So onskuldig en gevaarlik soos water self…

Flieks is nie meer wat dit was nie.  Daar is ‘n seker mate van beperking in die skeppings of verbeeldings wêreld van die fliek skrywers.  Hulle dink nie meer verder as die oppervlak nie. Nou en dan kry jy daai een fliek wat jou vir dae lank sal besig hou.  Jy kan dit nie weer kyk nie, want jy sal vir ewig die hele fliek van begin tot einde onthou.  Dit is net so goed gewees, so treffend en so aangrypend.

Een van dié besonderse flieks is ‘A Cure for Wellness.

As jy een van die mense is wat al gewonder het, waar kry seker mense hulle drama uitgesorteer?  Wat is die geheim tot hulle sukses?  Hoe kan ek ook soos hulle net weer normaal word?  Dan sal dié fliek ‘n behoorlike indruk op jou los.

Die fliek raak aan ‘n algemene persoon se lewe.  Dit oorrompel later die hoofkarakter so dat daar niks anders mee vir hom bestaan nie.  Hy word so mee gesleur, dat die gehoor nie kan help as om ook te begin wonder of dit nie vir hom beter sou wees nie.  Beter as hy net nooit weer van dit wegbreuk nie.   Wanneer die gehoor dan besef dat hulle die laasgenoemde wel gedink het, is die skok op die sisteem een van totale oorheersing.  Hoe kan ek ooit dit gedink het?

Hoe die fliek dit regkry om jou aandig so by ‘n storie te hou sal net die skepper van dié meesterstuk alleenlik weet.

Hier by die Afrifiksie se rekords is daar geen twyfel nie.  Die fliek is een van ons bestes, nie omdat dit so ’n vreeslike impak op fantastika gehad het nie, maar omdat die fliek – as ‘n geheel – net so uitstekend is.  Dis ‘n storie wat grens aan fantasie en wetenskapfiksie in een, maar anders as die reeds bekende mengsels van die twee felde is die fliek nie ‘n aksie-rolprent nie.  Dit is eerder ‘n twee en ‘n halwe ure fliek van drama, ontdekking, angs, vreugde en ‘n gevoel van sekerheid.

Sekerheid dat jy as gehoor nie jou tyd gemors het nie en dat jou eie lewe nie so sleg uitgedraai het nie.

1 thought on “So onskuldig en gevaarlik soos water self…

  1. Everything is very open with a precise clarification of the challenges. It was really informative. Your website is useful. Thanks for sharing!

Laat 'n boodskap na קמגרה Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui