Away, WF op sy slegste

Ons gaan nie jok nie.  Ons was waarlikg opgewonde oor die nuwe reeks op Netflix genaamed Away, maar tot ons bittere spyt.

Die reeks begin met ‘n goeie inleiding waar die ruimteskip wat na Mars toe moet rys eers ‘n draai by die “vulstasie” maak nl. die Maan.  ‘n Goeie idee wat die gehoor laat glo dat dié reeks een van die bestes in WF kan word.

Ongelukkig is dit ver van die waarheid af.  Die reeks fokus later so baie op die verhoudings tussen die bemanning en die geliefdes wat agter bly dat dit grens aan ‘n sepie.  Ons gaan nie eers praat oor al die drama wat veroorsaak word oor die feit dat dit ‘n internasionale sending is, nie.

Daar gebeur elke nou en dan iets wat ons sal bestempel as niks anders as goeie WF nie, maar al die drámá in die reeks maak dit onaangenaam en uitputtend om na te kyk.

Ons is nie onnodig gekant teen Away nie, ons weeg dit bloot op teen WF standaarde.

Bv. die reeks Expanse bevat ook baie drama, maar die fokus van die reeks is hoegenaamd nie op die drama nie, eerder op die WF elemente.  Dit maak vir ‘n interresante en hoogs aanbevole reeks.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui