Annihilation

So, kom ons breek die enorme lang stilte op die resensie bladsy, met ‘n fliek wat waarlik WF is…

Annihilation – Fliek van 2018

Nou dat niemand in Suid-Afrika na die teaters kan gaan en flieks op hul heel beste kan sien nie, is ons hier by Afrifiksie besig om al die ouer flieks weer te kyk.  Hierdie fliek het in die jaar 2018 uitgekom.  Ons kan net dink hoe goed die rolprent in die teater moes gewees het.

Al wat ons kan sê is: “HOE HET ONS DIE FLIEK GEMIS?

As jy die tipe WF aanhanger is wat nie van harde WF hou nie of ’n goeie spannings lyn, is die fliek nie vir jou nie.

Buiten vir al die indrukwekkende grafika, slaag die klankbaan van die rolprent om die spanning en afwagting tot die einde te hou.  Die storie is een van ontdekking en introspeksie vir die hoof aktriese Natalie Portman en die mensdom.  Daar is so baie goed te sê vir die fliek, maar as ons enige iets meer gaan noem, gaan ons die storie verklap.

 

Ons beveel die fliek strek aan en moedig julle aan om ‘n oop gemoed en vol bak springmielies te hê…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui