Boekverspreiders

1.  Suiderkruis Uitgewers (fgriebenow@gmail.com)
François Griebenow, die eienaar van Suiderkruis Uitgewers kan u dalk help om u roman op die rakke van Suid-Afrikaanse boekwinkels te sien.

2.  Thompson Boekdrukkery (quintinellis@thompsonboeke.com)
Quintin Ellis is Thompson Boekdrukkery se verteenwoordiger in Suid-Afrika en is ook ‘n vryskut-boekverspreider.

3.  www.amazon.com
Alhowel Amazon nie boeke of eBoeke per se aktief versprei of bemark nie, kan jy as skrywer nogsteeds jou roman(s) daar adverteer en as ‘n derdeparty verkoop. Amazon is beslis ‘n goeie plek om te begin as jy tans nuut is tot die verspreiding en verkope van jou boeke. ‘n Rekening is gratis en jy betaal Amazon net as jy iets verkoop.

4.  www.kalahari.com
Kalahari is waarskynlik Suid-Afrika se beste internet-winkel en ‘n goeie plek om jou boeke of eBoeke te verkoop. Soos enige internet-winkel moet jy nogsteeds jou eie bemarking en verspreiding doen maar dit gee jou darem ‘n geleentheid om geld te maak met jou boeke. Anders as Amazon moet jy bedrag vooraf betaal om op Kalahari te verkoop.

1 thought on “Boekverspreiders

  1. ek is nuut in E-boeke publikasie en bemarking; het sowat 10 boeke in Afrikaans en Engels, net 1 deur ‘n bekende uitgewer in boekvorm gepubliseer; die jongstes in spiritueel van inhoud.
    Ek kort leiding!
    Dankie.
    Don-Aruan

Laat 'n boodskap na Don-Aruan Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui