Skep ‘n Wêreld vir Wetenskapfiksie (WF) of Fantasie (F)

Om ‘n agtergrond vir ‘n WF of F wêreld te skep kan ‘n opwindende of redelike ontmoedigende taak wees. Anders as ander genres, is daar weinig beperkings op waarheen jy met jou verbeelding kan gaan. Dit is werklik ‘n geleentheid vir ‘n skrywer om sy of haar kreatiewe spiere te wys.

Dog daar is een gevaar waarvan jy kennis moet dra voordat jy begin skryf. Baie WF & F lesers is goed opgelei en welbelese. Moenie die fout maak om hulle te onderskat nie anders kan jy jou kanse om te publiseer baie verminder.

Soos enige ander genre sal jy vind dat jou lesers uit ‘n wyduiteenlopende aantal beroepe kom, maar in WF sal jy baie lesers kry wat die wetenskap goed ken. Dikwels spruit hulle liefde vir tegnologie of ruimte uit die lees van ‘n WF of F boek reeds op ‘n jong ouderdom en hierdie passie dra hulle oor in ‘n loopbaan in die tegnolgie of wetenkap omgewing. Om dié rede sê ek sal die mees belangrikste aspek in die skepping van jou agtergrond jou navorsing wees.

Ken jou matriaal voordat jy begin skryf.

Waar begin jy met jou navorsing? Is dit nodig om kwantum-fisika te ken om WF te kan skryf? Nartuurlik nie. Maar jy moet ‘n basise begrip hê van wat die lewe onder verskillende toestande is. Begin eers deur vas te stel waar jou storie gaan plaasvind.

Op die aarde of aard-gebasseer? Op ‘n ruimteskip? Op ‘n geheel en ander planeet waar dit nodig is om in ‘n afgesperde omgwing te kan oorleef? Hoe lyk die wêreld fisies? Watter rou-materiaal is besikbaar vir brandstof of vir bou doeleindes? Uit watter soort van ekologie bestaan jou wêreld?

‘n Deel daarvan om die plek te kan vasstel word deur tyd bepaal. “Wanneer” jou wêreld bestaan sal die vlak van beskikbare tegnolgie tot jou karakters bepaal. Gebruik jy ‘n pre-historiese, middeleeuse, hedendaagse of toekomstige tydsraamwerk? Die moontlikhede is eindeloos. Moet nie toelaat dat dit wat jy in die verlede gelees het, jou besluit in watter tyd jou storie gaan plaas vind, bepaal nie.

Alle aspekte van die bou van ‘n wêred kan by ‘n bietjie narvosing baat. Moet nie dink omdat jy ‘n planeet Jo-Jo uitgedink het nie, dat reëls nie meer van toepassig is nie. As jy van die aarde af te ver wegbeweeg dan moet jy aan ‘n vatbare manier dink om lewe te kan onderhou. Baie van die WF stories wat ek gelees het toe ek ‘n jong volwassene was, kom die mane van Jupiter as leefbare hibitats vir mense daarin voor.

Dit was ‘n genotvolle fantasië toe ek baie jonger was, maar nou sal dit effens plat val. Jupiter is ‘n gasreus en vir die gasse waaruit dit fisiese opgebou is om te kan bestaan, moet die planeet honderde grade onder vriespunt wees (Celsius of Fahrenheit). Jupiter se temperatuur is so laag omdat dit so ver van die son af is. So, deur ekstraploering beteken dit dat sy maane by verre te koud is om enige lewe soos daar tans op aarde is te hê, of wat tot op datum ontdek is.

Inwoners is a ander belangrike deel van die wêreld wat jy skep. Sal hulle mense of nie- mense wees?

Diere: Werklike, aard-gebasseer, mitologies of iets heel nuuts? Wees versigtig as jy ‘n nuwe ekologie gaan skep en moet nie te veel predatore daarin plaas nie. Baie skrywers maak die fout om ‘n wêreld vol van tande, kloue, slagtande, en ander dodelike natuurlike wapens te skep, maar hulle vergeet om hulle roofdiere genoeg prooi te gee om te jag. As predatore nie genoeg prooi kan vind nie, sal hulle waarskynlik mekaar opeet en self uitwis. Kreature, groot en klein moet in staat wees om in die wêreld wat jy geskep het, saam te leef. Dit beteken nie dat daar nie slym-druppende vreemde wesens (aliens) kan wees nie, maar dit beteken dat ek nie gaan glo dat die verkennings ruimteskepe met al hul kontroles geskik is vir menslike hande nie.

As jy eenmaal jou bewoners bepaal het en jou karakter se spesies, moet jy aan hulle gemeenskap aandag gee. Waar jou karakter in die gemeeskap inpas, sal grootliks hulle vermoeëns om te kan funksioneer en te reageer, bepaal.

Watter tipe van regering en wette beheer jou wêreld? Kuns en ontspaning, opvoeding, godsdiens, beroepe, ekonomie – geld gebasseer of ruilhandel is alles belangrike elemente van ‘n gemeenskap en sal ryklik bydra tot jou agtergrond as jy hierdie dinge inkorporeer. Daar is geen rede om te veel tyd te spandeer om elke elemente van jou wêreld te verduidelik nie, maar om te wys hoe jou karaters lewe kan baie bydra om jou stroies lewe te gee. ‘n Groep soldate kan ‘n waagspeletjie met geheimsinnige stene of gesnyde dobbelstene speel, die ‘butler’ wat die deur oopmaak kan die taxibestuurder met goue munte betaal, die prieteres kan ‘n paartjie by die plattelandse kermis trou deur ‘n tak van eiekhoutblare oor hulle koppe te waai. Eenvoudige dinge wat so terloops genoem kan word.

Waar kry jy die inspirasie vir hierdie gemeenskappe? Navrosing. Kyk na die soorte van gemeenskappe soos dit in ons eie wêreld ontwikkel het. Vind ‘n slagveld wat jou interesseer en gebruik die taktiek wat tot ‘n oorwinnig of verloor van die geveg in jou eie oorlog gelei het.

Die Internet gee vir jou ‘n groot bron van navorsingsmateriaal, maar moet nie vergeet om ook ‘n tydjie in jou plaaslike biblioteek deur te bring nie. Jy sal ‘n magdom van inligting vind wat net wag dat dit deur jou gebruik word en dit jou eie te maak.

Vertaal deur Dr. Charles F. Stofberg (Brug na Eden)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui