Internasionaal

Afrifiksie is nAfrifiksie is natuurlik primêr gefokus op Afrikaans in die talle velde van fantastika wat natuurlik wetenskapfiksie en fantasie insluit. Maar Afrikaans is eintlik maar ‘n klein bydraer tot die groter wêreld van spekulatiewe fiksie. Daarom is dit van pas om nie alleenlik op die Afrikaanse werke en skeppers te fokus nie, maar om ook aan daardie buitengewone werke uit ander tale en kulture tyd af te staan.

In hierdie deel van ons webwerf sal ons ‘n bietjie verken wat uit ander oorde in hierdie veld oor tyd gebeur het en nuwe dinge wat kop uitsteek…