Maskers gereed?

Ons almal ken daai ou sprokiesverhaal.  Die een van die twee klein kindertjies wat uit ‘n onmoontlike en onherbergsame wêreld, af kom op ‘n huisie gemaak van allerhande lekkernye.

Hulle gaan in met groot verwagtinge en baie opgewondenheid.  Die kinders word vriendelik ontvang en word ‘n groot feesmaal aangebeid, maar dit is alles een groot kul spul.

Die kinders word toe deur ‘n bose wese gevang, in die huis wat nou gesien word vir wat dit is – lee beloftes.  Die wese wat in die vorm van ‘n heks in die sprokie verskyn, is eintlik ook besig om te vergaan van die honger.  Dis die bose plan agter die lekkergoed huis, om mense wat nog hoop te lok.  Sodat die bose wese nie moet omkom van die honger.

Kadawer

Nou, u wonder seker hoekom ek die verhaal van Hansie en Grietjie in so ‘n morbiede toon vertel.  Wees egter gerus, maar tot op ‘n punt…

As u soek vir ‘n nuwe storie – wat ons op Netflix ondek het – soek, dan het ons een wat jou aandig sal hou tot die bittere einde…

Die storie grens ongelooflik baie aan die staaltjies van Hansie en Grietjie, maar is definitief die moeite werd om te gaan kyk.   Ons beveel die fliek egter nie aan vir dié gene wat maklik onstel kan word nie, aangesien die fliek by jou sal bly nog lank nadat die misterie ontrafel is.

Die fliek is gemaak in Noorweë, wat ook ander tipe fliek style vir die gehoor bring.  Dit help om die fliek ‘n groot sukses te maak en om die gehoor aan ‘n goue lyntjie te hou.  Ons het lanklaas so ‘n lekker fliek gekyk.  Ons gebruik die woord “lekker“, want daar is sò min kritiek op die fliek te lewer, dat die fliek eintlik net as “uitstekend” beskryf kan word.

Iets om aan te dink na u reeds die fliek gesien het:

Waarom kyk sy terug, nadat alles met haar gebeur het?