Terminator: Dark Fate

Het julle dit ook beleef?  Ons was so geskok oor die nuutste Terminator fliek genaamd Terminator: Dark Fate.

Díe fliek is nog ‘n voorbeeld van ‘n goeie reeks maar ‘n swak fliek.  In die heelal van Terminator reeks kan die seker sonder twyfel as die slegste beskou word.  Nou in retrospek, kan ons nie aan ‘n rede dink hoekom die fliek eenigsins as goed beskou kan word nie.

Die fliek is gelaai met aksie tonele wat baie goed gedoen is, dit moet ons erken, maar die storie is só swak.  Ons het weer met die karakter Sarah Connor te doen, maar nou is sy ‘n ou vrou wat nie enigsins emosioneel optree of met die gehoor bind nie.  Sy kom voor soos ‘n jaloers en koue ou tannie wat net op die verlede en wraak fokus.

Verder brei die fliek uit op die idee van ‘n held.  Iemand wat in die toekoms ‘n groot held sal wees vir die mensdom en daarom stuur hulle ‘n terminator om die persoon in die hede/verlede(afhangende van perspektief) te verniettig.  Dis die hoof idee van Terminator die reeks, maar nou kan dit sommer enige iemand wees.  Dit het die gevolg dat die oorlog tussen mens en die kunsmatige intilegnsie nooit tot ‘n einde sal kan kom nie.  Met ander woorde die reeks kan tot in ewigheid aanhou, en draai nes die skrywer wil hê – aangesien die tyd net kan verander en dan is daar geen gevolge nie…   Volgens ons vat dit al die kreatiwiteit uit die reeks uit.

As mens ook dink oor die beskermer wat van die toekoms af gestuur word, Grace, is sy feitlik nutteloos.  Ja sy het hulle al baie in die fliek gered, maar sy is hoopeloos vir die taak wat sy moet uitvoer.  Sy is veronderstel om iemand te red deur om te vlug van die Terminator af. Tog is sy “verbeter” vir kort intensiewe oomblike van veg.  As mens moet vlug sal dit baie beter wees om iemand te kry wat kan hardloop en veg vir n lang tyd.  Vir mense wat so slim is dat hulle mense kan “verbeter” het hulle die pot ver mis gesit.

En verder kan mens dink aan die hele fliek… Vlug of veg, nie beide in een die hele tyd nie.  Die aksie tonele maak mens so deurmekaar en op die einde het hulle net oorleef omdat Grace moes sterf…

Wat ‘n simple idee, as jy die heeltyd net die vreemde  battery kon gebruik het, sit twee van hulle in jou beskermer en stuur díe terug in tyd.  Dan sou Grace se modifikasies sin gemaak het en kon die gehoor ook veel minder van hul tyd op die fliek gemors het.

1 thought on “Terminator: Dark Fate

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui