‘n Goeie idee, ‘n slegte WF fliek

Wat maak ‘n mens?  Wat is die skaklaar se naam wat ‘n “normale” mens vorm tot ‘n super soldaat?

Die vraag het so baie mense al laat na dink en nie net die storie skrywers nie, maar ook die militere arm.  Ons sien die eerste tekens daarvan in die Tweede Wêreldoorlog. Toe Hitler sy soldate bedwelem het om by die bekende ‘blitzkrieg’ te kan volhou.

Dis seker ook waar storie skrywers die potentiaal van ‘n super-soldaat aangegryp het.  Maar dink nou as jy reeds die super-soldaat gemaak het, hoe kry jy die soldaat om te doen wat jy wil hê hy moet?  Daar is baie wat sê jy kweek die mentaliteit van die soldaat van kindsbeen af, soos in die rolprent ‘Soldier’.

Die fliek steel die genetiese “beter”babas en dan word hulle groot gemaak met die mentaliteit wat die owerhede in ‘n soldaat wil hê.  Die idee is ook nie eie aan dié fliek nie.  Flieks soos “Salt”, “Hitman: Agent 47” en nog veel ander gebruik die idee.

Om deur al daai moeite te gaan is dalk nie so effektef nie.  Bloodshot stel voor dat die menslike eienskappe beheer word. Om dit nie te verwyder van kindsbeen af nie, maar dit te rig in die rigting wat die oowerhede graag sal wil hê.  Hulle doen dit deur jou geheue te manipuleer.

As jy die perfekte lewe en lewensmaat gehad het en iemand vat dit op die lelikste manier van jou af weg, sal jy nie ook wraak wil neem op daai persoon sodra jy die geleentheid het nie?  Dit is Bloodshot.  ‘n Man gedompel in wraak vir die moord van sy kamstige vrou, maar in werklikheid word hy net gemanipuleer.

Die fliek is werklik ‘n Amerikaanse storie.  Al die akteurs is mooi van aangesig wat dit ongeloof waardig maak. Die aksie tonele is so tipes in die Amerikaanse styl geskiet.  Die held – in die geval Vin Diesel of Bloodshot – sal so sterk begin, maar dan sal die ‘boewe’ hom aanval en slaan totdat almal dink hy is klaar. Hulle maak dit onmoontlik dat hy nog sal kan opstaan en net wanneer die gehoor dit ook begin glo, dan sal die held nuwe krag kry en alles in sy pad verwoes.  Dis die mees algemeenste en ongeloofwaardigste aksie troop ooit!  Moet niks anders van die fliek verwag nie.

Dit en die ooglopende foute in die fliek maak dat die fliek nie tot die volle potensiaal van die storie kom nie.  Foute soos ‘n tonnel vol van vyngemaalde meel in die lug en die skote wat klap sal ‘n groot ontploffing tot gevolg hê, om maar net een groot fout te noem.  Want, die fout sal maak dat die storie net daar eindig.  Dit sal onmoontlik vir Bloodshot wees om dit te kon oorleef het, daarom is die natuurwette op daai oomblik in die fliek blatant geïgnoreer.

Dus is die fliek ‘n swak byvoeging tot WF. As jy WF skryf moet jou storie sin maak in konteks met wat daar deesdea van die natuur en wetenskappe aanvaar word. Jy kan teorieë buig of draai, maar om net die wetenskap te ignoreer om ‘n goeie storie te maak is nie ware WF nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui