Die Etiek van Wêreld Skepping

Die etiek van Wêreld Skepping

Om ‘n WF (Wetenskap Fiksie) of F (Fantasie) boek te skryf is heel anders as om algemene fiksie te skryf. Jy het die unieke geleentheid om ‘n wêreld te skep wat hemelsbreed van die huidige een verskil. Anders as historiese romanse of ‘Westerns’, is jy nie daaroor bekommerd om histories korrek te wees nie. As jy ‘n nuwe wêreld skep, is jy ook vry om jou eie geskiedenis te skep. Om oortuigend te wees moet jy egter getrou wees aan daardie geskiedenis wat jy geskep het. As jy te ver van die weergawe van jou geskiedenis, soos jy dit aan die lesers voorgehou het, af beweeg, mag hulle jou boek net daar neersit en dit nie weer lees nie. Alternatiewe geskiedenis, of dit nou ‘moderne fantasie’ of ‘nabye toekoms WF’ genoem word, is ’n sub-genre wat redelike gewild geword het. ‘n Aantal reeds beproefde onderwerpe sluit byvoorbeeld die volgende in: ‘Wat as die dinosaurise nie uitgesterf het nie’, of ‘Wat as Hitler gewen het’. Dit is moontlik om dit te verdraai, of om ‘n geheel en al nuwe geskiedenis te herskep om die wêreld ‘n splinter nuwe weergawe van gebeure in die verlede te gee en steeds ‘n geloofwaardige storielyn te skep, maar daar is ‘n aantal dinge wat jy ingedagte moet hou.

Word jou idee as ‘polities korrek’ gesien?

Moet nie nou ophou lees nie. Ek weet baie van ons – skrywers/nie-skrywer – is moeg om dié terme te hoor. Dog, die skryf van WF/F gee jou nie die reg om onsensitief te wees nie. Sekere idees sal eenvoudig nie by ‘n groter gehoor aanklank vind nie en ander mag jou lesers dalk beledig. Biede dinge wat die verkope van ‘n anders goed geskryfde storie in die wiele kan ry. Dink daaraan hoe ‘n boek oor die Amerikaanse Burgeroorlog ontvang sal word waarin beskryf word dat dit alles die fout van die slawe was. Wees dus versigtig.

Werklike Geskiedenis teenoor Alternatiewe Geskiedenis

As jy ‘n wêreld gaan skep waar die geskiedenis baie na aan dié van die werklike wêreld is, moet hy weer eens baie versigte wees in jou besluit waarom jy wêreld gebeure wil gaan verander. Verander jy ‘n wêreld gebeurtenis waarin honderde/duisende mense omkom? Somtyds kan die dood van selfs net een persoon die lewe van vreemdelinge raak: Prinses Diana, John F Kennedy, Moeder Theresa om ‘n paar te noem. Verander of skakel jy ‘n gebeurtenis soos Chernobyl uit, Three Mile Island, of die Holocaust, kan jy jou lesers ook vervreem, veral as jou gehoor ten nouste deur daardie gebeurtenis self geraak is. As jy so ‘n traumatiese gebeurtenis se belangrikheid wil afmaak, mag jy kredietwaardigheid verloor.

Karaktertrekke

Dieselfde is van toepassing op die skep van karakters. As jy wil hê dat jou karakter ‘n slagoffer moet wees of een is wat misbruik/verkrag word of dat hy/sy een of ander gebrek/siekte moet hê, doen dan ‘n bietjie navrosing voordat jy begin skryf. ‘n Skrywer kan nie ‘n karakter wat verstandelik vertraag is skets en dan aan hom/haar hoë gevorderde denkprosesse toedig nie. As jy nie behoorlike navorsing gedoen het nie, sal dit in jou skrywery uitkom. Uiteindelik kan jy jou lesers se aandag verloor en nog erger, hulle ondersteuning.

Ken jou gehoor

WF het ‘n globale gehoor. Selfs as jou storie byvoorbeeld net in die VSA/RSA versprei word, gaan ‘n redakteur nie aanhou om jou stories te koop as hulle te veel klagtes ontvang nie. Jy dink miskien dat een klein ou storietjie nie daardie soort van reaksie gaan uitlok nie. Probeer om iemand te vertel dat hulle geliefdes nie weens een of ander brutale oorlog of kern ‘blaps’ gesterf het nie en sien hoe hulle reageer. As jy jou lesers se lewensondervinding verkleineer, gaan hulle jou nie daarvoor bedank nie.

Wat maak dat jy ‘n suksevolle skrywer is?

Die grootste skrywers in die fiksie bedryf is dié wat geloofwaardige karakters en omgewings kan skep. Hulle lesers vra gereeld vir nog omdat hulle omgee oor wat met die karkaters gebeur. Hulle kan einige ongeloof oorboord gooi en in die wêreld wat die outeur vir hulle gekep het so daarin leef vir die tyd wat hulle die boek lees. ‘Star Wars’ vind in ‘n ‘galaksie ver, ver weg’ plaas, maar die lesers, fliekganger kan hulle so inleef in daardie wêreld en met Luke se probleme empatiseer, selfs al sal hulle nooit in ‘n ‘X-vlerk vegvlietuig’ vlieg nie. Die openingstoneel van die ‘X-men’ flieks is geloofwaardig bloot omdat die filmskrywer nie probeer om die kykers te vertel dat die Holocaust nooit plaasgevind het nie. Ten spyte van die fantastiese, gemuteerde kragte van die karakters, betrek hierdie film jou tog by die stryd tussen goed en kwaad. Dis ‘n goeie voorbeeld van ‘n nabye toekoms WF/F storielyn. Die geskiedenis word net genoeg verander om die intrige, die komplot geloofwaardig te maak. ‘The Matrix’, ‘Equilibrium’ en ‘Gattaca’ is elk skrikwekkend geloofwaardig in die uitbeelding van ‘n toekoms wat skeef geloop het, en wat gebasseer is op gebeure in die verlede en die konstandheid van die menslike aard, ongeag die opeenvolging van gebeure.

Oorweeg dus

Om elke leser te bereik is onmoontlik. Maak nie saak hoe hard die skrywer probeer nie sal hy/sy heel waarskynlik op ‘n seker staduim van sy/haar loopbaan iemand afsit. Die doel is om jou komplot en omgewing baie slim te benader voordat jy jou hand op papier sit (of vingers op die sleutelbord). Jy hoef nie ‘n gebeurtenis self te beleef het nie, of iemand met ‘n gebrek te ken om daaroor te kan skryf nie.

Jy moet egter baie lees en navorsing doen. As dit na baie werk klink, probeer dan iets makliker en skryf oor dinge waarvan jy weet.

Groete,

Dr. Charles F. Stofberg (Brug na Eden)

Januarie 2012