Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwand

Na die sukses van die eerste in die post-Harry Potter flieks van J K Rowling, Fantastic Beasts and where to find them, het almal asem opgehou vir die lank verwagte opvolg. En natuurlik sou die volgende een beter wees as die eerste, en met groot name soos Johnny Depp as Grindelwald en Jude Law as Albus Dumbledore kon dit net beter gaan…

Wel, toe nou nie! Hoewel die tweede een in hierdie storielyn se spesiale effekte absoluut asemrowend is, is die storie self nogal teleurstellend. Anders as die eerste een, kan hierdie tweede episode nie alleen staan nie – dit het ‘n oop einde wat ooglopend gemaak is as ‘n aanloop vir ‘n volgende aflewering. Die vertolking deur die karakters is baie goed, maar as ‘n fliek in eie reg het die storie wat in hierdie episode vertel word maar redelik min om die lyf.

Ten spyte hiervan moet ons dit tog aanbeveel – dis die enigste manier waarop mens die verhaal sal kan verstaan wanneer dit verder vertel word. Maar, behalwe vir die goeie effekte wat skouspelagtig is op die groot skerm, sou mens die storie ewe maklik maar net op ‘n laserskyf of deur die internet kon kyk.

Hoewel dit die beste fantasiefliek van die jaar is (tot dusver), is dit nie meer as ‘n 70% werd nie – die verwagting van ‘n Hogwarts-tipe fliek is ten minste 80%.

Dis regtig ‘n jammerte…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui