanse wetensskapfiksie skrywers en lesers te help met hulle woordeskat ten opsigte van die wetenskap en tegnologie.

3.  AeEa Woordeboek
Die AeEa is ‘n tweetalige (twee-rigting) woordeboek program wat as ‘n alleenstaande program of in samewerking met Microsoft® Office (Word) gebruik kan word. In teenstelling met ander woordeboeke (boeke / programme) hanteer AeEa ook verlede tyd, meervoud en ander woord vorme.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui