Ondulan

Ondulan is ‘n nuwe byvoeging tot die Afrikaanse wetenskapfiksie boekrak deur Gerrit van Dijk en is beskikbaar by amazon.com asook Groep7.

Sowat 150 jaar ná die Wederkoms van Christus ontvang kadet Taéll Adanaii Shanidar ‘n boodskap tydens ‘n diepruimte-verkenningsekspedisie, dat sy ma en broer ernstig beseer is onder omstandighede wat streng geheim gehou word.
By sy terugkeer na die Aarde, vind hy uit dat die enigste persoon wat lig kan werp op die gebeurtenis, is die Sentrin, Aregan Shanidar, An-Jorí van die Shanidar-familie.

‘n Oorlewende uit die Christen-vervolging van die Antichris, vroeg in die 21-ste eeu, is Aregan ‘n sleutelfiguur in die planetêre ruimteverkenningsliggaam, ASTRA, se interdimensionele navorsingsprogram. Die fokusveld van hulle navorsing, is die herwinning van plant- en dierspesies wat uitgesterf het tydens die Slag van Armageddon. Want sedert die wêreldwye vernietiging van die Derde Wêreldoorlog, werk wetenskaplikes van die Duisendjarige Vredesryk onverpoos om die Aarde weer na haar volle eertydse glorie te herstel.

Die enigste oplossing vir die herwinning van hierdie uitgestorwe spesies, is uiteindelik om terug te beweeg in tyd, om die DNS van hierdie verlore spesies te onderskep vir ‘n intensiewe teëlprogram. Maar die epiese tog word vertraag deur Helicron, ‘n mede-oorlewende uit die 21-ste eeu wat ernstig waarsku teen hierdie ambisieuse, geskiedkundige onderneming-

Lucifer, die Stelselheer wat die Aarde sedert die val van die mens regeer het, is vir die duur van hierdie Duisendjarige regering van Christus, veilig verwyderd van die mensdom, vasgevang in ‘n Gravitasiekolk in ‘n vreemde dimensie. Open jy ‘n deur na die verlede waar Lucifer steeds heers, stel wetenskaplikes die Duisendjarige Vrederyk in gevaar van ‘n demoniese oorname.

-’n Demoniese oorname, soos voorspel in Openbaring!