Kortlys 2019

Ons het hierdie jaar ‘n nuwe benadering gevolg.  Die inskrywings wat ontvang word, word eers deur ‘n vooraf sifting geneem om die inskrywings te identifiseer wat aan die vereistes voldoen.

Die kortlys wat dan die sifting deurstaan het, word dan hier gelys en beskikbaar gemaak sodat almal dit kan lees.  Ons het op hierdie benadering besluit weens klagtes wat laasjaar ontvang is dat ons ‘n spul inskrywings op die blad plaas wat eintlik glad nie op standaard is en aan die vereistes voldoen nie.

Met dít gesê, hier is dan die kortlys van inskrywings vir 2019.

  1. Murmel Chantal Pretorius (Fantasie: Gruwel)
  2. Iets by die deurRiaan Palmer
  3. Pandora Jaco van der Merwe (Wetenskapfiksie)
  4. Karmosyn Martelize Faber
  5. ‘n Hoed vol gelukRonel Janse van Vuuren
  6. Neem my Weg!Henrietta Botes (Wetenskapfiksie)
  7. Tragedie van die LigeterCarmen Edwards (Wetenskapfiksie)
  8. Anno DominiZyrilde Potgieter (Distopie)
  9. ‘n Duur prysRozanne van der Lugt
  10. OntmaskeringAmenity Viljoen

Finale Uitslag

Na al die kommentaar van die beoordelaars in aanmerking geneem is, was die eerste drie plekke van die kompetisie baie naby aan mekaar.  Tog is daar besluit dat Pandora, deur Jaco van der Merwe die wenner van die 2019 kortverhaal skryfkompetisie van Afrifiksie is.

Baie geluk Jaco, ons hoop jy sal aanhou skryf en jou talent verder ontwikkel.

Indien enige van die ander deelnemers aan die kompetisie kommentaar sou wou hê oor hul inskrywing, rig ‘n versoek aan afrifiksie@outlook.com, en ons sal graag persoonlik terugvoer gee…