‘n Ruimte verrassing…

Deesdae voel dit vir baie mense asof daar net die alledaagse media in ons kele af geforseer word.  Alles voel dieselfde, fliek na fliek. Asof niemand mee met nuwe idees vorendag kan kom nie. Dis net soene en aksie orals waar mens kyk.  Geen oorspronklike storie of goeie humor nie!

Daarom is Afrifiksie bly om te sê daar is wel ‘n paar flieks wat nie daai baie populêre patroon volg nie.  Een van hulle is Space Sweepers.  Dit lyk dalk soos niks as mens na die voorblad kyk nie, maar in werklikheid is dit ‘n fantastiese fliek.

Die akteurs is redelik onbekend vir die meeste Suid-Afrikaaners  wat ook help om die fliek daai gevoel van werklikheid te gee.  Mens sukkel nie om met die karakters te bind nie en sommer vinnig is jy ook so besorged oor die meisie soos die rowe sterk man genaamd ‘Uncle Tiger’.

Buiten vir ‘n vees van besonderhede wat jou asem sal laat wegslaan met selfs die mees eenvoudigste tonele, het die fliek ook ‘n goeie WF storie om jou aandig te hou en jou nuuskierigheid te prikkel.

Mense wat praat van Mars en ‘n nuwe begin vir die mensdom wek altyd ‘n hoop in jou hart, maar die fliek wys jou dat selfs hoop kan gebruik word vir sinistere komplotte. Wat ons probeer sê is dat die fliek se storie nie net WF is nie, maar ook ‘n menslike drame wat op so baie belangrike aspekte fokus.

Tog, moenie onder die indruk verkeer dat die fliek vervelig is nie. Die karakters in die fliek kan skaars asem haal of ‘n boek in die oop ruimte lees voor daar weer ‘n nuwe aksie toneel ontplof.

Alhoewel die fliek baie leen uit verskeie flieks soos: Elysium, WALL-E en Valarian and the City of a Thousand Planets is dit regtig ‘n lekker tydverdryf vir ‘n familie.

Of, as jy graag iets anders wil sien, iets wat ‘n ware WF aanhanger sal kan geniet kyk gerus dié fliek: Space Sweepers.

1 thought on “‘n Ruimte verrassing…

  1. You ought to take part in a contest for one of the best websites on the net. I am going to highly recommend this website!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui