M01E2 – 2014 © Chantal Pretorius

Oefeining 1.1
Kies twee van die bogenoemde subgenres in die wetenskapfiksie, en;

  • Stel ʼn bevredigende beskrywing saam vir elk van die subgenre wat u gekies het;
  • Stel ʼn lys saam van die sentrale idees van die subgenres wat u gekies het; en,
  • Vind ʼn skrywer en die se beste wetenskapfiksie roman, vir elk van die subgenres wat u gekies het om die spesifike subgenres te verteenwoordig.

WETENSKAP FANTASIE

Wetenskap fantasie, kan beskryf word as fiksie, gemeng met die onwerklikheid (ons almal weet daar kan nie lewe wees op Jupiter nie, maar verhale sal dit uitbeeld dat daar kan wel lewe kan wees op die gasplaneet, sonder ons medewete). En towerkuns en magiese wesens uitbleed met swaarde en onsterflikheid. Dit is my mening oor die twee. Alhoewel fantasie meer fiksie is as wetenskapfiksie is altwee saam.
Veral as dit te doen het met vreemde wesens en lewende wesens.

Maar wat is regtig die verskil tussen fantasie en wetenskapfiksie?

Altwee kan gaan oor toekomstige reise van een planeet na die ander. Ook oor die flora en fauna, tegnologie (Singulariteit). En die skynwerklikheid, waar rekenaars die wêreld oorheers of selfs robots dienste lewer op aarde.

Maar ons weet fantasie gaan meer oor vreemder dinge soos byvoorbeeld:

  1. Mutante wat bowemenslike kragte het; of,
  2. Mense wat towerkunste kan gebruik tot hulle voordeel; en,
  3. Ook mense wat bosegeeste oproep en hul vyande vernietig soos die bonatuurlike sepie wat gewys het op tellivisie, supernatural, beauty and the beast en teen wolf.

Wat is fantasie?

Fantasie is fiksie. Wat oor elemente of dele bevat wat onrealisites is van opgemaakte stories. Stories wat lesers na die toekoms of verlede neem. En die stryd tussen goed en kwaad, hebsug teenoor onsulfsugtigheid en die betekens van die lewe en die dood (onsterflikheid).
En is ernstig, met betrekking tot maatskaplike en politieke kwessies wat handel oor menslike waarde, emosies, gevoelens en motivering.

Kort beskrywing van die sub-genre van die fantasie sluit in:

  • Alternatiewe geskiedenis (sub-genre van die wetenskapfiksie).
  • Donker fantasie (brutalitiet van die middeleeuse tydperk).
  • Feëverhale (verskillende elemente van sprokies en volksverhale).
  • Geestes verhale (speel af in die geestes wêreld van die goeie, en die neutrale of die kwaadaarige wêreld).
  • Heldhaftige fantasie (kan beskryf word as ʼn kombinsie na hoë fantasie en swaard-en-towerkuns).
  • Historiese fantasie:
  • Keltiese fantasie (sterk historiese agtergrond en gebeure oor die kelte).
  • Stoompunk (speel af in die Victoriaanse en Edwardiaanse era, kan ook gesien word as alternatiewe geskiedenis).
  • Historiese hoë fantasie (akurate historiese agtergrond en kan beskou word as variase van die hoë fantasie.
  • Hoë fantasie (ook epiese fantasie) – epiese stryd tussen goed en kwaad. En swaarde en towerkuns die elemente daarvan.
  • Jeug fantasie (geskik vir jonger geslag) – is ʼn kombinaise van jeug-en-fantasie-fiksie. Die held en heldinne is gewoonlik tieners met unieke magiese kragte of voorwerpe.
  • Kontemporêre fantasie (speel af in die moderne wêreld en is stewig gegrond op realiteit). Magiese wesens (soos vampiere, weerwolwe en meer).

Kort beskrywing van die sub-genre binne die kontemporêre sluit in:

  • Stedelike fantasie – speel af in bekende stedelike gebiede, met die toevoeging van magie en towerkuns.
  • Verlore wêrelde – karakters ontdek ʼn verlore eiland of stad wat vir eeue versteek was of vergete was wat beskerm word deur magiese wesens of towerkuns.
  • Uitverkorene – karakters ontdek dat hy/sy afkomstig is van ʼn geselteerde groep towenaars, ridders of bewakers. Uitverkorene fantasie fokus op selfaktualisering.
  • Lae fantasie – probeer nie om towerkunste of magie te beklemtoon nie en speel af meer in die realiteit op aarde.
  • Mitiese fantasie – speel af in die werklikheid. Maar waar simbole, karakter en mitiese temas sentrale rolle speel. Soos byvoorbeeld: volksverhale en veëverhale.
  • Romantiese fantasie – fokus sterk op die romantiese verhoudings tussen karakters. Word ook geonderskei van gewone romantiese litaruur.
  • Superheld fantasie – speel af in ʼn kontemporêre wêreld. Met al die toevoeging van al die ander elemente en konsepte van fantasie en wetenskapfiksie.
  • Swaard en towerkuns fantasie – gemoeid is met onmiddelike fisiese bedreigings en optrede van die karakters, wat verder gekenmerk word deur epiese swaardgevegte wat geinspireer is deur Middeleeuse ridders en die gebruik van towerkuns.
  • Wetenskap fantasie (kombinaise van wetenskapfiksie met sy laser gewere en ruimtereise, en fantasie met sy elemente van magie, towerkuns en swaargevegte.

Afsonderlike sub-genres binne die wetenskap fatasie sub-genre kan die volgende insluit:

  • Swaard en planeet – fantasie avontuur en missies wat afgespeel word op planete met min wetenkaplike akuraatheid.
  • Sterwende aarde – fantasie wat afgespeel word op aarde, maar slegs enkele tegnologiese ontdekkings behoue gebly het en ander weer verlore is (veral elektrisiteit). Waar ridders en vorste die hoofrolle is.
  • Verre toekoms – Fantasie verhale wat jou na die toekoms neem.

RUIMTE VERKENNING in die eenheid:

Ruimte verkenning is die fisiese odersoek, verkenning en ekspiorasie van die buitenste ruimte. Die politiek, wetenskap, engenieurswese agter die realisasie van ruimtereise val almal onder die vaandel van die subgenre ‘Ruimte Verkenning’.

My mening oor ruimte verkenning is:

Dit is waar die ruimte verken word deur ruimtetuie. En planete, komete en astriödes verken word, waar lewende wesens of selfs vreemde wesens, magiese wesens, die ruimte verken van hulle verskillende planete af. Of dit nou die aarde or mars is, maak nie saak, die ruimte word verken.

Wat is wetenskapfiksie?
My mening oor wetenskapfiksie is:

“Wetenskapfiksie gaan oor aardryskunde; fuana en flora. En oor die buitenste ruimte wat die mensdom gretig maak om meer van te leer. Sterrekundiges maak dit vir ons moontlik om meer te weet oor die sterre (komete).”

Wat kan ons verwag van wetenskapfiksie in boeke, rekenaarspeletjies en flieks?

Tydreise, robots en Androïeds, ruimte verkenning, eerste kontak met die vreemde wesens, kuns en kultuur, geloofwaardigheid en fuana en flora. So ook, tegnologie, erotieka, mutante met kragte en towerkunste (dit sal natuurlik wetenskap fantasie wees) en onsteflikiheid en meer.

Wat is die verskil tussen harde en sagte romanse?

Harde romanse:
Onthou dat erotieka is nie pornografie nie, net voordat ʼn liefdesstuk begin, dan sal hy oorskakel na die volgende hoofstuk. So, my mening oor harde romanse is meer erotieka, meer aksie en avontuur as dialoog.

Sagte romanse:
Hierdie een van romanse, is meer dialoog as plot. Maar die karakters is meer gefokus op die held en heldin se liefde deur die verhaal, as enige iets anders.

Hier sal ek ʼn paar voorbeelde noem:
Harde romanse:

  • Tydlose liefde deur Elsa Winckler (2011), gepubliseer deur NB-Uitgewers.
  • Hermien en die Hartedief deur Anita du Preez (2011), gepubliseer deur NB-Uitgewers. 

Alhoewel die verhale gewone fiksie is, dink net hoe goed sal hulle wees in fantasie of wetenskap fantasie. 

Sagte romanse:
Alle boeke van Lapa Uitgewers wat in die Romanza reekse is, is sagte fiksie. Daar is nie sekstonele in nie, soos byvoorbeeld:

  • Nuwe Seiesoene deur  Annetjie van Tonder (2011);
  • Crystal City (Kristal Stad), deur Janice Tarantino, 1996 en gepubliseer deur Dorchester Publishing Co,. Inc.

My boek Crystal City is ʼn epiese toekomstige romatiese verhaal. Vol van avontuur en aksie. So ek sal sê, dit speel in die moderne wêreld af, met sterk karakters wat profete is in Zenobia, die kristal stad. Erotika is sterk, maar ordentlik uitgebeeld in die verhaal.

Dit is waarom dit ʼn wetenskap fantasie boek is, want dit het my bietjie laat dink aan Superman (1978, 1983,  1987, 2006 en 2013) se flieks. Klark Kent is mos allergies teen groen kristalle, blou vat sy kragte weg en rooi belustig hom vir die liefde.

Die boek was fantasties, maar in Engels gepubliseer. Dit gaan ooor ʼn toekomstige stad, genaamd, Zenobia. ʼn Stad wat deur toekomstige profete gaan en towerkunste.

Romanse speel ʼn groot rol hier, alhoewel dit nie geoordoen word nie. En in die kristal stad afspeel met sterk karakters wat aantreklik, intelligent en magtig is.

Ek sal ook stry dat die storie net wetenskap fantasie fiksie is nie, maar ook bietjie Kunsmatige Intelligensie (K.I.) in is en sagte wetenskapfiksie, want dit is ʼn opgemaakte verhaal met onakurate kennis daarvan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui