Inskrywings 2017

Uiteindelik – die afwagting is verby. Wat ‘n uitdaging om soveel deelnemers se werke te lees en beoordeel – veral omdat die kompetisie so sterk was. Maar ons het dit nou finaal afgehandel en die uitslag is as volg:

Die wenner vir volwasse fantasie word toegeken aan Louise Viljoen vir Die land van drome, ideale en idees.

Die beste volwasse wetenskapfiksie word gewen deur Douwlina du Plessis vir Woestynroos.

Die beste jeug-F word gewen deur Elsabé Welman vir Gifgolwe.

Die wenner vir die beste jeug-WF Pieter Saayman vir Inval van die Rotte.

Die beste gedig word toegeken aan Evert Pretorius vir Spooktrein.

Die beste bydra deur ‘n skolier word gedeel tussen Maryna Joubert vir Twee Wêrelde…en tussenin (fantasie), en Amenity Viljoen vir Eeu van die Ruimtegedrogte (WF).

Ons het geen inskrywing ontvang vir volgerfiksie nie.

Ons ken ‘n spesiale prys toe vir die mees veelsydige deelnemer in 2017 wat toegeken word aan Chantal Pretorius wat ‘n inskrywing in elke katagorie gemaak het.

Die kompetisie was uiters straf en dit was nie maklik om die wenners aan te wys nie. Baie dankie aan almal wat ingeskryf het – julle tyd en skeppende vermoë het dit ‘n plesier gemaak om julle werke te lees.

Indien jy graag terugvoer wil hê op jou inskrywing, laat weet ons – die notas van die beoordelaars kan dan bekend gemaak word.

‘n Laaste woord van dank aan ons beoordelaars wat ure en ure moes werk om die uitslag beskikbaar te maak. Vir hul toewyding, kundigheid en diens tot hierdie vertakking in Afrikaans, is ons uiters dankbaar aan Pieter Verwey en Johan van Wyk – nogmaals baie dankie.

Fantasie

  1. SpooktreinEvert Pretorius (Gedig)
  2. Die Stoker – Evert Pretorius (Gedig)
  3. Die Skim – Chantal Pretorius (Gedig)
  4. Portret – Chantal Pretorius (Gedig)
  5. Moet nie die waarheid verdraai dit kom tog uitLindie Oberholzer (Volwasse)
  6. Onvergeetlike aand tussen monsters en drake – Lindie Oberholzer (Volwasse)
  7. GifgolweElsabé Welman (Jeug)
  8. Die Kasteel – Chantal Pretorius (Jeug)
  9. Of is dit?Ansie Nel (Jeug)
  10. Twee Wêrelde…en tusseninMaryna Joubert (Jeug Fantasie – skolier)
  11. Die AdvertensieChantal Pretorius (Volwasse)
  12. Die Land van Drome, Ideale en IdeesLouise Viljoen (Volwasse)
  13. Onwetende elfin – Roeline van Schalkwyk (Gedig)
  14. Xaba-Xaba land in die Kalahari – Douwlina du Plessis (Volwasse)
  15. Hasjisj – Alwyn Tredoux (Volwasse)
  16. ‘n Wye draai – Alwyn Tredoux (Volwasse)
  17. Liefdesgodin – Evanthe Schurink (Gedig)
  18. Geeste en Gawes – Hardie Breedt (Volwasse)
  19. Hartklop – Hendri Schutte (Volwasse)

Wetenskapfiksie

  1. Inval van die RottePieter Saayman (Jeugverhaal)
  2. Timo & Tania – Mnr CJ Nöthling
  3. Die BlokmanMarietjie Uys (Volwasse)
  4. Landing in die vreemde – Marietjie Uys (Gedig)
  5. Mira & Cicilé – Mnr CJ Nöthling
  6. Die rooi oog pes – Chantal Pretorius (Gedig)
  7. Sleutelbord Vingers – Chantal Pretorius (Gedig)
  8. Die VlinderElize Viviers (Volwasse)
  9. Kwantumtonnels – Jac Nöthling (Volwasse)
  10. ValekaChantal Pretorius (Volwasse)
  11. Die GevegChantal Pretorius (Jeug)
  12. DonkerkolkeJac Nöthling                                                  
  13. Mars: Opsoek na die heilandChantal Pretorius (Jeug)
  14. StemmigJemima Meyer (Gedig – volwasse)
  15. Hoop vir ‘n Sterwende PlaneetLouise Viljoen (Gedig)
  16. Familiegeheim – Henrietta Botes (Volwasse)
  17. Die Ligpers Skynsel – Henrietta Botes (Volwasse)
  18. Sondae middae – Carmen Riekert  (Gedig)
  19. OepsAlwyn Tredoux (Volwasse)
  20. Woestynroos – Douwlina du Plessis (Volwasse)
  21. Eeu van die RuimtegedrogteAmenity Viljoen (Jeug WF – skolier)