Terug, terug en nogmaals terug…

Een, twee, drie en weg is ons…

Dis hoe dit gevoel het toe ons die drie fliek reeks van Back to the Future gekyk het.

In een enkele oogwink is die heel eenvoudigste ding, soos die klere wat jy dra, so uit soos koek in ‘n weeshuis.  Die kleinste besonderhede is onder die gehoor se aandig gebring op so ‘n manier dat die flieks nie vervelig of oninteressant word nie.

Sonder om die flieks te bederf wil ons hier by Afrifiksie net sê dat die WF in die flieks sin maak en lekker vermaak bied.  Baie komedie en ‘n nostalgiese 80’s gevoel kan verwag word.

Hou in gedagte dat die eerste en die laaste flieks die bestes is, maar moet tog nie net die twee kyk nie.  Aangesien die storie eers lekker deurmekaar raak in die twede fliek.

So volgende keer as daar niks is om te kyk nie, tel tot drie en laat die avonture begin!  Gaan saam na die toekoms en kyk hoe die kleinste ding ‘n enorme gevolg kan hê…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui