Star Wars: The Rise of Skywalker

Die lang wag sedert Mei 1977 is verby, dis rooi teen blou, Sith teen Jedi, die Finale Orde teen die oorblywende rebelle…

Die afwagting was lank en groot, alhoewel daar steeds twyfeling is of dit alles die moeite werd was.  Star Wars: The Rise of Skywalker het goed by die troop van Star Wars gebly, met nuwe tegnologie, baie aksie en humor was die gehoor dwarsdeur op die nippertjie van hul stoelle.

Met die terugkoms van ‘n ou bose gees in die Star Wars reeks verskyn daar ook die Finale Orde. ‘n Vloot groter en magtiger as enige ander wat die rebelle al tee gesit het.  Selgs Ray en die oorblywende rebelle kan die Finale Orde verhinder om oor die hele heelal te rigeer.

Met die in gedagte kan niemand stry dat daar goed by die “goue drade” van Star Wars gehou was nie.  In teen stelling kan ons ook nie met alles van die fliek saam stem nie.  Sekere dinge is net onmoontlik selfs vir Star Wars, soos hoe Palpatine steeds sterker is as beide Kalo en Ray nog voordat hy al sy glorie terug het?

Verder is dit die mening van baie dat The Rise of Skywalker slegs die foute van The Last Jedi reg gestel het.  Dit beperk die eersgenome fliek baie en verhinder dit om ‘n groot bydrae aan die Star Wars reeks te kan lewer, soos al die ander flieks wel gedoen het.

Dus is daar baie gemengde gevoelens oor die fliek, sleg en goed, rooi en blou, boos en heilig… Dít is ook die hele tema van Star Wars en daarom is dit ons mening dat die “goue drade” van Star Wars dwars deur die reeks loop en ‘n goeie afsluiting daarvan is…

Verbetering is altyd moontlik, maar die hoofstroom reeks van Star Wars is op so ‘n plek geëindig dat ons net kan hoop en uitsien na die subreeks….